Friday, May 15

Tussen stasies en lande

Eindelik begin die toer, sommer met die aankoms by die lughawe. Abu Dhabi lughawe se nuwe terminaal vir sy plaaslike lugredery Ethiad is oop en staan geen tree terug vir die fancy een in Dubai nie.

Page1

Ons kry lekker sitplekke met meer as genoeg beenspasie – elkeen het so sy eie hokkie waar niks en niemand hom/haar kan pla nie en natuurlik slaan die stoel af in ‘n bed. Charmaine lyk asof sy in’n hospitaal bed le – maar hier het sy al haar bed bietjie opgelig. Gou-gou is sy ook ‘n “lug-shopper” (julle weet mos :-)) en word daar gekyk na oorbelle ens. Ons kan kies van verskeie ontbyte en die kontinentale een is al klaar meer as genoeg. Baie plus punte vir die redery want ons kan tee tot dit uit ons ore kom drink uit lekker groot bekers. Na ‘n ruskansie moet ons natuurlik daai high-tea wat ons nog moet drink sommer in die lug drink met heerlike broodjies en skons.

Page1_0

Ons eerste hobbeltjie is veronderstel om die openbare vervoer na dit hotel te wees, maar dit verloop sonder enige moeite (sterretjie vir onsself). Die hotel waar ons oorslaap is 5 min se stap van die dorpie Heathrow wat baie klein, maar GROEN is. Julle moet weet komende hier van die woestyn is sulke weer en soveel “koel” groen iets wat ons baie dankbaar voor is. Reg oorkant die hotel (regterhoek van foto) is die Sam Philips Woodlands wat in 2001 deur die gemeenskap aangeplant is en ons geniet dit om daar te stap. Vars van die reeks “Inspector Morse” sien ons ‘n klomp polisiemanne daar en besluit om nie heeltemal in te loop nie.

Page1

Die oggend wat ons Annie in ‘n plekkie met die naam van Watford moet ontmoet begin reeds 06:00 en dis iets wat ons na opsien want ons moet 5 keer van treine wissel na plekke waarvan ons niks weet nie. Die Engelse is nou nie juis hulpvaardig of vriendelik nie en mens kan behoorlik nie jou gedagte wissel as jy eers in ‘n rigting begin stap nie. Maar ons is oulik (nog ‘n sterretjie) en 2 en ‘n half uur later kry ons vir Annie en die toer kan amptelik begin. Ook nie lank voor ons eerste “pub” stop vir koffie en ander dinge nie.

Page2

Nadat ons eers van die snelweg afklim begin die “toer” vir my want ons ontdek die mooiste klein dorpies en alles is sooo groen. Na een so ‘n verkeerde afdraai kom die dorpie Haydon Bridge waar mens net nie genoeg foto’s kan neem nie. Die dorpie is blykbaar ook bekend vir sy spa – maar daarvoor het ons nie tyd nie.

Page3

Dan die agterpaadjies opsoek na die Hadrian wall. Die muur was gebou in opdrag van die “Emperor” Hadrian na sy besoek aan Brittanje 122vC en strek vanaf die eenkant van die land na die ander kant (80 Romeinse myle of 120 km). Dele daarvan is toegegroei en van die muur is ook met die jare afgebreek en die klippe gebruik vir iets anders. Ons is baie gelukkig om nog ‘n paar dele te sien.

Page4

En na klompe ure op die pad bereik ons die grens tussen Engeland en Skotland. Soos julle op die foto’s sal sien staan ons drie redelik regop in Engeland maar die wind is ernstig sterk in Skotland. Kyk net hoe staan Miemie se ore na die wind haar beetgehad het (dis die een sonder die bril)!

Page5

Die omgewing verander en ook so die boustyle en ons volgende groot stop is Jedburgh. Daar verkyk ons ons na die Jedburgh Abbey wat in 1138 gebou is en waar die Augustinian monnike gebly het.

Page6

Die Kelso Abbey is in 1128 gebou en het 84 jaar gevat om te bou. Daar is ook die pragtigste kerk. ‘n Heerlike staproete rondom die plekke met bankies om op te sit. Beslis ‘n dorpie wat mens kan besoek en om te kom kyk hoe alles na die restorasie waarmee hulle besig is lyk.

Page7

Sestien uur later vir my en Charmaine kom ons lekker moeg by ons blyplek in Edinburgh aan wat ons vreeslik gesoek het. Moes naderhand by ‘n taxi gaan raad vra. Kyk hoe hou Charmaine “kop” terwyl hy verduidelik. Die enigste wegneemplek verkoop sulke lekker vetterige kos en ek eet my eerste Skotse kaasburger – sonder brood – twee patties met kas tussen-in gebak in’n dodelike deegie. Kinders ek drink Irn Bru wat soos yster proe! Ons was doodmoeg maar more le daar weer ‘n vol dag voor.

