Sunday, March 22

Ons oorleef die hitte

Wat 'n geseende kamp het ons die afgelope naweek beleef! Selfs die weer het saamgewerk en alhoewel dit gedurende die dag kokend warm was, was dit saans wonderlik. Op die kindergroep blog sal daar vir hulle hierdie hele week foto's en stories wees oor die kamp, so loer gerus in om te kyk na al die blessings van die naweek. 'n Totaal van 86 kinders en 12 volwassenes was op die kamp en glo my elkeen moes sy/haar deel doen. Terwyl die kinders lessies en/of sport gehad het, was daar gedurig iemand wat koelbokse met ys vol drinkgoed gemaak het sodat almal genoeg vloeistof kon inneem. Hier is Greg hard besig om die bokse te vul. Nelmari siek met griep en keelinfeksie wil op niks uitmis, veral nie as dit sport is nie. Geen seuns en dogters word vanjaar op hierdie terrein toegelaat om onder dieselfde dak te slaap nie, dus het die seuns die bykomende avontuur van tente in die woestyn gehad. En hulle is ver van die hoofgebou opgeslaan. En dis werklik woestyn, kyk net hierdie besonderse foto wat James van sy voetspoor oppad tente toe geneem het. Die jongmense het ook baie lekker gekuier in "af-tydjies". Saans was die lofprysing en sang iets om te beleef en die kinders kon nie genoeg kry nie. Die seniors was voordansers en sangers tydens die sang. En het hulle dit nie geniet nie. Waaroor lag jy so Nelmari? Soggens het die twee ou tannies die wonderlikste vriendin gehad wat hulle met tee en beskuit en 'n glimlag in die bed kom bederf het. Duisend dankie vir alles wat jy so in die stilligheid vir ons doen Vicky, jy's 'n baie spesiale vriendin en ons waardeer jou. James het ook saamgekamp en het gehelp by die "sports" gedeelte. Hier staan hy met arms vol chihauhaus. Dit was Charmaine se twee honde-seuns se eerste kamp en ek's seker sy sal nog daarvan vertel. Sien Sabeeha die oubaas het nou twee ander honde ....
Vir meer oor die kamp moet julle hier gaan lees.

16 comments:

Jan and Miekie said...

Het ook op die ander blog gaan inloer. Dankie vir die lekker vertelling! Dit lyk of julle 'n lekker tyd gehad het. Ek wonder net hoe lyk die seuns se goed so in die sand? Maar dis seker nie 'n klewerige sand soos seesand nie? Sport in die hitte! Dapper mense!

Desire Fourie said...

Dit foto van die voetspoor in die sand is reg iets anders. Dit lyk so 3-deminsioneel. Mmm al daardie chihauhaus lyk na 'n heerlike handvol! Mooi bly.

Nimsi se Blog said...

Dankie vir die vertelling Sandra! Die voetspoor foto is iets baie besonders! n Klompie pragtige jongmense daar bymekaar. Hoop Nelmari se griep en keel is sommer gou beter.
Nimsi

Charmaine said...

Die hondeseuns het dit inderdaad baie geniet... en ek is jammer ek het nie meer plek om hulle so vry te laat rondharloop nie. Dis so spesiaal om met hierdie wonderlike kinders te kan werk en saam met sulke wonderlike vriende... maat jy het jou knap gedra. Jou vermoe om te organiseer en beplan en te lei dwing bewondering af.

Yannis & Zanke - Lotman Twins said...

Dit is fantasties!! Hoop julle kry kans om te rus hierdie week.

Dit is voorwaar wonderlik wat julle vir ons kinders hier doen!

BAIE BAIE BAIE DANKIE!

Groetnis
xx

Sandra said...

Nee klewerig nie nee Miekie, maar sanderig ja. Alles was vol sand maar die seuns het dit uitstekend hanteer.

Die kinders was mal oor die brakkies by die kamp Desire.


Nelmari is nou al twee dae by die huis en begin so effens beter voel - dis 'n lelike griep hier en so baie mense het dit. Dankie Nimsi!

Sandra said...

Dankie maat! Dis lekker om te weet ek het mense rondom my wat enigetyd kan help en instaan soos en waar nodig. (Sal jou die hondefoto's laat kry)

Plesier Beatrix, dis 'n groep wonderlike jongmense. Kan nie wag om die tweeling op die kamp te he nie :-). Dink jy Yannis sal sy fiets onthou :-)

Thea said...

Julle doen sulke wonderlike werk daar Sandra!! Ek's bly alles het goed afgeloop! Die voetspoor foto is ook baie besonders!

Anonymous said...

Wonderlik! Ek het sommer hoendervleis gekry toe ek jou possie gelees het. Goeie werk wat julle doen, Sandra.

Almal het dit al gese, maar daardie voet-foto is REGTIG besonders!

Ninette said...

Hallo Sandra

Dit lyk na 'n baie lekker kamp. En dit is beslis 'n besonderse foto van die voetspoor.

Ek's mal oor Begeera, Luie en Pixie :)

Lekker dag en week vir jou.

Mariette. said...

Dit lyk asof julle dit baaie geniet het. En ek weet sommer dat dit geseend was. glo ou 'Nels' voel gou beter.

lekker week

Sandra said...

Thea dis so 'n lekker werk :-)

Boendoe ons is blessed om die geleentheid te he om met hulle te werk.

Ninette hulle sit nie so stil vir foto's soos jou kinders nie.

Mariette sy's vandag skool toe maar sluk nog moeilik. Dis 'n slegte verkoue in die lug op die oomblik.

Dorette said...

Kinderwerk is harde werk! Dit lyk asof dit 'n vreeslike lekker kamp was, en ek is seker ons Pa waardeer al die harde werk! Hoop julle kry darem nou 'n effense blaaskans na die naweek..

Anonymous said...

Ek voel nou skoon stupid om dit ook te sê maar jittetjie daai voetfoto is amazing!!! Ek is bly julle kamp was geseënd....

Sandra said...

Grootste persentasie van kerke onderskat kinderwerk as hulle maar net kan besef dis waar alles begin. Ons kamp was geseend en ons behoort teen die naweek die lamheid afgeskud te kry Dorette.

Ek dink self James het 'n goeie foto geneem en dit met 'n kameratjie wat hy net wou toets Pikkie.

Sandmensie said...

Ai baie dankie Sandra,jy en Charmaine werk so hard en dis die minste wat ek kan doen ..sal julle enige tyd meer wil bederf!Kan nie glo dis al 6 jaar terug wat julle so diep in my hart ingekruip het nie!
Liefdetjies Vicky