Sunday, March 29

Waarmee speel die kinders hier

Soos julle almal nou al weet is geld nie 'n kwessie by die plaaslike of "locals" soos hulle genoem word nie. Die kinders is seker van die moeilikste, ongehoorsaamste, onbeheerbare kindertjies wat mens kan raakloop, juis omdat daar geen disipline in hulle vroeer jare mag wees nie. Self maak hulle ook nie regtig hulle kinders groot nie, dit is die kinderoppasser se rol, maar sy of hy mag nie met hulle raas nie - dus het ek al gesien hoe 'n kleintjie sonder om te dink 'n oppasser verskeie kere deur die gesig klap en dis maar ok. Hulle kry ook enigiets wat hulle wil he om mee te speel en net van die beste. Daaroor en partytjies kan ek seker 'n boek oor skryf ... maar ek dink so stadigaan besef die "ouer" geslag dat hulle kultuur en geloof (die twee loop maar hand-aan-hand hier) aan die westerlinge blootgestel is. Met die onlangse "Toy fair' het hulle ook saam met al die nuutste speelgoed op die mark, 'n bietjie van hulle "eie" speelgoed ook gehad. Miskien is dit 'n plaasvervanger vir lego of miskien vir 'n 3D legkaart, maar jy kan die moskee bou sou jy wou. Of wat van 'n piramide vir 'n pophuis? Verkies jy iets kleiners, kan hierdie handpoppe ook vir groot vermaak sorg. Die gewildste "plaaslike" speelding op die oomblik in die land is die poppe met name soos Um Saloom, Um Allawi en Um Saeed van die Freej vroue. (Volgens Nelmari beteken Um ma). Daar is tot 'n TV reeks hieroor en dis baie gewild. Hulle het 'n webblad ook waar mens meer van die karakters kan lees hier. Wat vir my interesant is, is dat die poppe ook sulke bullbars voor hulle gesigte dra soos die vroue hier wat beteken hulle spot eintlik met hulle self. Wie van julle ken die First Born poppe? Hier kry mens hulle ook met 'n witrok.:-) en dan is daar die eweknie vir die Barbie en Ken poppe. Dit kan mens nie baie kos aan popklere met alles wat swart is nie. Kyk die Fatima barbie het selfs henna op haar hande en voete. En Abdulla het sandale by sy witrok aan. Is dit nie oulik nie? My dogtertjie speel nie meer met poppe nie, so as daar enige dogtertjie is wat die stelletjie wil he moet julle my laat weet. Dan natuurlik niks met die toy fair te doen nie maar ek is ook verras met 'n nuwe speelding as 'n vroee herdenkingsgeskenk en om op die vroue Skotland/Ierland trip te neem. Pasop Annie en Charmaine (vir die toer) en almal rondom my nou, want die mamaratzi gaan nog meer foto's neem .... Kyk my nuwe Nikon D40.

12 comments:

Jan and Miekie said...

Kan jy nou meer! Dis baie interessant. Hier het 'n mens lank vir swart baba poppe gesoek, maar hulle is darem nou oral te kry. Toe ek nog by Inkululeko Kleuterskool was, wou ons vir die Kersspel darem 'n swart Jesus pop he en ons moes nogals soek vir een.

Nimsi se Blog said...

Baie geluk Sandra met jou nuwe speelding! en baie dankie aan die persoon wat vir jou die speelding gegee het... my tone krul eintlik om van lekkerte want ek weet... hier kom nog "stunning" foto's!
Nimsi

Muriel said...

Bull bars whahahahaha Lyk mos vir my ook soos bullbars!

Hei daai Fatima is te cute, swart rok en al!!! En die sandale aan Abdulla se voete, die detail is ongelooflik!

Wow!!! Pa van die blog jy het vir jou liefie 'n pragtige geskenk gekoop. En sy gaan hom deeglik gebruik, die weet ons mos *grin*

Wanneer is die herdenking? Baie geluk julle twee! Mag daar nog baie gelukkige jare vir julle voorlĂȘ!

x x

Man-van-die-vrou-met-die-nuwe-kamera said...

Muriel, nou gaan daar beslis vir niemand rus of duurte wees nie, so met haar nuwe speelding.

Donderdag is die "groot dag", 26ste herdenking en ook sommer Nelmari se 16de verjaarsdag!

Spot altyd en vertel ek het my vrou op ons 10de herdenking na 'n baie eksotiese plek geneem, Die Wilgers Hospitaal!

Nie seker of sy my al ooit vergewe het nie.

Sandra said...

Dis egter nie die arabiese kinders wat die poppe koop nie, so ek weet nie presies vir watter mark dit gemaak word nie Miekie.

Daar word maar nog ernstig met die kamera geoefen Nimsi. Hopelik wanneer die toer begin het ek dit al bietjie bemeester.

Dankie Muriel. Ek kan nie wag om 'n paar mense onder skoot te kry nie .... die naweek!

Charmaine said...

Maat baie geluk met die nuwe kamera... ek weet jy gaan nog baie mooi en goeie fotos neem met hom

Mariette. said...

Ja nee,- Ek hou baie van jou nuwe speel ding! Weet jy gaan lekker speel en dit met ons deel.-Geluk!

Lekker dag.

Anonymous said...

Dit maak 'n mens hartseer as die kinders so hand uit ruk ... ek eis wat gaan gebeur as hulle ouer word!

Sandra said...

Charmaine en Mariette dankie en ja julle gaan nog toegegooi word onder die foto's :-)

Ja 'n nuwe generasie van geen respek vir enigiets en enigeen nie Paula.

Desire Fourie said...

Dankie vir 'n weereens insiggewende inset ... ek wil sommer weer kind wees as ek na al hierdie speelgoed kyk. Ja nee, ons sal maar moet koes vir die mammaratzi, maar ons is tog so mal oor haar fotostories. Mooi bly.

Sandra said...

Dankie Desire. Ek sien jy's baie besig met die mooiste goed!!

Sandmensie said...

Ja-nee ek sou ook my "kameratjie" so oepsie-in-die -hondjie-se-waterbakkie laat inval as ek SO 'n mamaratsi-van-'n kamera kan kry. ...vir jul huweliksherdenking nĂȘ..is dit nou hoe die man-wat-sy-vrou-na-eksotiese-plekkie-neem vir 10de herdenking teruggekry word?