Monday, May 25

Hoogland en monsters

Ons roete vat ons nou deur die binneland na die Highlands toe en nog steeds wil die weer nie heeltemal saamspeel nie. Vir die tweede keer ry ons oor die Fort Rail bridge en nog steeds kry ek dit nie in sonskyn weer afgeneem nie. Die roete vat ons deur die mooiste omgewing en mens kan nie genoeg kry van die bome en mere nie.

Page1

Ons ry deur die Perth omgewing verby dorpies soos Crieff en St. Fillans waar ons stop vir iets warms. Dan is dit op in die Hoogland deur Glen Coe, Onich voor ons ons bestemming Fort William bereik. Dis regtig ‘n pragtige klein vakansiedorp wat so onder die Ben Nevis berge sit aan die eenkant en ‘n groot meer aan die ander kant. Die berge het terloops nog sneeu op!

Page2

Ons loer ook vinnig na die ferry wat vandaar na die ander kant vaar en vang dit tydens spitstyd. Elke dag “leer” ons iets en vandag kan ek net se dat “miemie” se oe nie meer so goed lees nie :-).

Page1

Die blyplek is reg langs die kanaal waar die bote deurvaar en naby baie van die bekende besienswaardighede. Die volgende dag vroeg gaan soek ons die monster van Loch Ness en by die beginpunt verkyk ons onself aan die grootte (dis 27 myl lank) g’n wonder die monster kan homself so wegsteek nie. Natuurlik het ek en Charmaine ook ons teorie oor wat van die monster geword het.

Page2

Langs die pad nog een van die mooi kastele, die Urquhart kasteel wat so teen die meer sit.

Page3

En dan aan die einde kry Miemie, Sandy en Ann die monster en hulle staan baie dapper vir ‘n foto – die ander mense dink ons is koekoes. Ek lees ook dat die skotte se die beste manier om die monster te sien is om genoeg whiskey te drink, want dan sien jy hom maklik. Duidelik was ons hot chocholate nie sterk genoeg vir die oe nie.

Page4

Ons ry verder na die dorp van Inverness. Hulle se alle paaie in die hoogland lei na Inveness wat die omgewing se “hoofstad” is. Die rivier Ness vloei deur die dorpie en dis prentjie mooi.

Page7

Ons loop deur die strate en neem honderde foto’s en kry ook ‘n kans om deur een van hulle “malls” te loop. Sussie die grootste Monsoon wat jy al in jou lewe gesien het staan reg in die middel van die sentrum. (Het ongelukkig nie iets gekoop nie maar gedink aan jou en dis mos die gedagte wat tel of hoe).

DSC_0058

Die pad terug vat ons oor berge en dale en die Eilean Donan kasteel op die Duich meer wat ek so deur die venster afneem is ‘n goeie en gepaste afsluiting vir die dag.

13 comments:

Thea said...

Sjoe Sandra, dit lyk ongelooflik mooi! Skotland is definitief nou ook op my lysie van plekke om te besoek!! Geniet julle reis verder!

Nimsi se Blog said...

Hierdie foto's is regtig pragtig! Iewers... Erens... het ek sonder twyfel - in n kasteel gewoon!

Sandra said...

Thea dit is 'n mooi plek om te besoek!

Was jou buurvrou dalk "miemie" Nimsi? :-)

Heleen said...

Dit is regtig stunning kiekies.. ek is mal oor die water berge en oop vlaktes. Ek wil ook nog eendag daai Loch ness outjie gaan besoek en met my luck sien ek hom nog sonder die whishey ! :-)
Geniet dit ouens......
Julle gaan sukkel om n scrap oor die vakansie te maak, dink net die verwarring oor watter fotos gebruik moet word he he he
Lovies Heleen

Anonymous said...

Ek het eers bietjie gaan opvang met jou vorige inskrywings. Pragtige foto's. Ag, GENIET dit, Sandra!

mariki said...

Duidelik is julle in jul noppiese!

Van kleintyd af wou ek Skotland toe, en drie jaar gelede het ek en Vennoot op daai einste paaie van julle gewandel -- heerlik om dit saam met julle te herbeleef, dankie!

Skotland IS verruklik.

Charmaine said...

Maat ek dink dis die son wat in mens se oe skyn dat ek so verkeerd lees... o nee, ook nie, want daardie dag het dit gereen.. maar die tannie se gesig toe ek Miemie en Sandy en Ann neersit vir 'n foto is 'n storie op sy eie...:-) Ek soek nog my kasteel. Ierland hier kom ons!!

Jan and Miekie said...

Verskoon die cliche maar dis regtig prentjie mooi! Hoe koud is dit daar die tyd van die jaar? Met sneeu op die berge klink dit maar bra koud. Hoop vir julle part dit reen nie - 'n mens se sig is heelwat minder deur wasige motor vensters!

Sandmensie said...

Nee wat, ek het nie woorde nie..kan nie skryf dis mooi plekke nie,dit pas net nie...daar moet net 'n veel beter "gepaste" woord wees vir hierdie tonele..awesome? asemrowend? ja ek dink dis asemrowend!!! Sjoe julle is BEVOORREG!Dink aan ons hitigge(49grade) klomp asseblief?????????

Sandra said...

Baie dankie boendoe ons doen - hoe vorder jou toer reelings?

Skotland is pragtig ja Mariki en ons geniet dit terdee

Heleen glo my mens sien dit nie sonder die whiskey nie :-). Ons het klaar besluit dit sal nie 'n scrapblad wees nie maar 'n scrapboek :-)

Sandra said...

Jy dink so??!?! Het ek nou baie stories om te vertel :-)

Miekie nou blykbaar begin van hulle somer en so 12 grade min of meer - daar was net een dorpie wat die reen ons uitsig belemmer het, maar verder was ons bederf met sonskyn sodra ons op 'n dorpie kom.

Dis bietjie warm daar Vicky! Maar ek sien dis julle wereld hier want orals is besighede met die naam Sloan en straatname en dan is Gregs 'n gewilde eetplek ook :-)

Desire Fourie said...

Ek kan nie glo dat jy 13 inskrywings al gemaak het sedert my laaste besoek nie en dit lyk asof julle al weer globe trot. Jou fotos is stunning en eks seker 'n paar scrap uitlegte is op die kaarte. Mooi bly.

Sandra said...

Ek is seker daar gaan 'n paar scrap bladsye wees Desire :-).