Thursday, May 21

Vrede vir die siel

Ons volgende roete word beplan rondom ‘n besoek aan die Holy Island. Omdat die see gety ‘n rol speel in die tye wanneer mens op en af van die eiland kan kom, maak ons eers ‘n draai by ‘n klein dorpie met die naam van Haddington.

Page3

Dis vroeg oggend en die dorpie is doodstil en so rustig dat ons nie regtig wil verder nie. Ons wil gou-gou hulle publieke toilet besoek wat mens seker kan se is by die “kerkplein” en die omies wat aan die straat werk – die straat terloops is nog met die ou hobbeltjies soos daar by Markplein in Kaapstad se die dorpie gaan eers vanaf 9 uur toilet toe. Later voor ons vertrek gaan ons gou en was dit nou ‘n belewenis!!

Page4

Ek moes eintlik met my kamera gaan want die toilet het nog elke jaar vanaf 1995 die “loo of the year award” gekry :-). Dis silwerskoon en al die sertifikate hang die toilette vol en ons spandeer ‘n lang tyd om die toekennings te lees. Intussen kom ‘n ou tannie en vra omverskoning dat die toilette nie voor 9 oop was nie. Hier is ons net ‘n paar minute in die dorp en almal wat leef en beef weet van ons. Hierdie dorpie is verskeie kere tydens die “War of Independence” vernietig en weer opgebou.

Page5

Die Tyne rivier omring met die lieflikste parke omring die dorpie en ons kan net nie genoeg van dit kry nie. Die mense vertel graag van hulle dorpie en die “nuus van die dorpie” is op die oomblik die swaan wat ‘n nes het en almal kom kyk elke oggend hoe dit met haar gaan. Die klein kerkie dateer ook vanaf 1462 wat gedeeltelik oorgebou is na ‘n aanval in 1548 …. jinne dis oud.

Page6

Maar mens voel ‘n rustigheid hier wat ons nog nie by enige van die ander dorpe gevoel het nie en dis ‘n goeie begin vir die dag.

Page7

Ons volgende stop is die kusdorpie van North Berwick waar mens nog die “oud” voel reg langs die see.

Page8

Berwick-Upon-Tweed kan mens beskryf as die “brue-stad” want daar oor dieselfe rivier kry mens brue van oud tot moderne wat jou oor die rivier vat. Ons bestemming van die dag … die Holy Island.

Page9

In 625 het Paulinus na die Northumbria omgewing gekom en duisend Christene gedoop. Met die kroning van koning Oswald het hy gevra dat daar ‘n monnik na die area gestuur word en so maak Aidan in 635 sy opwagting. Hy is later die Biskop van Lindisfarne gemaak en het ‘n “monastery” hier begin - ‘n plek waar mens kon kom bid en leer. Die gety is laag en ons saam met honderde ander stroom op die eiland af met net 5 uur om alles te sien voordat die gety terugkom.

Page10

Die kasteel het sy ontstaan aan ‘n “wet” van destyds dat alle “havens” beskerm moet word teen die Skotte. Die blokhuis is rondom 1548 gebou en gedien as blyplek vir soldate.

Page11

Gedurende 1944 is dit deur sy toe eienaars, ‘n broer en suster de Stein aan die Nasionale Trust gegee. Ons beloer en bekyk dit omtrent van alle kante.

Page12

Die oorblyfsels van die Norman kerk is besonders om te sien en mens kan nie die strome mense daar glo nie.

Page13

Daar is ook ‘n standbeeld van St. Aidan wat die eerste monastery of die eiland begin het In sy hand hou hy dan ook ‘n fakkel (vlam) wat die uitdra van die Chistendom simboliseer.

Page14

Ons besoek ook die klein kerkie wat tussen 1120 en 1145 gebou is. Dit is rondom 1860 weer gerestoreer en ook gedurende die 70tigs. Die besonderse glasvenster van St. Aidan is ter nagedagtenis aan die familie wat voor 1944 eienaars van die eiland was.

11 comments:

Nimsi se Blog said...

Wow! jou foto's is weer "out-of-this-world" n toilet toekenning... wonder hoeveel plekkies hier sal vir so iets kwalifiseer?
Geniet die toer verder.

Cecile said...

Dit klink of julle dit baie geniet. Net soos wat ek jou blog so gereeld genie.

Groete
Cecile

Nelmari said...

It looks very peaceful mom =D
Hope that you three kept it that way...lol..:P

Don't get into any trouble <333

Heleen said...

Pragtige histories geboue, julle moet elke sekonde geniet !!
Lovies Heleen

Sandmensie said...

Baie baie interessant en baie mooi ! Onthou om so deur die foto's neem en toerery om bietjie Vit C vir die verstand..ag ek meen weerstand te drink! Ek sien Charmaine kry lekker koud..
Sandra is jy ook daar in die vreemde? ...wonder net..ekt jou lanklaas gesien..blog bietjie 'n fototjie toe???
Vicky

Mariette. said...

Ai dit lyk lekker julle 3 - mens begin sommer voel of ons al deel raak van jul toer. - wel geniet die res van die tyd, ons sien uit na jul stories en kiekkies!

groetetjies

Sandra said...

Hi Nimsi, weet jy ons het nog nie een badkamer raakgeloop wat vuil is nie, ek's beindruk - ons hou seker by die pryswenner :-)

Welkom hier Cecile en bly jy geniet die toer saam met ons.

Sussie wat bedoel jy? Jy weet mos ek sal die ander twee tannies mooi in toom hou :-)

Sandra said...

Dankie Heleen ons doen vreeslik baie.

Vicky jy weet mos Charmaine hou van die koue weer :-). Onthou ek's die fotograaf ... binnekort 'n foto :-)!

Dankie vir jou saamkuier Mariette. Geniet die hitte!

Jan and Miekie said...

Ag maar dis 'n lekker toer! Baie interessant! Groete van julle mede (blog) reisgenote.

Sandra said...

Dankie vir die saamreis Miekie!

Desire Fourie said...

Jou fotos is stunning. Jy is voorwaar 'n pro.