Showing posts with label visum. Show all posts
Showing posts with label visum. Show all posts

Monday, May 4

Afrika en die engelse

Ek's lief vir my land en ken nie heeltemal die ander lande in Afrika nie. Eddie was verlede maand weer vir 'n heen en weertjie in Nigeria en hierdie foto's was vir my nogal interessant. So hier en daar deur mense se blogs leer ek oa van die mooi van ander dele van ons kontinent, maar jinne die woord Afrika kan darem vir ons probleme gee. Drie van ons, (ek, Charmaine en Annie) reis vanaf volgende week so 'n bietjie in Engeland, Skotland en Ierland en dit het beteken ons moes 'n visum kry. Mense ek kon so bietjie verstaan van die boereoorlog en die konsentrasiekampe want om by die Britte verby te kom was/is iets ysliks. Ek weet nie wie van julle vanaf 1 Maart al hierdeur moes gaan nie, maar hulle soek alles, jou geskiedenis, jou ouers s'n, waarnatoe jy gaan, hoeveel dit kos, hoeveel geld jy saamneem, 6 maande se bankstate om te bewys jy het genoeg geld, foto's, oogscans, vingerafdrukke, ens. ens. So sit Eddie in Nigerie en ek het nie 6 van sy bankstate nie en ek kan nie vertel waar hy is nie want dan gee hulle my nog minder 'n visum. Weet julle om jou aansoek in te gee word jy deursoek en ondersoek en mag jy selfs nie eers 'n botteltjie water inneem nie. Jy moet nie net benoud wees oor gaan hulle jou aansoek aanvaar nie, jy moet ook doodgaan van die dors in die hitte. Ons hou die tannie wat ons moet help dop, sy is van 'n asie land wat kougom erger kou as mense van daai eilandjies teen wie ons graag krieket speel. EN sy lyk glad nie asof sy lus is om by die werk te wees nie ... benoud is ons ... as ek terugdink aan die geskiedenis, wat het ons die engelse aangedoen dat hulle nou so teen ons draai, moet dit nie andersom wees nie? Of is dit die lugredery se skuld met hulle onlangse domheid? Of is dit ook oor wat in die ander afrika lande gebeur dat ons soos "skelms/skurke" behandel word? Wat ookal die rede, Vader was goed vir ons want binne 3 dae het ons die paspoort terug met die baie belangrike visum en kan ons begin regmaak vir die reis!! EN glo my dat of julle nou wil of nie, alles sal op die blog verskyn .... miskien nie alles nie, maar meeste van dit.
O terloops as die nuwe name in ons land vir julle nou te moeilik raak kan julle altyd Nigerie toe trek want daar is nog Afrikaanse straatname.