Tuesday, March 10

Arme student maak 'n plan

Die laaste tydjie het ek vertel van oa Nelmari se sport en James se nuwe werk ens. maar dit was doodstil daar van Bloemfontein af. Gelukkig het die seun darem die skimp gesien en vir ons 'n storie met foto's gestuur. Dis in Engels so ek sal maar my eie vertaling opsit. Sondag het hy en Tessa 'n jaar uitgegaan en aangesien hy 'n platsak student is, is daar ernstig planne beraam om "iets" te doen wat spesiaal en binne sy begroting is. Nou vir die wat William ken sal weet dat hy kan nie binne sy begroting bly nie :-). Hy sou vir haar 'n ete maak ..... Die deurmekaar kamer wat ek skaars herken op die foto's is reggemaak en met kerse en blomme versier (Ek vermoed 'n dankie moet hier aan Leane ook gaan vir hulp en foto's). Na alles mooi gemaak is en die kos klaar was is Tessa gebel om "sirkus" toe te gaan - dit is naby die studentehuis en sy sou niks vermoed nie. Moes natuurlik eers by die huis stop waar sy verras is. Ek dink die skoon kamer was ook 'n verrassing.... Daar het sy haar presentjie en roos gekry voordat die kos bedien is. Die man sny die hoender en skep in. Het self 'n haarsny gehad sien ek. Ek sou graag wou weet hoe die kos en slaaie gesmaak het seun. Blykbaar het Sabeeha alles mooi dopgehou en wou sy glad nie die "restaurant" verlaat voordat daar klaar geeet is nie.

Wat het toe gebeur met die planne vir die sirkus seun?

10 comments:

Anonymous said...

Mooi werk Frikkie, ek is seker daardie boeremeisie was sommer baie beindruk met jou oulike beplanning en lekker kos.

Charmaine said...

William jy is sommer baie oulik .... en wie wil nou sirkus toe gaan as mens so 'n romatiese vriend het en sulke lekker kos het om te eet. Baie geluk aan jou en Tessa :-)

Anonymous said...

Dankie, en ma my kamer is nie altyd deurmekaar nie.. Die kos was baie lekker dankie!!

Nimsi se Blog said...

Sy is inderdaad n gelukkige nooi met so n romantiese ou!Ek glo die kos was heerlik William en ek hou van jou nuwe haarstyl.
Nimsi

Anonymous said...

Maat jy weet die hele UAE gaan die naweek sirkus toe dan vra jy wie wil nou sirkus toe?

Plesier seun!

Ek hou ook van die korter hare Nimsi ;-)

Anonymous said...

Awww William!
I'm glad you spoiled her (and that she hasn't left you yet!...jk). Enjoy your new job and wish me luck this weekend :D

Thea said...

Nice William!! Tessa is 'n gelukkige meisie!

retha said...

Is dit nou n geval van n boer maak n plan of is dit n man wat die meisie wil beindruk.
As sy nie was nie dan moet iemand haar net reghelp.

Anonymous said...

William, jy moet nie dat die mense jou laag skat nie my seun. Ek herken daai boksie op die tafel wat al in Desember hier in Abu Dhabi sy "binnegoed" gekry het!

Het Tessa toe van die ring gehou?

Anonymous said...

Sussie jy wil nie eers weet wat sy vir hom gegee het nie?

Ek dink natuurlik ook so Thea :-)

Miskien altwee Retha