Tuesday, March 17

Wat kry mens in die woestyn?

Onthou julle daai advertensie van die man op die melkplaaas wat elke keer as sy vrou melk vra met die bakkie dorp te ry om melk te gaan koop ... net omdat hy 'n nuwe bakkie het? Ek dink dit was toyota of iets. Ons het nou so 'n situasie by die huis en die rede??!??! Danksy die feit dat ek sy vorige 4x4 afgeskryf het, kon hy vir hom 'n heeltemal nuwe speelding gaan koop. En nou hoef ek net te se ek het foto's van iets nodig en hulle spring in die motor om 'n mall te besoek. En dit van 'n man wat 'n mall in 5 min flat kan loop en altyd dink die res van die wereld is daar so hy wil liewers nie ook daar wees nie. En as mens nog oor die duine soontoe kan ry is dit nog te beter. Die misie hierdie week was die Outlet mall in Dubai. Oppad en dit lyk regtig nog soos die ou UAE wat ons leer ken het 11 jaar terug. Weg van die glans van al die malls waarvan ek al vertel het en die blink is hierdie een in die woestyn. Kyk net daar sit hy. Die mall van nader. Nog iemand wat die nuwe wiele geniet ... die foto is spesiaal vir jou William. Kom ons kyk bietjie wat is binne 'n woestyn-mall. Dit is uit en uit 'n "brand" winkelsentrum, amper soos die fabriekswinkels by die huis, net baie meer fancy. Hier word perels verkoop en die ou is besig om 'n string-te-string (is dit hoe mens dit se) op 'n klient se versoek. James aan die besluit watter winkel en hy het klaar 'n pakkie in die hand. En dan ontdek hy goud ....... 'n sportwinkel wat klomp nr 13's het!! Dis iets wat die seuns nog altyd mee gesukkel het hier - om hulle nr skoen te kry. En nou die keuses, wat moet ek vat?! William ek weet jy sou graag hier wou wees - sal jou maar Junie/Julie moet neem. Dan loop James 'n bekende raak en kyk net in watter wiele stel sy belang. Hierdie volgende foto's is spesiaal vir jou Leane. 'n Harley-fiets?! Wat volgende ... Sue die ding het nie a/c nie, jy sal warmmmmm kry!
Charmaine ons sal hier moet uitkom, daar is skoene en goed wat gekoop moet word vir daai Engeland trippie!!!

16 comments:

Nimsi se Blog said...

Baie Geluk met die nuwe wiele! Mag julle baie veilige "woestyn myle" ry!
Nimsi

Anonymous said...

Fancy Fancy.... Im going to have to test both out when i get there, the mall and the car, im happy your enjoying it dad if you can have fun why not..

Sandra said...

Dankie Nimsi.

Ek is seker jy gaan altwee toets seun ;-)

Anonymous said...

Daai woestyn lyk stunning! En die mall ook, by the way... :-)

jackieo said...

ai jinne Sandra - dis mos nou die naasste wat ek aan 'n Harley fiets gaan kom - sal mos nou nooit se hy het nie 'n enjin nie! - hehe

Anonymous said...

Nou ja, toe jy daardie dag gebel het om te laat weet ek sal vir my 'n nuwe ryding moet koop moes jy mos geweet het, "second childhood" hier kom ek!

William, die ding ry vreeslik lekker en dit is net op die pad, jy moet sien wat maak hy in die sand!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Dan het ek ook nog 'n vriendelike vroue stem wat erens voor in die "dashboard" sit en vir my die pad in Engels beduie. "Follow the road for 30 km", "Now turn right", "Leave the roundabout at the third exit", ek wag nog net dat sy eendag byvoeg, "you should have turned by now stupid!"

En my vrou, daai Mall toe ry was in opdrag.......o ja, en om vir James te gaan wys!

Anonymous said...

Boendoe ek sal jou nog die plantjies daar ook wys :-).

Ek se niks Sue :-)

Dis wat ek gese het Eddie

Anonymous said...

Geluk met die nuwe wiele-Glo julle almal gaan dit geniet.
Ons sal ook daardie Mall gaan uitkyk.

retha said...

Ek hou ook van daai 'bakkie' mens kan verstann hoekom opdragte nou so maklik is om uit tevoer.

Anonymous said...

Mag julle die nuwe ryding sommer baie baie geniet!

SA Expats said...

Ek het jou gelink. Jammer dit het so lank gevat. Was bietjie besig by die werk. Groete

SAEXPATS

Sandra said...

Dankie Mariette! Hoe gaan dit met die pasient?

Ten minste kry ek foto's van waar die ou karretjie orals gaan om vir julle te wys Retha.

Dankie Paula, hoop dit gaan beter met jou, dink aan jou!

Dankie SA Expats!

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Sjoe, klink asof die Abu Dhabi mense meer in Dubai uithang deesdae :-).

Geniet die nuwe ryding. Mag dit vir julle nog groot vreugde tussen die duine ervaar.

Sandra said...

Nie almal van ons nie Beatrix, maar April gaan 'n besige maand in Dubai wees!

Muriel said...

Wow ek hou van die man van die blog se nuwe wiele!

Ek sien dis time to shop Charmaine :-)
Oe hoe lekker krul my tone nou!

Geniet
x x

Desire Fourie said...

Daardie gesoek na 'n nr.13 skoen weet ek al te mooi van. My manlief sukkel self met sy groot trappers. Mooi bly.