18 comments:

Nelmari said...

It looks like its cold :-P
I hope you enjoy the rest of the trip!!!
(Don't forget the souvenirs)lol

Anonymous said...

NOG 'n sterretjie omdat jy bybly met die blogging ook! Nogals met sulke mooi foto's! :-)

Sien uit na die volgende aflewering...

Nimsi se Blog said...

Sjoe, jy hou jou belofte dat ons kan saamtoer ne! Baie dankie! Ek dink ek's in die verkeerde era gebore... sou baie gelukkig in een van daai ou klip kastele kon bly!

Bitterbek-man-in-Abu-Dhabi said...

Lekker, dit lyk my die 3 "Soft Toys" en hulle naamgenote geniet die ekskursie reeds vanaf minuut een!

Nou is ek eers bly ma-goed het daai nuwe kamera persent gekry, die fotos laat my voel asof ek self (weer) daar is.

Geniet julle 3, matigheid voor oe hoor.

Anonymous said...

Jitte maar dit lyk ongelooflik interessant en lekker!! Geniet elke oomblik!

Thea said...

Sjoe julle het vir 'n eerste dag al klaar ongelooflik baie gesien en gedoen! Mooi bly en geniet dit verder!!

Leane said...

Sjoe! Dit lyk ongelooflik mooi met al daai kastele en abbeys. Ek is net bly vir julle part dat julle weg is van die onvriendelike Engelse... Kan nie wag om nog fotos te sien nie!

Desia said...

Nog sterretjies vir julle met die neem van die foto's en beskrywings! Dit klink heerlik.

Sandra said...

Sussie dis ysig koud en tannie Charmaine dink die Skotte ken nie die betekenis van "somer" nie - sy se hulle moet dit iets anders noem.

Dankie boendoe - binnekort begin jou toer ook!

Ek sou ook kon Nimsi maar al daai trappe !!

Sandra said...

Dankie Pikkie dis sover ongelooflik mooi!

Baie dankie Thea ons kuier lekker met al die nuwe plekke.

Moes vandag skotse rok koop Leane!

Dankie vir die sterretjie Desia!

Mariette said...

Mens kan sien julle geniet elke sekonde, dankie dat jul, jul toer met ons deel -

Geniet dit

groete

Jan and Miekie said...

Het ek nou lekker gelees en gekyk! Al is dit nou nie heeltemal dieselfde as die ware Jakob nie, is dit vir ons bloglesers baie lekker om so tweedehands saam te toer. Ek hoop julle kan so aanhou met die bloggery. Het julle 'n rekenaar saamgevat of hoe doen jy dit? Groete aan jou reisgenote.

James said...

Ek moet sĂȘ ek is nogal 'n bietjie jaloers op die ou toertjie. Ons sit en uitbrand im die hitte en julle mag verdwaal in die noorde. Baie onregverdig!

Geniet dit maar, want van die fotos lyk dit asof dit net lekker kan raak. Dalk besluit jul om te bly. ;)

DJ said...

Hi julle!!! Ek is ook nogal jaloers, maar ek is so bly julle geniet dit. Ek laaik die soft toys karakter, ons kan 'n brakkenjan cartoon van julle drie maak. julle weet natuurlik as ek daar was, sou ons moes tyd maak vir daai bekende spa ;-) liefde vir julle Riza

Sandra said...

Mariette dit dien ook sommer as 'n dagboek om alles te onthou.

Miekie ja die ou laptoppie is in en ons was sover gelukkig dat die blyplekke die fasiliteite het - so ons hou maar aan solank dit hou.

Seun nie 'n kans dat ek in Engeland sal aanbly nie --- dis mooi maar die weer en ander goed ... nee.

Ons weet ons sou moes Elriza, ons "skinder" baie van jou (jou ma skinder baie van jou :-). Hoe kry jy ons by brakkenjan?

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Dit is pragtige fotos!! En ek is mal oor die nuwe kreatiewe uitleg van die blog. Lyk nou sommer soos 'n blinkpapier tydskrif!

Geniet elke oomblik van julle vakansie. Bietjie groen omdat julle so lekker in die woude, koue en groenigheid kan rondloop en ons sit in die huis om onsself te beskerm teen die son.

Dit is nog 'n vakansie wat ons ook 'eendag' sal aanpak. Sodra die tweetjies kan loop, sal ons die rugsakke nader sleep en dan sal ons ook vir die uitstappie gaan :-0

Groetnis
xx

Charmaine said...

Ons kuier sooo lekker en Riza ons kan maar in die hitte in Abu Dhbai gaan spa. Hier trek mens nie sommer klere uit nie... dis vriesend

Sandra said...

Beatrix voor jy jou oe uitvee is die twee oudgenoeg. Geniet maar die hitte :-).

Maat dis mos nie so erg soos NZ en Cyprus was nie? :-)