Tuesday, May 26

Nog ‘n besonderse eiland en haggis

Ons is verskriklik geseend want alhoewel dit koud is en reen orals voorspel word, begin ons dae in reen maar wanneer ons die eindbestemming van die dag bereik is dit sonskyn en kan ons regtig alles vreeslik geniet.

Page2

Hoog op ons lysie van "moet sien" was die Island of Skye wat ons vir 'n hele dag "geboek" het. Dis koud as ons die pad aanvat en kyk hoe le die sneeu nog op die berge ... en dis die begin van somer?!


Page3

Die groot brug vat ons van Kyle of Lochalsh na die eiland toe en ons stop eers vir tee en skons sodat die weer kan opklaar.


Dis dan ook hier waar Annie ons 'n les gee van hoe om vir 'n foto te "pose" en Charmaine kry die "houding" vinnig. (Natuurlik het hulle nie geweet ek neem 'n klein video clip van hulle nie - maar ek wou he julle moet sien waarna ek elke keer voor 'n foto na moet luister). :-)

Page5

Ons ry deur groot dele van die eiland wat vir my baie besonders is met sy pragtige see en groen en hoe berge. By Kilmuir - hoog bo besoek ons ook die Skye museum wat wys hoe die mense van die eiland geleef het.

Page6

Oppad uit stop ons by een van die klein dorpies se pubs en Charmaine kry die geleentheid om 'n erg tradisionele dis te eet, haggis, neeps and tatties. Ja, wat sal julle dink dit is? Haggis is longe, lewer en hart gekook in pens yuck met oranje goed wat soos pampoen lyk maar blykbaar 'n soort wortel is. Die wit tatties is aartappel! Ek en Annie probeer die plaaslike vis, maar dit kom nie by hammour of kingklip nie.

Kyk net die gesig dan se julle vir my of die dis lekker was?

17 comments:

Ronelle said...

Charmaine en Annie, weet julle nognie dat daar nie 'n manier is om Sandra se video clips vry te spring?!

En daai gesigsuitdrukking met die proe van die haggis vertel sy eie storie... haha

Droogbek-man-by-die-huis said...

Uiteindelik een wat braaf genoeg is om Haggis te probeer!

Hoop net die arme Skotte sal nou 'n plan kan maak met die oormaat Whiskey wat agtergebly het nadat die 3 daar verby is sonder om hul deel te geniet.

Nimsi se Blog said...

Ag shame Charmaine...
ek is groener as daardie land wat julle toer hoor!

Charmaine said...

Dankie vir die simpatie... nou weet julle waarmee ek te doen het... ai tog. Ek moes eintlik maar van die whiskey gedrink het. Die haggis is regtig ok. So klein voorgereggie... ek weet nie van 'n vol ete nie en ek was so verlig oor die tattees en neeps wat toe maar net groente was. Dit klink darem snaaks.

Sandra said...

En jy sal weet ne niggie? :-)

Mens moet baie braaf wees om binnegoed te eet ek stem.

Groen oor die haggi's of mooi dele Nimsi? :-)

Die whiskey kon dalkies vir meer video clips gesorg het maat, alhoewel die mense met die volgende blog sal sien waarvan ek praat :-)

Heleen said...

Charmain jy is een beter as ek...... ek dink nie long en hart is een van my gunsteling disse nie.

Julle het baie mooi beplanning voor die tyd gedoen en kyk watter mooi plekke het julle gesien. Geniet dit mensies ons sien julle een van die dae. Charmain my innige meegevoel met die kiekie's.
Sandra julle moet julle laaste paar ure daar geniet.
Baie lovies Heleen

Mariette. said...

Julle sorg vir sports sien ek.
Dan natuurlik is die kiekkies pragtig van die plekke wat julle by kuier en sien.
Charmaine well done vir die probeer daardie kos....

groetetjies vi julle!

Desire Fourie said...

Die omgewing bly maar prentjiemooi. Stem daars niks wat by Suid-Afrikaanse cuisine kom nie. Geniet dit.

Jan and Miekie said...

Die videotjies is kosbaar! Ek het hulle (en al die res ook) vreeslik baie geniet! Geniet die toer verskriklike baie en noudat julle die haggis gedoen het, hoop ek julle kry verder regtige lekker kos. (Ons eet vannaand boontjiesop en Saterdag is dit boerewors na die groot rugby!)

retha said...

Hoe lus het eknou vir Miekie se boontjie sop.

Soos die ander se ek ook wat n mooi stuk aarde daardie. Bly vir jul dat die weer jul toelaat om te sien wat jul wil.

Sandra said...

Heleen ek weet nie hoekom almal met Charmaine simpatie het nie ... weet jy hoe ek sukkel om dit geneem te kry?

Dankie Mariette! Ja ons het verseker heelwat sports.

Desire hier is nogal baie kosse wat baie soos "huiskos" is en dit is nogal lekker.

Sandra said...

Miekie hier is nogal kos wat soos "boerekos" lyk en smaak en die heerlikste soppe!

Dankie Retha ons is net so dankbaar vir die groot bederf van goeie weer.

Nelmari said...

Well, now I know how to pose for your photos mom...lol
It looks very green and cold, here it is way to hot!!!
See you on Friday

Leane said...

Ekt bietjie simpatie met die koue daar, want ek kry net so koud hier in Bloem. Die haggis aan die ander kant was n BAIE brawe ding, tannie Charmaine!

James said...

Tannie C het beslis meer guts (in jo lyf nie in die bord nie) as wat ek het want nooit sal ek haggis probeer het nie. En ek verstaan ook hoe my ma raak met die kamera. :p

DJ said...

Haggis? Fish? They really into alienfood. Nice pose grandma!

Charmaine said...

Hi everybody... you know I will rather eat the haggis than the fish I had after that. :-) Uncle DJ will have to treat you on something from our country that is similar to haggis.