Monday, May 4

Afrika en die engelse

Ek's lief vir my land en ken nie heeltemal die ander lande in Afrika nie. Eddie was verlede maand weer vir 'n heen en weertjie in Nigeria en hierdie foto's was vir my nogal interessant. So hier en daar deur mense se blogs leer ek oa van die mooi van ander dele van ons kontinent, maar jinne die woord Afrika kan darem vir ons probleme gee. Drie van ons, (ek, Charmaine en Annie) reis vanaf volgende week so 'n bietjie in Engeland, Skotland en Ierland en dit het beteken ons moes 'n visum kry. Mense ek kon so bietjie verstaan van die boereoorlog en die konsentrasiekampe want om by die Britte verby te kom was/is iets ysliks. Ek weet nie wie van julle vanaf 1 Maart al hierdeur moes gaan nie, maar hulle soek alles, jou geskiedenis, jou ouers s'n, waarnatoe jy gaan, hoeveel dit kos, hoeveel geld jy saamneem, 6 maande se bankstate om te bewys jy het genoeg geld, foto's, oogscans, vingerafdrukke, ens. ens. So sit Eddie in Nigerie en ek het nie 6 van sy bankstate nie en ek kan nie vertel waar hy is nie want dan gee hulle my nog minder 'n visum. Weet julle om jou aansoek in te gee word jy deursoek en ondersoek en mag jy selfs nie eers 'n botteltjie water inneem nie. Jy moet nie net benoud wees oor gaan hulle jou aansoek aanvaar nie, jy moet ook doodgaan van die dors in die hitte. Ons hou die tannie wat ons moet help dop, sy is van 'n asie land wat kougom erger kou as mense van daai eilandjies teen wie ons graag krieket speel. EN sy lyk glad nie asof sy lus is om by die werk te wees nie ... benoud is ons ... as ek terugdink aan die geskiedenis, wat het ons die engelse aangedoen dat hulle nou so teen ons draai, moet dit nie andersom wees nie? Of is dit die lugredery se skuld met hulle onlangse domheid? Of is dit ook oor wat in die ander afrika lande gebeur dat ons soos "skelms/skurke" behandel word? Wat ookal die rede, Vader was goed vir ons want binne 3 dae het ons die paspoort terug met die baie belangrike visum en kan ons begin regmaak vir die reis!! EN glo my dat of julle nou wil of nie, alles sal op die blog verskyn .... miskien nie alles nie, maar meeste van dit.
O terloops as die nuwe name in ons land vir julle nou te moeilik raak kan julle altyd Nigerie toe trek want daar is nog Afrikaanse straatname.

12 comments:

Charmaine said...

Ek dink dit is alles sodat mens die visum moet waardeer en die twee blokke wat ek moes stap om daardie bankstate in die hande te kry. 'n Regte egte visum mision..Maar nou kan ons wettiglik die land van die Ingelse gaan verken

Muriel said...

Pragtige foto's!!

Aaaahh! Ek sien so uit na julle reis, ek kan nie wag om al die mooi plekke deur julle oë te leer ken nie.

Ja, dinge raak nou moeilik met die engelse saam!! Hulle maak dit selfs moeilik vir ons kinders wat op die oomblik daar is.

Sandra hulle is seker bang Osama Bin Laden kom sit langs jou in die vliegtuig met sy Dolly Parton vermomming!!! LOL whahahahaaaaa

Ek is bly julle het darem nou julle visums!!

Geniet julle reis!!!
x x

Sandra said...

Jy's reg dit was 'n regte mision - mens het nie eers een persoon van die land waarvoor ons visums aansoek gedoen het iewers gesien nie - baie secret!

Muriel jy sal beslis moeg gekyk wees aan die foto's aan die einde van die toer. Wat die vermomming betref is daar reeds ondersoek ingestel na verskeie kleurvolle vermommings maar ek sal nie lewe om te toer as ek julle op die blog wys nie :-) (Miskien moet ek 'n mailtjie stuur aan almal wat wil sien) :-)

Anonymous said...

