Wednesday, May 13

Die toer begin

Net so ‘n kort tydjie terug was plekke soos Inverness, Isle of Skye, Invergary, Roslin, Holy Island, Keswick, Berwick ens. vir my baie onbekend. Ja, die prentjies het ek al iewers in ‘n boek gesien, maar nie eers twee keer na die dorpe gekyk nie. En nou, danksy Annie se inisiatief is ek/ons ‘n paar daggies weg om die plekke self te sien. Die volgende paar dae sal ek, Annie en Charmaine in Engeland, Skotland en Ierland rondry, kyk, ervaar, inneem en foto’s neem.

Natuurlik gaan hulle nie heeltyd genee wees met my wat alles afneem nie, daarom het ons gereel vir “dubbels” wat sal instaan wanneer ons dit nie self kan en wil doen nie. Laat ek julle voorstel:

P1100956

Sandy die Siamese Kat wat vir wie anders as myself sal instaan.

P1100959 P1100958

Ann die NZ-skapie wat vir Annie sal instaan en Miemie die chihauhau vir Charmaine.

P1100961

So daai twee eilandjies, ek hoop julle is reg vir die DDTT-toer want ons drie is reg vir julle!

etihad

Annie ons is oppad, sien jou amper! En die van julle wat saam wil toer, hier’s baie plek op die blog kom saam.

11 comments:

Nimsi se Blog said...

Geniet dit!

Leane said...

Dit klink so lekker! Ek hoop tannie'le geniet dit baie! Kan nie wag om al die foto's te sien nie (veral met die dubbels :))!

Pa-die-AUH-lughawe-taxi said...

Goed julle ouens, die twee is vanoggend voor 6 al afgelaai by die lughawe, elkeen met so 'n klein toersakkie. Smaak my hulle gaan of baie keer dieselfde klere aantrek of met baie nuwe klere terugkom!

Nou sal ons maar moet wag en kyk wat word gerapporteer, laaste sms was net na 8 toe hulle opgeklim het. Julle moet weet hulle sit "voor" by die ryk mense, so die sports het al seker klaar begin!!!!!!!!!!!!!!

Mariette. said...

Weet julle gaan dit geniet. Veilig reis julle 3!

Groete!

Sandra said...

Dankie almal. Ons is veilig in London en nou net vir die groot avontuur om more in Watford te kom en dan vat ons die pad Skotland toe

Jan and Miekie said...

Ek is skoon jaloers! Dit klink heerlik! Ek kan my net indink hoe lekker julle kuier en rondkyk en eet en .... GENIET dit! Ons sien om die toer op die blog mee te maak!

Charmaine said...

Dis lekker in London en ons is reg vir die toer, al moet ek ook dieselfde klere ses keer aantrek... of nuwes koop as die oues vuil is. Enige iets... hakuna matata

Ronelle said...

Jaloers! Geniet elke oomblik - ons sien uit na die stories en foto's!!

Anonymous said...

Geniet, geniet, geniet!! Dit klink klaar na groot pret! :-)

Thea said...

Lekkerte!! Ek is ook jaloers! Julle moet julle gate uit geniet! Ons kyk uit vir die foto's. En Charmaine as daar nie meer skoon klere is nie, koop skones en sommer 'n nuwe sak of tas indien nodig. Julle is mos al ou "shoppers" of is dit pro "shoppers"?! :-)

Sandra said...

Dankie almal van julle. Ons geniet alles selfs die reen en yskoue weer (wel amper almal van ons)