Sunday, March 15

Doodse stilte om die scraptafel

Ek het al baie kon vertel van ons vroue studiegroep se lekker kuier en pret rondom die scraptafel en hierdie keer was dit 'n stil kuier en pret. Ons scrap onderwerp "Freedom in Christ" en terwyl elkeen van ons dit probeer uitbeeld met ons papier en in ons kop, kan mens aanvoel hoe die onderwerp elkeen van ons raak. So is ons prente dan ook heeltemal uiteenlopend want elkeen van ons ervaar of het ons vryheid in Hom anders ervaar.

Die wonderlikste van alles is, ons is VRY! Dankie Vader dat U ons vrygemaak het van ons sonde!

Vanaand scrap ons die tema God's World.

7 comments:

eilandkind/islandchild said...

ah ek hou baie van julle bladsye.
Ja! ons het vryheid in Jesus!

Sandra said...

Dankie Eilandkind! Hierdie bladsye was meer oor die binnekant as buitekant.

Nimsi se Blog said...

Dankie Sandra!!!
Nimsi

Anonymous said...

Absoluut pragtig!

Thea said...

Soms moet mens net stil raak sodat jy kan hoor wat God vir jou wil sĂȘ. Ek dink julle gaan almal half jammer wees as hierdie scrapbook Bybelstudie projek tot 'n einde kom want ek dink julle het elkeen so baie geestelik gegroei daardeur en ook nader aan mekaar gegroei.

Sandra said...

Bly om te sien jy kan nog hier lees Nimsi :-)

Dankie Paula

Dit is so Thea. Al klaar besig om na nog 'n studie met "aktiwiteite" te soek - dis 'n besige klomp vroue en mens moet praat en doen:-)

Muriel said...

Hello ((((Sandra))))

Die mense het kreatief geraak met die moeilike een! :) Ek was nogal nuuskierig om te sien wat die ander doen!

x x