Tuesday, March 3

Wat's in my handsak

Boendoe het my getag oor wat in my handsak is.

Post a picture of whatever bag you are carrying as of late. No, you can’t go into your closet and pull out your favourite purse! We want to know what you carried today or the last time you left the house. List how much it cost. And this is not to judge. This is for entertainment purposes only. So spill it. And if there is a story to go along with how you obtained it, we’d love to hear it.Show us what’s in your purse. Spill it out! Take pictures! Tell us what it is!Tag some chicks. (sorry boys, but I’m guessing not a lot of you carry bags around anyway, except maybe the Korean lads). Ek hoef nou nie in die kas te gaan rondkrap vir gunsteling handsakke nie. My gunsteling is gewoonlik die een wat ek vir daai oomblik gebruik. Dis 'n leer handsak van United Colors of Benetton en dit word gebruik om goed in rond te dra en partykeer in te bere. Geen storie rondom dit nie behalwe dat ek van 'n leerhandsakke hou. Die prys, wel dit was op 'n uitverkoping :-). Ek was verras deur die inhou, want dis baie goed en daar is nog baaaaaieee plek! En omdat dit net een groot sak is met twee klein sakkies aan die buitekant le al die goed natuurlik los en word daar gegrou as iets benodig word.

Die belangrike goedjies in my sak is links my handsak Bybel, 'n notaboekie, twee penne (wat partykeer altwee weg is) en my USB. My kamera word in 'n kantsakkie gehou en daar is ook 'n ekstra battery by. Ek wil nie met 'n pap batttery gevang word nie. (hint hint Ronelle) Die hopie geld is orals los in die handsak gekry en ongelukkig 'n probleem. Ek sit kleingeld maklik net iewers, maar dis lekker om dit alles terug te kry as ek handsak skoonmaak of foto's van die inhoud moet neem. Die klein mannetjie kom van een van hierdie "kinder" sjokolades.



Die foto links begin met my beursie en dit het 'n storie. Vir baie baie jare het ek en my vriendin 'n ooreenkoms. As jy 'n nuwe beursie koop moet jy twee koop, een vir die ander een ook. So vanaf SA tyd, het ons dieselfde beursies. Hare natuurlik net meer vol geld en myne vol papiere. Dan 'n klein sakbeursie waar ons meisies se "teegeld" in is sodat daar nie baklei word wie betaal hierdie keer nie. Ook 'n blikkie donker 72.5% sjokoklade vir wanneer mens lus is en 'n paar jammerlappies van restaurante wat in nood gebruik word. Die foto of die regterkant se goed moes al uit die handsak gewees het. Dis 'n Ski Dubai paspoort om aan te dui watter level jy is (dis William s'n), 'n pakkie McGrudy's geskenkbewyse (ek hoop Nelmari lees nie vandag blog nie) en 'n pakkie penne wat ek die naweek by die kinderaktiwiteite gebruik het.

Sien nie 'n baie netjiese en interessante sak nie. Ek moet nou twee ander dames tag. Thea ek's nuuskierig om te weet of jou handsak so perfek georden is soos jou blog of miskien so kreatief uitgele :-) en maat het jy nog 5 stelle brille in joune :-)?

15 comments:

Anonymous said...

Ek dink dis baie interessant! Jou tas beaam nogal die prentjie wat ek van jou het: stylvol, georganiseerd, oppieball.

Dankie vir die saamspeel!

Anonymous said...

Hi mom, i have always wondered whats in there... and im happy my ski passport is in there that means you can think of me on non spesific times ;-)

Anonymous said...

William, jou ou g@tkruiper jy!

Sandra said...

Boendoe dit was nou weer 'n geleentheid om die sak reg te pak, so dankie vir jou :-)

Dink altyd aan jou seun. Hoop dit gaan goed met die toets vandag!

Anonymous said...

Bly om te sien ek is nie die enigste een wat altyd 'n kamera en ekstra batterye saamsleep nie;-)

Thea said...

Ek het nogal nie verwag om allerhande snaakse goed in jou handsak aan te tref nie Sandra. Net die nodige - prakties, funksioneel - geen fieterjasies!

My handsak het ook maar net die nodigste in Sandra en want ek pes dit as ek moet grou vir goed in 'n handsak. Hy word dus gereeld reg gepak! :-)

Muriel said...

Baie georganiseerd en ek luv jou handsak!! ;)

Sandra said...

Mens moet voorbereid wees Kaalvoet - en 'n ekstra geheue kaart vir die wis en onwis.

Gaan jy ons nie wys nie Thea?

Dankie Muriel!

Mariette. said...

Ek hou van jou Handsak. En die inhoud is net jy- 1oo% georganiseerd!

Charmaine said...

Ek hou ook baie van jou handsak maat. Dit pas by jou. Ek sal myne ook so gaan organize vir die foto... LOL ;-))

Anonymous said...

Ok Sandra ek lees eers vandag van die handsak episode, jy is baie goed georganiseerd. Ek kan jou se wat in myne is, maar ek dink nie daar is genoeg tyd nie, want ek glo mens moet n ietsie van alles daarin he, veral as die kinders tydig en ontydig na iets soek.(Ek pak elke oggend handsakke oor) LOL ..... onthou dat ek jou n bietjie by die scrap aand wys.

Desire Fourie said...

Ja nee, so gedink, daar moet definitief 'n kamera in jou handsak wees ... en jy het sommer 'n spaar gelaaide battery ook ... so moet dit dan ook wees, anders sal ons nie altyd so lekker fotostories hier kon lees nie. Mooi bly.

Sandra said...

Mariette nie altyd nie glo my.

As mens net die binnekant moes afneem maat sou dit chaos wees, jy weet mos.

Heleen ek gaan jou beslis Maandagaand aan jou belofte herinner :-)!

Ek voel onaangetrek as die kamera nie in die sak is nie Desire.

eilandkind/islandchild said...

Sjoe, so netjies. Myne het altyd 'n paar opgefrommelde tisjoes en 'n hele paar betaal strokies in ook.

Sandra said...

Net omdat dit uitgepak is Eilandkind anders is alles saamgebondel in die handsak.