Sunday, May 3

Moet ek my kop laat lees?

Ek hou van katte, katte hou van melk en is bang vir water ... is alles 'n groot mite. Alhoewel ek eintlik 'n hondemens is, het ek jare met Siamese geteel - omdat hulle so slim en slimmer as honde is, het ek myself wysgemaak - en asseblief nie 'n straatkat nie. Hier in die woestyn is dit nou heeltemal 'n ander strorie want my dogter is katmal en soos julle ouens wat gereeld hier kuier weet, is daar mos 'n straatma wat knaend haar kleintjies in ons erf kom he. Dan oe en ahh Nelmari weer dat die woestyn antwoord gee en soos met boeke kan ek net nie nee se nie. Met die eerste kleintjies het ek toegegee dat sy maar haar eie katjie kan he en so eindig ons op met Pixie, wat haar mens ma se alles is en niks verkeerd kan doen nie. Die ma-kat verskyn met 'n V-kepie in haar oor en ons is gerus want hier beteken dit die veearts het haar "reggemaak" net om te sien hoe 'n wonderwerk gebeur, sy is wraggies weer swanger. Niks katte nie Nelmari se ek, maar ons sal hulle gewoond maak aan mense en huis en dan vir hulle 'n plekkie soek. Nodeloos om te se, so maak Dawn haar verskyning in die huis en gou-gou is sy "my" kat. Ek sien straatkatte is slim en hulle dood oor water. Sy volg haar "ounooi" orals en badtyd is ook haar badtyd en dan wil sy soveel as moontlik water he om te was en te drink. Soos haar ounooi is sy ook mal oor boekie. (Die vearts se daar is siames bloed in haar want kyk net hoe skeel is daai ogies) Is sy nie oulik nie :-) en ek sien straatkatte kan slim wees. Mamma kat kry nog 'n V-kepie in die oor en nou is dit finaal besluit ons, maar sy raak weer vet, baie vet en bly so vir weke aaneen. Ons raak gerus want dis seker net omdat almal in die straat vir haar kosgee, sy is 'n straatkat met 'n persoonlikheid ... maar skielik twee weke terug is mamma-kat weer maer en mens kan sien "iets" drink aan haar.

Genadiglik is die baba's nie in ons erf nie ... maar soos met die v-kepies beteken dit niks want vanoggend vroeg bring mamma-kat haar krosie om in ons erf in te trek. Nelmari kom op 'n boksie van hulle af en die ooohhh en aahhh's begin weer.

"Nee, se ek", "Maar mamma kyk net die gesiggies" ----- Mariette, Marina, Vicky, James, Christiaan, almal in die UAE wat lees en lief is vir katjies HELP!!!!!!
Hulle is oulik en ons sal hulle makmaak en mooi leer maar bespreek net een voordat ek met nog een in die huis opeindig! Ek hou mos nie van katte nie!

20 comments:

Nelmari said...

MAMA...Dawn is my cat!!!
They are soooooo cutee =D....I WANT ONE ;)

Man-en-Pa-wat-baie-geduld-het said...

Sien julle nou almal waarmee ek opgeskeep sit!

In my volgende lewe kom ek terug as 'n kat en wil ek graag dat my kat-ma my by hierdie huis kom aflaai!

Lekker lewe, die mense sorg mooi vir jou hier.

Anonymous said...

Ek oeee en aaaa saam! Hulle is vrek cute! Komaan, Sandra, versag jou hart... :-)

Mariette. said...

Tannie Sandra- Christiaan se as die rooi wollerige babakat nog nie 'n huis het nie sal hy hom graag wil he ,-nadat hy sy pappa dik gevry het daarvoor.

retha said...

So slim en al nuwe babas sal seken net so oulik en slim einig.
Ek is so bly hierdie oulike goedjies is daar ver.

Sandra said...

Sussie jy kan vir Dawn terugkry maar nog 'n babatjie .... neeeeee!!

Boendoe ek dink jy moet aan my kant weer hier.

Christiaan daai gemmer is joune! Ons sal hom mooi met liefde grootmaak dat julle lekker kan speel.

Retha ek's spyt ek's so ver want dan het ek huise gehad vir die oulike goedjies.

Charmaine said...

Ek begin ook al wonder of Dee nie ook 'n maatjie wil he nie... :-) Nee, moet jou nie aan my steur nie maat, ek praat sommer nonsens. My hart se punt is hierdie baie spesiale mamma kat wat sulke dierbare kleintjies het.

Sandra said...

As jy die mamma kat vat dan los dit al ons probleme op maat. Indien nie, wat van daai kleintjie met die blou ogies op die laaste foto? Kom hou dit net vas en voel of dit jou kat is :-)

James said...

Ek sal maar liewers nie nou 'n kat vat nie aangesien ek elgeval saam jul in die huis bly. Ek dink ook nie Bageera gaan baie impressed wees met my as ek na 'n ander katjie kyk nie. Miskien volgende jaar. ;)

Jan and Miekie said...

Dit klink bekend! Ons het ook al die jare Siamese gehad (myne - nie Jan s'n nie - hy is ook kamstig nie 'n katmens nie.) Vandat ons 12 jaar terug op die plaas kom bly het, het ons net gemmerkatjies gehad. Ongelukkig katjieS! Almal het verdwyn toe hulle groot geword het - nooit weer 'n teken van hulle gesien nie, so nou wil ons nie weer 'n kat he nie, maar ai 'n mens mis maar so 'n sagte ou pootjie!

Sandra said...

Seun ek het dan nou juis gedink Dawn wil-wil jou net aanneem.

Mens raak baie geheg aan die katte Miekie en ek sit nou juis met die oudste een wat baie siek is - wil nie eers daaraan dink nie.

Nimsi se Blog said...

Dankie tog Willie lees nie nou hier nie, anders het Charmaine twee "deliveries" by ons huis kom doen!

Nimsi

Anonymous said...

Ag hulle is te dierbaar! Wens ek kon enetjie vat, maar dit gaan bietjie moeilik wees! Dalk kan Nelmarie ene vir my aanneem ;-)
Dis net een....hhehehehe

Sandra said...

Nou sal jy seker die foto's wegsteek vir Willie ne Nimsi?

Kaalvoet ek weet nie hoe tel julle daar in Korea nie, maar 3 plus net een gee vir my 4!! :-)

Charmaine said...

Ek wil baie graag die goetertjies kom vashou maat. Dalk kan jy die een met die blou ogies vir my grootmaaak :-)

Sandra said...

Ek dink ek moet my voet maar neersit - ek gaan nie surrogaat-ounooi vir die kleintjies wees nie, en ons pas nie aanneemkatjies op nie, so maat kom houvas en vat!

Will said...

I see you got a new cat in the box. Do they just come in twos? Or is there a six pack too?

Muriel said...

Ag dis so cute!!!

Anonymous said...

Ek kan nog steeds nie tel nie, maar wat ek eintlik bedoel het is: Dis net EEN ekstra, nie TIEN nie!

Sandra said...

William dink jy nie ons het genoeg katte nie?

Hulle is Muriel!

:-) ek weet Kaalvoet maar hierdie katjies is soos tien elkeen op sy eie. Net vanoggend het die gemmer my boekrakke ontruim.