Saturday, May 23

Jy’s 21 vandag!

William vandag is jy ‘n hele 21 jaar oud.  Om ‘n foto’tjie te soek wat tipies van jou is, is onmoontlik … maar hierdie is jy …. ALTYD besig om alles wat jy doen met oorgawe te doen.

   Page1

Page1_0

Page3

Page1_1Baie geluk met jou verjaarsdag seun … ons gebede is dat die jaar propvol nuwe avonture gaan wees en dat al jou wense en drome bewaarheid word in die nuwe lewensjaar.

Liefde – ONS

13 comments:

Pa-van-die-besige-seun said...

Geluk William, ek hoop jy geniet jou 21ste verjaarsdag so ver van ons af, sal maar vir Tessa moet vra om jou 'n ekstra drukkie te gee!

Sien jou binnekort hier in Abu Dhabi, besige bytjie!

Nelmari said...

Happy Birthday Will!!!!!
Hope u have a great day and that u party like a rockstar! lol
see u soon tc xx

Nimsi se Blog said...

Baie Geluk William met jou mondigwording! Mag die grootmenslewe vir jou waarlik net mooi dinge inhou.

Charmaine said...

William, baie geluk met jou 21st!! en welkom in die wereld van die grootmense. Mag daar altyd 'n lig op jou pad skyn. Baie liefde

Muriel said...

Hi William baie geluk met jou 21ste verjaarsdag!! Geniet die dag!!
Hierdie foto's is 'n bewys dat jy die lewe voluit geniet en ek hou daarvan!!

Sandra ek was bietjie siek dis hoekom ek nie kom kuier het nie.
Maar is dit nou 'n groot bederf op jou blog vandag!! Die kastele, kerke en "stained glass windows" is magical!!! Dankie vir die deel van julle reis!

Liefde vir julle en geniet!
M

oom Hennik en tannie Ronelle said...

William, baie geluk met jou 21ste verjaarsdag! Hoop Tessa bederf jou vandag - ek weet wanneer jy gaan kuier in Abu Dhabi gaan jy lekker bederf word!!

Liefde

Heleen said...

Baie geluk William, hoop jy het n great dag en mag jou lewenspad vorentoe jou verveel van voorspoed en geluk!
Baie liefde
Heleen

DJ said...

Hi Willem, geluk met jou bday, hoop jy het 'n awesome verjaardsdag en ek weet sommer daar le 'n lewe voor jou vol opwinding en met God se beloftes oor jou. Elriza

Jan and Miekie said...

Van harte baie geluk William - en baie geluk ook aan julle Sandra! Dis nogals 'n prestasie om 'n kind groot te kry en ek kan aan die fotos sien hy was (is) 'n besondere kind: aan die gang! (As julle eendag kleinkinders kry, sal julle besef dat hulle die beloning is omdat julle nie julle eie kinders vermoor het toe hulle tieners was nie.)

Anonymous said...

Baie geluk, William! (En ook aan die ouers van so op en wakker seunskind!)

Thea said...

Laat verjaarsdagwense... maar ek hoop jy het 'n stunning verjaarsdag gehad William! Baie geluk hoor!!

Sandra said...

Dankie julle almal vir die verjaarsdagwense. Die ou het 'n heerlike dag gehad en het belowe om foto's van die "pret" te stuur sodra hy weer kan internet.

Desire Fourie said...

Veels geluk met William se 21ste. Eks seker julle as ouers is voorwaar trots op hom. Mooi bly.