Sunday, March 8

Besige sportnaweek

Nie die beste van sportnaweke vir my nie ... oor die krieket bly ek liewers nog hoopvol doodstil, die 7's praat ek nie oor nie en die Super 14 was plek-plek ok behalwe met my span ..... MAAR .... Nelmari was ook sedert Donderdag oggend besig met 'n basketbal toernooi wat eers gisteraand klaar gemaak het. Drie dae propvol wedstryde tydens die ISAC-toernooi. Skole van Riyad, Dubai, Cairo, Qatar, Kuwait, Egipte en natuurlik Abu Dhabi het meegeding en die kompetisie was straf en moeilik op die spelers, ouers, toeskouers en die afrigter. Die afrigter hou sy kop vas.Donderdag het ons, dis nou AISA (die Lions) hulle eerste wedstryd teen Cairo lekker ver gewen en ons dogters het goed gespeel. Die tweede een teen Kuwait was bietjie moeiliker, maar ons wen ook en daar begin hoop posvat om een van die top 2 gekeurde spanne te wees. Die afrigter wissel sy spelers die heeltyd af om hulle nie moeg te maak nie en as hierdie SA kombinasie opkom moet die ander spanne weet hulle gaan moet hardwerk om 'n doel aan te teken. Minri en Nelmari wag om op te gaan. Aan die einde van die dag speel hulle teen Riyad en kou maar harde bene, ons nerwe is dun want dit bly wipplank ry met 'n punt verskil. Van die spelers op die bank, ons sal nie name noem nie, betwyfel die skeidsregter se beslissing en wys dit duidelik. Daar is ook bietjie ondersteuning van die nuwe PE onderwyser by die skool terwyl sy sussie speel. Defnitief "perks" aan die job want hy kan van bo uit die kantoor kyk en ons moet maar hier onder by die ander sit. Go Lions Go! Vrydag maak ons skoonskip en wen vir Dubai en Qatar maklik. Aan die einde van die tweede dag is ons 2de gekeur. In die kwarteindrondte reken hulle baie maklik met Dubai af en dan kom die finaal teen die skool wat ons die eerste dag teen verloor het, Riyad. Maar die meisies speel hulle harte uit en Nelmari verdedig ook 'n hond uit 'n bos uit. Probeer hier verby kom. Daar is 'n lekker klomp ondersteuners en die AISA Lion is uit sy kassie.
Hoe later hoe kwater en Nelmari kry kans om ook doele te skiet en nie net te verdedig nie. Die span sluit die ISAC toernooi af as algehele wenners! Mooi so Lions!! ons is trots op julle (hulle het vanjaar ook die ISAC volleybal gewen). Woensdagoggend vlieg hulle Oman toe vir nog 'n internasionale toernooi en ons weet sommer dit sal ook goed gaan. GO LIONS!

14 comments:

Anonymous said...

Mooi Sussie, julle was sommer kookwater en jy het gespeel soos 'n......................Leeu!

Anonymous said...

Mooi werk sussie!!! Baie geluk, die span kon dit nie sonder jou doen nie.

Go LIONS!

Anonymous said...

Now thats how it should be done!!! (i say with a sad face for not being able to be there) but goooood luck at Oman, and remember to enjoy it!!

Jan and Miekie said...

Baie, baie geluk Nelmari en almal wat kan "shine in the reflected glory". Lekker nuus!

Charmaine said...

Nelmari jy is 'n ster. Ek is sommer baie trots op jou en spyt ek kon die wedstryd nie sien nie. Hoop julle maak skoonskip in Oman.

Mariette. said...

Go lions go!

retha said...

Baie geluk!

Nimsi se Blog said...

Baie geluk aan die Lions, ek stem saam met william, Onthou die geniet gedeelte.
Nimsi

Thea said...

Baie geluk Lions!! Kan sien dit was 'n behoorlik opwindende sportnaweek vir julle Sandra!

Anonymous said...

Thanks everyone!!! We worked really harded for it! Time too win in Oman!

Desire Fourie said...

Wow, dis nou fantastiese nuus. Veels geluk aan Nelmari en haar span, die afrigter en die getroue ondersteuners!

Sandra said...

Baie dankie almal. Ja dit was 'n besige sportnaweek en ek's baie trots op die Lions en Nelmari - hulle het goed gespeel!

Sandra said...

Baie dankie almal. Ja dit was 'n besige sportnaweek en ek's baie trots op die Lions en Nelmari - hulle het goed gespeel!

Anonymous said...

Go Lions! Baie geluk en baie voorspoed!