Thursday, March 12

Loer na 'n nuwe mall

Soos soveel kere van tevore wil ek vir julle van nog 'n nuwe mall in Dubai vertel - ja kan julle dit glo! Dis nie 'n dag of week nuut nie want Mariette en Beatrix het ook al daarvan vertel, maar dis nuut vir my en so sal die foto's ook wees vir julle. Die Dubai Mall se vloeroppervlakte is iets ysliks. Dis gelykstaande aan 50 sokkervelde met 'n totaal van 1200 winkels as almal nou eendag oopgemaak is. Dis eintlik 'n mall in 'n mall omdat daar verskeie "fokus-punte" is. Daar is oa die goud souk vir die dames wat graag daar sal wil uithang en by van die 220 goudwinkeltjies wil draai. Ek vermoed dit sal ook net hier duskant 'n plaas se prys kos. Wonder waarvoor is James in die mark as hy so op sy eie hier deurdrentel. Die dekor is iets wat mens net na kan kyk en kyk en kyk. Die ysskaatsbaan is op Olimpiese standaard en daar kan 2000 mense met gemak terselfdertyd op hom skaats. Dan is daar die aqarium wat almal wil sien. Hier word omtrent 33000 seediere gehuisves en dis amper in die middel van die mall sodat dit nie misgekyk kan word nie. Francois en James kan ook net kyk na hierdie tenk waar 10 miljoen liter water en seelewe in is. Nog 'n bietjie van die visse en seelewe .... Tussen al die winkels, 22 fliekteaters, 120 restaurante, goudwinkels, speelparke, hotel en goed moet mens mooi kophou waar jy jouself bevind. Hier is drie koppe, Francois, James en Sue nodig om te kyk waar presies hulle in die mall is. Een van die waterfokuspunte is "The Waterfall" wat die hoogte van die mall (4 verdiepings) hoog is. Vir die wat wil weet dit is 30 m breed en 24 m hoog. James en Francois lyk heeltemal verdwerg. Dit is "versier" met kunswerke van duikers wat uit veselglad gemaak is om die vloei van die water te komplimenteer. En dan kom mens nog natuurlik by die winkels ook uit en hier is bekende name vir internasionale shoppers soos Hamleys en Bloomingdales. Francois het so bietjie rondgekyk en moontlikhede ondersoek vir geskenkies. Die wat die blog volg sal hom onthou waar hy laas op sy kniee rondgekruip het vir 'n mat. Hoeveel besoeke nog voordat Marlize haar mat kry? En vir julle wat wonder wat die man se van is .... So word die dag afgesluit met James alleen by 'n dooie brons boom ;-).

19 comments:

Nimsi se Blog said...

Hello Sandra,
Ek is sprakeloos... Dankie dat jy al hierdie asemrowende plekke met ons deel! Maar ek is bevrees ek is weer in die sop by die oom vanaand want het alweer my ganse internet begroting vandag hier gebruik...
Kon nie ophou kyk nie, die akarium het my gefassineer...
Nimsi

Anonymous said...

Dit is 'n mooi plek, maar my genade mens loop jou voete moeg.

Charmaine said...

Wel, as mens so deur die malls stap hoef mens glad nie gim toe te gaan nie. 50 Sokkervelde is nogals goeie oefening, sou ek se. Dit maak my net moedeloos as mens regtig ernstig wil shop en jou so vrek loop van een plek na die volgende. Maar dis pragtig en fassinerend en wanneer gaan ons maat?

Anonymous said...

Nimsi skuus man ek wil jou nie in die moeilikheid he nie :-), maar ek's bly om jou hier te sien kuier vir 'n koffie by die Dubai mall.

Die wat ek nie van die Mall of the Emirates hou nie Mariette - mens is moeg geloop en dan glad nie lus vir koop nie.

Kry jy iewers 'n opening in ons dagboeke maat?

Anonymous said...

Dit is nogal n amazing plek om rond te loop, selfs vir my wat al baie van die plekke gesien het. Ek het ernstig gekyk by die goud ja maar hulle het mos altys sulke groot geel goud, wat glad nie mooi is nie

Anonymous said...

Dis baie gevaarlik om my ma in so groot mall los te laat! Gelukkig was Jamesie by om haar in toom te hou..

retha said...

The waterfall! lyk werklik besonders.
Die man met n van is oorspronklik.

Anonymous said...

Ek stem seun die geel sagte goud is regtig nie mooi nie.

En jy dink Jamesie is nie 'n shopper nie?!

Dit is Retha. Ek dink as mens "ietsie" van jouself of huis raakloop hier, dan moet mens 'n foto neem :-)

jackieo said...

Sandra - ek was al voorheen by die mall maar elke keer sien ek iets nuuts want my voete kan dit nie hou nie - so ek glo ek sal weer 'n draai daar maak - Leane daar is die mees amazingste boekwinkel met hope bladmusiek vir jou !!!

Desia said...

Sprakeloos is wat ek ook is; kry 'n mens nie naderhand 'n tipe van sensoriese "overload" van al die mooi plekke nie?!

Sandra said...

Sue ek dink Leane sou vra of jy al hope bladmusiek vir haar gekoop het? :-)

Ek dink dat die mense nie altyd meer die mooi raaksien nie Desia en seker die rede hoekom hulle ook groot "ekstras" of "atrraksies" soos bv ski slope, vistenk ens. moet bysit. Hoe anders trek jy mense na jou spesifieke mall.

Anonymous said...

Vaderland! Dit lyk soos 'n paleis! Net 'n baaaaiiieee grootte!

Thea said...

Nee wat, ek sien sommer klaar dat een besoek nie genoeg sal wees aan hierdie mall nie. Mens sal moet weer en weer en weer gaan! ;-)

Dankie Sandra, ek het hierdie windowshopping sessie nou baie geniet!

Dorette said...

Sjoe dis pragtig mooi! (En mens sal gemaklike skoene moet aantrek vir die ekskursie! Dalk is daar een van die dae mall karretjies soos golf karretjies te huur!)

eilandkind/islandchild said...

sjoe, ons is vreeslik primitief teen julle!
ek stem saam, daardie geel goud lyk altyd so goedkoop vir my en dit is walglik.
Dankie vir die deel.

Sandra said...

Paula dis nogal waar.

Thea sien jy dat jy vir 'n klomnp dae sal moet kom as jy by alles 'n draai wil maak.

O nee Dorette jy het hierdie ouens nog nie sien bestuur nie - dit sal chaos wees :-).

EK dink nie primitief nie Eilandkind - dit lyk altyd so mooi daar by julle!

Jan and Miekie said...

Hi Sandra
Ek het alweer agter geraak met die blogs - nou lekker opgevang en al jou fotos baie geniet. Dit lyk regtig na 'n ander wereld daar by julle - incredible! (Nuwe woord wat Tammy vandag geleer het en nou is alles incredible!)

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Pragtige foto's. Dit is duidelik dat ons nog nie deur die hele sentrum gestap het nie.

Dit is darem maar 'n groot plek om deur te stap.

Ek dink as mens van hoek tot kant deur die sentrum gestap het, dan hoef mens nie meer gimnasium toe te gaan nie :-)

Sandra said...

Incredible laat my dink aan daardie dvd van Louis Giglio Miekie!

Mens kan nog tussen-in ontbyt en middagete kry Beatrix :-)