Thursday, March 5

Vir die vroue

Ek kom op hierdie beriggie in die plaaslike koerant af wat lees ....

"Creativity knows no limitations. This was aptly demonstrated by the trendy creations seen on the ramp at .... fashions." en net so 'n entjie verder "Swarovski elements blends tradition with style to present the latest collections of shaylas and abayas by leading designers and labels from the region.


'n Abaya is die nasionale rok van die meeste vroue in Arabiese lande die UAE ingesluit. Die "oorrok is tradisioneel swart en mag beinde 'n groot vierkant materiaal wat oor skouers en kop kom of 'n lang swart oorrok. 'n Abaya bedek die hele lyf, behalwe die gesig, voete en hande. Dit kan met 'n 'niqab' (swart veil oor die gesig) gedra word wat net die oe laat uitsteek.
Dan kry ons ook 'n Shayla wat 'n lang reghoekige serp is wat deur Muslim vroue gedra word. Hulle draai dit om hulle kop om die hare te bedek maar nie die gesig nie. Die shayla verskil van die hijab in beide die manier wat hulle dit dra en die vorm van die materiaal. 'n Tipiese shayla is 3vt in lengte en kan verskeie kere rondom die kop gedra word om die kop en nek te bedek. Die shayla is baie populier in die Midde Ooste en kan ontwerp word om by 'n spesifieke ontwerp te pas.
Terug na die modevertoning. Hulle skryf verder dat die ontwerper ...

".designer's creations beautifully combined the grace and elegance of the traditional Arabian shayla and abaya with international runway trends. " Verbeel jou jy stap by 'n modehuis in met rye en rye swart rokke .... watter een sou jy kies .... of liewers hoe sou jy een kan kies?

15 comments:

Muriel said...

Ek is mal oor swart! Dis verslankend!!! hie hie

Ek sal moeilik kies Sandra, hierdie foto's is vir my almal mooi! Net jammer ek sal dit nie hier by ons kan dra nie!! Die mense sal dan regtig begin twyfel, as ek nou al die klere ook dra! Die huis is al klaar vir hulle een te veel!!

Lekker dag
x x

Thea said...

LOL @ Muriel!

Oe wow!! Ek's mal oor swart met goue bykomstighede! Ek sou heel moontlik vir die uitrusting heel onder links gaan maar sal eerder 'n tuniek verkies met 'n langbroek met pype wat klok. As ek 'n shayla moet dra sal dit van chiffon moet wees. Ek kan ook nie sien watse skoene hulle hierby gedra het nie, maar 'n paar goue sandale daarby sal nice lyk!

Ja, ek sal ook nie hier so iets dra nie, maar ek sal dit nogal daar by julle dra na 'n "do" toe! Hulle sĂȘ mos: as jy in Rome is, maak soos die Romeine! :-)

Jy sal maak dat ek my masjien uithaal en begin klere maak Sandra! Ek is hoeka al lus vir 'n nuwe swart nommertjie!!

Sandra said...

Muriel jy moet ook onthou dat die toe swart rokke ook nog die vroue "aantreklik" laat lyk vir die mans!

En waaraan sal die mense twyfel Muriel :-)?

Thea ek kan my oe nie glo nie, ek dog julle sal almal met my saamstem oor hoe boring dit moet wees om dieselfde kleur rokke te dra en hier raak jy so opgewonde dat ek weer na die foto's moet kyk?!

Thea said...

Hehehe Sandra! Skuus ek nou 'n dom vraag vra... is dit AL wat die Moslem vroue daar dra? Swart, elke dag?? Nee gits, ek sal darem nie ELKE dag wil swart dra nie. Sal mos depressief raak! :-)

Ek het eintlik bedoel ek sal so 'n tipe uitrusting vir die snaaksigheid na 'n aand geleentheid toe dra.

Muriel said...

Whahaha Thea hier raak ek en jy in vervoering oor die swart rokke!!! Ek picture myself al oppad na 'n "do" toe in Abu Dhabi!!! Op 'n pragtige swart Kameel .....(Die rok op die onderste foto - regs)
..... Sorry Sandra *bloos*

Nee ek sal nie elke dag swart kan dra nie, ek dink ek sal ook dep raak!

