Thursday, March 19

Hou duimvas ek maak dit

Die laaste paar dae gaan dit maar dol in die Holloway huishouding, want daar word voorberei vir ons jeugkamp dat die sand sulke stofwolke in die dorp waai! Julle weet mos wat gaan gepaard met 'n kamp, eers die bekommernis oor die min inskrywings en dan die blydskap vir die optel in getalle en dan die stres oor die teveel kinders en min spasie! Maar is dit nie 'n lekker probleem nie?! Na verlede jaar se 66 jeuglede wat gaan kamp het, staan die inskrywings vandag op 86 Suid-Afrikaanse kinders bo 10 wat more vir 3 dae 'n kerkkamp in Sharjah bywoon. Ons tema is Soldate vir Christus en ons is opgewonde en sien uit na alles wat voorle. Wees verseker ons gaan al die hoogtepunte en laagtepunte hier en op die kinderblog sit! Maar dink aan ons, want gister het die temperatuur so gelyk en die lente begin amptelik eers Saterdag! Dit gaan warrmmmmm wees!

As ons dit maak, praat ek weer in die nuwe week met julle! Geniet die naweek!

12 comments:

Jan and Miekie said...

Ag julle moet sommer baie lekker kamp! Hoop dit koel 'n bietjie af daar! Raak 'n mens ooit gewoond aan die hitte? Hier is die weer deesdae heerlik met heelwat sagte reen. Salig!

Nimsi se Blog said...

Sterkte met die hitte. Seen vir die kamp!
Nimsi

Anonymous said...

Haai jitte!!!! Baie, baie sterkte!! Mag die Here julle kamp uit sy sokkies uit seën!!

Anonymous said...

Sterkte ... en mag die Here julle kamp seën!

Anonymous said...

Lekker kamp! en dis nie die temp wat my so erg pla maar die min diesel...??!!

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Julle moet die kamp geniet!! Baie bly om te hoor dat daar soveel jongmense op die kamp gaan wees.

Ronelle, ek stem nogal saam met jou, ek was ook maar bietjie bekommerd oor daai laagtepunt in die brandstoptenk :-)

Anonymous said...

Nee wat ouens, het toe darem die vulstasie veilig gehaal. Hier is mos omtrend elke 500 meter een, so nooit regtig 'n ernstige probleem nie.

Sandra said...

Mens pas nogal aan Miekie, maar mens onderskat die son/hitte nog partykeer soos ons die naweek gedoen het.

Dankie Nimsi en die kamps was so 'n groot blessing.

Dankie Pikkie en Paula, Hy het!

Sandra said...

Brawe niggie wat kans sien vir die hitte, wanneer kom jy kuier? Is dit nie nou tyd vir 'n April kuiertjie nie? :-)

Beatrix jy weet mos hoe lank is die toue by die vulstasies :-). Ons het amper 90 kinders op die kamp gehad!

Muriel said...

Daar kom die hitte weer! Sterkte!
Groete en liefde vir almal (Spesiaal vir Nelmari ;) )
Wanneer kom julle nou weer kuier, ek verlang!
x x

Charmaine said...

En toe is dit maar vrekwarm op die kamp, maar genadiglik was die aande koeler... ek sien uit na jou terugvoer oor die kamp maat... check of jy alles vertel :-)

Anonymous said...

Ag, ek hoop dit het skitterend afgeloop!