Tuesday, May 19

Op soek na kastele

Met die opstel van die “voorlopige” beplanning was Charmaine se insette net …. ek wil kastele sien,. Ons eerste stop dus ‘n kasteel vir haar.

Page2

In die dorpie Aberdour is daar die pragtige oorblyfsels van die Aberdour kasteel. Regs in die hoek is die toringhuis wat die oudste deel van die kasteel is. Met die jare is daar elke keer deur die nuwe “eienaar” dele aangebou.

Page3

Die tuine is pragtig uitgele en volgens oorlewing in 1540 begin. Die tuine is weer her-ontdek in die 1970’s.

Page5

Na die wonderlike besoek ry ons ‘n eintjie verder deur dorpies met die name van Kirkcaldy, Elie en St Monans.

Page6

Wat vir my nogal snaaks is, is die watervlakke tydens laagwater. Die bote is behoorlik gestrand op droe grond waar die wind hulle kan omwaai.

Page7

By Anstruther stop ons vir middagete waar mens blykbaar die lekkerste “fish & chips” in die hele Skotland of Engeland kan kry en nadat ons die winkeltjie opgespoor het, kry ons so koud dat ons liewers aartappelsop en heerlike warm brood eet. Page8Seuns julle sal glad nie in Skotland kan bly nie want die deure is almal sulke klein deurtjies en daar sal heeltyd koppe gestamp word. Kyk selfs Charmaine is langer as die deur alhoewel ek vermoed Elriza en Leane behoort loshande daar te kan loop.

Page9

Ons draai om by St Andrews en toe sous dit soos julle op die foto by die Fort Rail Bridge kom. Hierdie brug is naby ‘n pragtige dorpie Queensferry. Dit is 1.5 km lank en was die eerste groot staal brug ter wereld wat in 1890 geopen het. En spesiaal vir jou maat … hulle het 8 miljoen “rivets” gebruik om dit te bou :-).

‘n Suksesvolle dag waar ons baie gesien het en dit word afgesluit met ‘n bord tradisionele Skotse kos.

12 comments:

Man-wat-nie-so-mooi-weet-nie said...

"Tradisionele Skotse kos", het julle toe Haggis gehad vir ete?

Ek weet nie so mooi nie, my vrou eet mos nie maklik "snaakse goed" nie. Of dalk met al die reen en koud is daar besluit op 'n Whisky dieet.

Nimsi se Blog said...

Ek stem saam met Charmaine, as ek ooit daar kan kuier sal ek net kastele kyk en Haggis eet.

Leane said...

Lyk my ek sal goed tuis voel daar in Skotland, behalwe vir die haggis...

Thea said...

Dit lyk lekker koud en nat maar dis pragtig! Ek weet ook nie so lekker van die haggis nie... :-)

Tannie Ruth said...

Sandra, oom Thomas vra wat is die moontlikheid om sy voorgeslag na te speur. Sy oupa was Thomas John Campbell - gebore in Ierland. Sy ouma se naam was Eileen.

Hy is groen van jaloesie en wens so hy kon die toer saam met julle doen!

Man-van-die-rondloop-vrou said...

Tannie Ruthie, Oom Thomas kon my maar ook gevra het. Daar is 3 moontlikhede, Campbell Thomas John van Coleraine, Campbell Thomas John van Donegal en Campbell Thomas John van Lurgan.

Hier is iets wat hom lekker besig kan hou!

http://www.connorsgenealogy.com/Campbell/

James said...

Selfs op gewone pleke is ek gewoont om my kop te stamp so dit sal seker nie snaaks wees nie, maar lyk my ek sal moet op my knee deur daardie deurtjie gaan!!!!

Baie jaloers gemaak deur julle mooi fotos van die kastele!

Sandra said...

Ek sal verseker liewer Haggis ipv whiskey!

Dan sal jy en Charmaine lekker kuier Naomi.

Jy sal in al die blyplekke kan inloop Leane.

Mos alles wat mens wil he Thea, koue en reen :-)

Sandra said...

Tannie Ruth ek gaan verseker kyk of ek vir hom daai amptelike papier in Ierland kan kry.

Bly jy geniet die foto's seun

Jan and Miekie said...

Ek geniet die fotos en beskrywing vreeslik baie. Ek en Jan het 'n paar jaar gelede met 'n motor langs die weskus van Skotland gery en jou fotos herhinner my aan daardie salige dag. Was heerlik so "off the beaten track". Wat 'n pragtige land. GENIET dit gate uit!!

Anonymous said...

Dis absoluut stunning! Ek sal ook net wil kastele kyk as ek daar is.

Sandra said...

Miekie Skotland is 'n baie mooi land en ons geniet dit hier.

Hier is meer as genoeg kastele om jou weke lank besig te hou kaalvoet.