Thursday, May 7

Uitgevang ...!!!!

Ek weet nie of julle ook soos ek somtyds wonder waar 'n plek se naam of selfs 'n woord vandaan kom nie. Met die gemmerkat in die huis, dink ek ek het beslis uitgevind waar die woord "kattekwaad" (kaskenades, kwajongstreke, ondeundheid, stoutigheid) en ""kattemaai" (baljaar, jol, lawaai, rinkink ens.) vandaan kom. Jaaaaaaa, dis alweer 'n katstorie, maar al was sy stout was dit so oulik :-). Terwyl ounooi voor die rekenaar besig is, ontdek sy van ounooi se soft toys en kindergroep rakke .... aaahhhh wat is dit! Die uitsig van daar is nie goed genoeg nie so sy probeer 'n ander benadering. Daar word van nader ondersoek ingestel om te kyk watter speelgoed sy van hou en dit word afgestoot tot op die vloer. Sy's egter seker daar was nog speelgoed so ons probeer weer loer. Miskien as ek opklim en self uitkies wat ek wil he sal dit beter werk. Wag, hier's nog wat ek kan afstamp. Hier het ounooi eers bietjie geraas want die baba's mag nie breek nie. Dan sal ek maar onder moet gaan speel, die wit beertjie lyk oulik. Weet julle hoe lekker speel mens met beertjies en pom-poms?! Kyk mens kan jou poot so wegsteek in die pom-pom en dan die beertjie bekruip sonder dat dit jou sien kom. Na sy besluit het wat haar gunsteling speelding van die oggend is, word dit op haar "spesiale" plek saam met al haar ander speelgoed gebere --- kyk net al die balletjies, toutjies, klokkies, barney en selfs nog ou kersfeesversierings ---- in en rondom my kosbakke is dit veilig.

13 comments:

Mariette said...

Behalwe dat Dawn na 'n dierbare katte ding glyk-lyk dit my dat hy nou nog 'n belese kat ook is, want ek sien hy hou daarvan om op die boeke te le en op jou 3de laste kiekie is daar 'n boek ook by sy dinge waarmee hy besig is.

Hoe gaan dit met ons nuwe babatjie

groete

Thea said...

Mmmmm... dis nou "caught red handed" op sy beste! Ek weet nie veel van kattegedrag af nie maar ek neem aan hulle raak seker ook maar verveeld met hulle ou speelgoed. :-)

Sandra said...

Sy speel graag met boekie ook Mariette, die bladsye fasineer haar. Die baba'tjies word op die oomblik deur die mamma in 'koelte' gehou en ons sal hulle seker weer sien as hulle begin rondhardloop en kom eet - dan neem ek weer foto's

Thea sy's so oulik stout en dink sy's nog 'n klein baba en speel met alles.

Anonymous said...

Dis nie stout nie, dis slim! Sies vir jou, Sandra! :-) Katte is nou maar vir my te oulik...

Miekie said...

Hoe verlang ek nou na 'n katjie! Sy is te dierbaar en ek kan sien dat sy haar ounooi om haar oulike pootjie draai. Soos my Ouma sou se "You time waster you!"

Sandra said...

Ek se maar net stout boendoe ek wil nie 'teveel' met haar spog nie :-).

Heeltemal Miekie, heeltemal!

Charmaine said...

Maat sy is regtig 'n dierbare besonderse katding die ene en ek weet sy het jou hart gesteel ;-)

James said...

As mens diere uitvang waar hul n bietjie stout maak dit my nogal wonder wat hul doen as niemand hul kan sien ni. En ek weet vir n feit katte voel nie so skuldig soos honde ni,so mens sal nooit weet as hul iets aangevang het nie.

Sandra said...

Sy het maat ek geniet haar. Sy's op haar eie manier uniek.

Diere is soos kinders seun - 'n mens weet nooit wat hulle aanvang as jy hulle nie kan sien nie :-).

Muriel said...

Baie slim!! Hoop jy het 'n wonderlike moedersdag gehad Sandra!!
Liefde
x x

Nimsi se Blog said...

Het jy al n tol hekelgare gesien as n kat daarmee klaar is Sandra?

Sandra said...

Baie dankie Muriel en ek sien jy het ook :-).

Gelukkig hekel ek nie Nimsi, maar ek sal vir Nelmari moet waarsku;-).

Ninette said...

Dis te oulik - wys net weer 'n kat se nuuskierigheid. :)