Sandra jy weet mos hoe lyk my huis, vol kamele, die matte, etc etc.. ek kort nog net die regte kleredrag!!
Hulle sal twyfel en dink ek is dalkies 'n Sheika in ballingskap! LOL

Lekker naweek!!

retha said...

Ek dink muslims is soos die africans hier, mens kan net bietjie begrip he van hoe hul dink as mens saam met hul gebly het. Miskien daarom dat die swart klere vir party mooi is en vir ander onsinnig lyk.

Sandra said...

O nee Thea hierdie vroue dra die mooiste ontwerpers klere onder daardie swart klere - en net hulle mans mag dit sien! En die skoene ... die nuutste, beste en mooiste!!

Muriel jy moet weet hier is winkels wat net swart rokke verkoop - kan jy jou indink daar staan en wonder hmmmm watter rok sal dit wees?

As jy 'n swart rok op 'n swart kameel moet dra sal ek gaan vir blinkertjies ook want hoe gaan die mense jou raaksien :-)

Retha behalwe dat die rokke as 'n "enigste oplossing" destydds in die woestyn begin het, is dit ook deel van hulle "geloof" dat almal dieselfde moet lyk, ryk of arm en gelyk moet wees. So aan die buitekant lyk almal dieselfde - maar met die ontwerpers swartrokke is dit ook aan die verander.

Charmaine said...

Ja almal moet dieselfde lyk... dit was die oorspronklike idee, maar die abajas is so mooi dat ek ook maklik onder so iets kan wegkruip.... ek het dit al baie oorweeg as ek so voor my kas staan en die klere wat nie vuil is nie is te klein en daar bly nie eintlik iets oor om te kies nie. Ek hou nie van swart nie, maar ek sal hou van maer lyk... nee, maer wees :-)

Anonymous said...

Ek het al vir nuuskierigheid in een van daardie winkels in gegaan daar by die Abu-Dhabi mall, en behalwe dat alles regtig waar net swart is, en dit nogal oorweldigend kan wees, kan mens nie dink dat mens vir so 'n stukkie swart lap enige iets van 200aed tot oor die 3000aed kan betaal nie. Toe wonder ek in my onkunde of daardie bietjie blink dalk regte goud en deamante is, maar ekt maar nie durf vra nie.

En dan kom jy op die strand... en jy sien dat hulle met die hele Abaya swem,- dan kan mens nie anders as om te wonder hoeveel daardie een gekos het wat hulle nou in die see water verniel nie...

mariki said...

Joe, daardie modelle lyk asemrowend mooi! En die verskillende style....allerpragtigs.

Dankie Sandra, lekker gekyk.

Anonymous said...

Of wanneer mens op die pad ry want as mens daai swart doek oor jou kop het mag jy mos bestuur soos jy wil.

Mariette ek dink op party rokke is dit die ware jakob. Het jy gesien dat die vrouens nou ook hulle voorletters of naam in "goud" laat borduur? Ons skool se "seniors" (matrieks) het vanjaar op hulle abajas laat "seniors 09" borduur:-)

Mariki mens raak so gewoond om die swartrokke te sien dat ons partykeer die mooies miskyk. Die mans is ook besig om by te kom en hullr rokke begin al kleur kry.

Anonymous said...

Ek sou nogal daarvan gehou het ... om my hele lyf weg te steek.

Desire Fourie said...

Swart bly maar vir my die vlyendste kleur wat heelwat foutjies/rolletjies kan wegsteek. Hierdie modelle is pragtig. Dankie ook weereens vir die storie agter die storie ... baie insiggewend. Mooi bly.

Sandra said...

Paula ek dink ook dit kan lekker wees.

Desire ek dink net swart is baie warm in die somer hier.

Desia said...

Weer eens baie interessant! Ek het al baie keer gewens ek kon ook my lyf onder so 'n gewaad wegsteek!