Saturday, May 16

Oud en koud

Dis nou die ou hoofstadjie van Skotland ... mistroostig. En natuurlik het Charmaine wat so lief is vir die koue besluit hierdie "somerweer" moet 'n ander naam kry en die mense weet nie wat somer is nie en nog klomp ander goed.



Page2

Ons bly lekker in ons blou deur plekkie wat mens met sulke smal trappies tot op die tweede verdieping vat (dit help om die shopping min te hou want daar is nie hysbakke nie). Die tuine aan die agterkant is verskriklik mooi en groen (middelste foto) en die kombuis het selfs 'n kaggel of gakkel (soos James sou se) in. Ons besluit om in die "beter" weer die Edinburgh kasteel te gaan besoek.

Page4

Die pad na die kasteel is styl maar baie mooi en ons stap ook verby waar hulle besig is om reg te kry vir die Taptoo later die maand. DIe kasteel is 134 m bo seevlak en ons voel dit beslis. Die indrukwekkende hek/nuwe ingang is eers in 1888 gebou. Mense as jy binne is, waai die wind 'n hond uit 'n bos en dis in "miemie" se woorde, bloedig koud. Baie van ons tyd word dus binne die museums by die kasteel deurgebring om uit die koue te bly.

Page7

Een van hulle is die Skotse nasionale oorlogmuseum waar ons ongelukkig nie binne kan foto's neem nie. Daar is boeke en boeke vol name van mense wat gedurende verskillende oorloe dood is en dit sal mens 'n heeldag neem om vir 'n nasaat se naam te soek. In die regtehoek is die begrafplaas van die honde wat "in diens" doodgemaak is.
4e
Hier is die museum van die anderkant. Dis baie mooi.
Page6
Met die reen dra ons sulke geel plastieksakke om droog te bly en as die wind waai flap-flap ons met die sakke wat waai. Hier neem Annie en Charmaine 'n ruskansie om foto's te neem.
Page5
Die kerk is oppad kasteel toe en die venster en beeld is in die museum.
Page4_0
Die pad terug is koud maar mooi en ons kry kans om by 'n gevriesde doedelsakspeler foto's te neem en by een van die nou gangetjies 'n koffiewinkel te besoek met heerlike skons.
Page5_0
Die uitsig van verskeie kante van bo op die kasteel geneem. Met die weer kan mens nie ver sien nie ... maar dit lyk koud ne?!

Page8

In opdrag van James word daar na 'n skotse rokkie vir hom gesoek en ons besoek een van die plekke waar die materiaal en die klere gemaak word. Dis vreeslik interessant hoe die patroon met die verskillende clan kleure geweef word.
Page7_0
Ek verstom my oor die pryse van hierdie goed en wat mens alles nodig het om die uitrusting "volledig" te maak. 'n Suksesvolle dag agter die rug waar ons baie gesien het.

12 comments:

Mariette. said...

Mens kan sien dat julle dae amper te kort is vir alles wat jul wil sien, maar vir 3 tannies doen julle uitstekend!:-)

Ek moet se ek sal nou nie omgee vir 'n bietjie koue nie. Ons het gister een van daardie dae gehad wat jou oe vir jou se dit lyk lekke koud maar as jy uit gaan dan slaan die hitte jou asem weg,- julle ken mos van?...

mooi kiekkies!
Groetetjies!

Anonymous said...

Hmf, ja, so 'Skotse rokkie' kos darem 'n plaas se prys, ne?! Jou foto's bring memories terug, Sandra. Dankie, moenie lui word nie, toer lekker, blog lekker en wys baie foto's!!

(Kan jy soveel opdragte uitvoer? :-) )

retha said...

Is dit n boere plan of dra die skotte ook sulke geel sakke se ook jou fotos is mooi

Sandra said...

Mariette hierdie koue is iets anders. Ons het gedink as ons vir hulle so 15 grade AD hitte gee kan dit mos help :-).

Boendoe jy weet mos ons vroue kan multi-task so ek gaan my bes probeer. Dit help ook dat ek nie alles "vergeet" nie.

Retha ek het nou nie ander met die geelsakke gesien nie, maar ons het dit hier gekry. Ek dink met al hulle reen is dit nogal 'n noodsaaklikheid.

Naomi said...

Ek kan sien julle geniet dit baie...hoop James kry sy rokkie.
Dankie vir die prag foto's.

Heleen said...

Charmain hoekom staan jy so verweg van die doedelsakspeler ? he he he .....hier is net wind wind wind en sand.. geniet maar die koel weer. Aaa die uitsig van die kasteel is pragtig, jong julle woel ne. Rus julle darem so af en toe? Watter soort kosse eet die ouens daar? Wonder hoe my ou wit beentjies onder so n rokkie sou lyk :-) he he he !!!
Lovies Heleen

Instaan-ma/pa-van-die-kinders said...

Nou hoop ons net die regte "clan" se kleure "tartan" is gekoop, anders is die' Cook afstammelinge diep in die sop!

Lyk my daar word nog ernstig gekuier en getoer, nieteenstaande die heerlike britse "lente" weer!

William said...

WOW it looks like your having a great time so far and i bet you have allot more to see and to show. Hope all is well!!!

Charmaine said...

Ek moet die man bietjie spasie gee... hy kan dalk omval van die koue soos die bome wat ek vandag langs die pad gesien het Heleen. :-)

Sandra said...

Ja Naomi hy het sy rokkie en goeters gekry - amper soos 'trourok' koop ;-)

Heleen sy was bekommerd oor die ou se knie wat so blou was van die koue ;-)

Daar is nog baie te sien seun en ek sal jou alles wys - jy sal nog moegraak daarvoor.

Sandmensie said...

Sjoe julle dis amazing al die groen! en natuurlik die geboue ook, ek sal wat wil gee om net so een vars yskoue grasgroen asemteug te kan neem!!! Hier is dit behoorlik warm, voel of mens kan vuur blaas na 'n asemteug hier buite! Ek is seker daardie "doedelsak" onder die rokkie is eerder gevries as sy kniee!!!
Geniet dit verder!!!
Vicky

Sandra said...

Vicky Charmaine sal verseker saam met jou stem. En die groen tonele is pragtig.