Friday, March 27

Tekens van die tye?

My woorde is nog nie eers koud oor die shamal winde wat ons die afgelope dae teister nie en die weer maak nog 'n draai - net om te wys dat woestyne is nie meer wat dit was nie. Die wolke het defnitief niks goeds voorspel nie. En gou-gou val die reen in emirate soos Fuijerah, Sharjah en Dubai dat die water spat. 'n Nat rok kan nie 'n gemaklike ding wees nie ... maar nou kan ons darem sien dis koud vandag want die manne het lang onderbroeke aan :-). Thea sien jy die kompetisie vir die suidooster?! Maar anders as by die huis is hier nie stormafvoerpype nie en net 'n bietjie reen kan 'n vloed veroorsaak .... ek hoor die ou oor die radio vertel vanoggend vir die mense dat 4x4's nie van suiker gemaak is nie, hulle kan deur plassies ry. Dit bly nie by reen nie en die hael val in volle sterkte en verwar hierdie mense heeltemal. Die oproepe radio toe om die "blokke" ys wat uit die lug val te rapporteer en die sneeu was nogal baie snaaks. Hier is een van die "belangrike" opvolgmanne (2de in lyn) van Dubai met sy ou motortjie in die hael - en dit sonder 'n rok!! Wat dink julle, met al die oorloe en nou die weer en brande orals oor, is dit die teken?
(Die foto's kom van die plaaslike koerant)

9 comments:

Charmaine said...

Jinne en al die dinge gebeur hier om en by ons maar na Abu Dhabi kom dit nie aan nie. Ons het net wind en wind... my Arabiese kollega kom Donderdag in en se ... sy weet nie waar om te keer nie... die Abaja of die Sheila.

Nimsi se Blog said...

Hierdie een lyk vir my soos n ordentlike "donderstorm"!
Nimsi

Muriel said...

Mense!!!! *shock*

Jan and Miekie said...

Lyk my reen daar is soos sneeu hier in Gauteng - net 'n bietjie sneeu en daars chaos want motors het nie spesiale bande ens. nie. Het die motors daar darem reenveers? Ha ha. Dankie vir 'n baie interessante inskrywing!

Mariette. said...

Lyk my ons trek nou weer aan die kortste end, want al die leke ding gebeur om ons, Sieg se hoeka hy mis die klank van 'n donerstorm en lekker harde reen....

lekker week

Sandra said...

En hier het ons dit nou maat, ons eie reen al heelnaag en vanoggend!

Nimsi mens sal die wolke hier sien saampak en met die a/c aan voel dit koud en dan wil jy sop maak en dan is die humiditeit steeds 90% en die temp 40+.

Baie stiltes voor die storm Muriel :-)

Meestal het die motors ruitveers Miekie :-), alhoewel daar seker mense is (sal nou nie name noem nie, maar jy ken haar) wie se motor nie het nie !!

Ons het gisteraand lekker donderweer hier gehad Mariette, en daar by julle?

mariette said...

Ja ons showbox het syn verloor en toe ons die help lyn bel toe se hulle vir ons, dit is omdat Abu-dhabi vreeslik swaar weer het, en 2 min nadat ons met hulle gepraat het toe slaan die eerste donderweer hier,- dit was soos musiek in ons ore!

Sandra said...

Amper soos huisweer - nou het ons net 'n lekker groot pot sop met vars gebakte brood nodig :-)

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Sjoe, dis jammer dat ons hierdie reënbui gemis het!!

Maar gelukkig het ons die reën gemis anders sou ons vliegtuig laat vertrek het :-)

Groetnis
xx