Genade tog! Soveel hassle vir 'n visum?!

Pietersburgstraat...as oud-Pietersburger sou ek sommer baie lekker daar kon bly! Ek het mos 'n GROOT klap van die windmeul weg, maar Afrika tickle my pienk. Dankie vir die foto's van Nigerie!

O ja, en geniet die trippie na die Ingelse eiland, hoor! ;-)

Boendoe

Charmaine said...

Maat ek weet wat jy in die mou voer en jy beter nie... die blou heks sal oprys en dan is vermomming nie meer vermomming nie

Sandra said...

Jy's anonymous vandag Boendoe!? Ek geniet dit om 'n ander deel van Afrika deur jou oe te sien.

Hoe ken jy my maat? Ek iets in die mou voer?! Nooit sal ek so iets doen nie, waarvan praat jy?! Die blou heks ne .... ek sien :-)

Anonymous said...

Hiehiehie...ja, Sandra, ek is van nou af anonymous. Ek is so op geblog, maar nee, dit hou net aan en aan. Toe het ek my liefie gisteraand gevra om my password te verander en dit eers weer 1 Junie vir my te gee! Ek hoop ek hou tot dan - dalk tel julle my lyk erens op - gedooi van onttrekkingsimptome! :-)

Thea said...

Sandra ek kan sommer hoor jy's weer besig met 'n ding! *wink* Jy moet nou nie iets aanvang dat hulle vir jou deporteer en arme Charmaine en Annie alleen moet vakansie hou nie! LOL!!!

Nee, ek ken van daai kwaai tannies by die British High Commission! Dit kan 'n yskoue dag wees dan gaan jy nog steeds sweet!! Ons het 3 keer al met hulle te doene gekry (2 x met aansoeke vir 'n working holiday vir die seuns en 1 x vir 'n studente visum). Nooit weer nie!!

Maar ek is bly julle het dit darem gekry en nou kan julle net lekker uitsien!! Julle gaan dit só geniet en ek kan nie wag om van al julle ervaringe te hoor en die foto's te sien nie. Julle beter soet wees né. Moet nou nie dat Eddie hom weer dood bekommer nie! LOL!!

Sandra said...

Darem is daar vir jou 'n "roadtrip" tydens die onttrekkingsimptome en hopelik kan jy die paswoord voor die tyd kry om ons daarvan te vertel :-) Boendoe.

Nee Thea man ek's die voorbeeldige een :-). Ek het nogal gewonder wat gaan die jongmense nou doen met al die nuwe red-tape om soontoe te gaan.

Nimsi se Blog said...

Geniet die vakansie. Ek kan nie wag dat dit moet verbygaan nie...
Ko jy nie maar saam nie Sandra?
Moenie "worry" oor die blou heks nie, sy's nie so erg soos die pers heks nie, stuur daai mailtjie!

Paparatzi-van-Nigerie-se-fotos said...

Darem net so ietwat die fotos "verduidelik"! Daai klomp motorfietse is van die tweewiel taxis wat 'n man kan vat, as jy dan nou nie een van die Blou of Geel karre of bussies vat nie.

Die "skryf" op voertuie is vir ook baie belangrik, veral bybelversies en spreuke. Die twee kleiner fotos is van die amptelike moskee en kerk in Abuja, die nuwe hoofstad.

Pietersburg Straat, PE Straat en Durban Straat is almal in die gegoede deel van Abuja, terwyl die boonste klein fototjie regs karre is wat wag vir petrol, tot 100 in 'n ry en links die manne wat nou in Lagos hulle huis oor die see moet begin bou, die grond is alles reeds vol en gevat.

PS! Ek hoop die land van my voorvaders weet wat hom gaan tref met "The Good, Bad & Ugly" wat nou oopad soontoe is!

Sandra said...

Groot moeilikheid as ek die mailtjie stuur Nimsi :-)! EN nou vriendin wil jy he ons vakansie moet klaar wees voordat dit begin? :-) Is reg so ek verstaan die rede en jy sal sien die tyd gaan gou verby.