Ek ontvang 'n epos van Ronelle waarin sy se "My kinders is terug, ... die huis is stil en leeg" 'n dag nadat ek vir William moes totsiens se vir nog 'n jaar in Bloemfontein. Troos mysef dat James darem een van die dae kom kuier maar weet ook dat noudat hy klaar geswot is, begin hy sy eie lewe waar kuiers "huistoe" nie so gereeld sal wees nie. Ek lees lekker aan baie jong mamma's se blogs waar hulle vertel hoe die kinders groot word en ontwikkel en elke keer vat dit mens terug na toe die kinders nog klein was. Dan dink ek aan die kort vakansietjie wat ons oor Desember gehad het en hoe lekker dit vir my was om saam met die kinders te kuier en weer 'n nuwe maar tog ou kant van hulle te leer ken. Alhoewel hulle nie mal is dat die mamaratzi van alles foto's neem nie, en dat in hulle woorde "mense wat ons nie eers ken nie, alles van ons weet", verdra hulle dit tog - nie altyd op dieselfde manier nie. Partykeer is hulle sommer net verspot en klein Kosies...en ander kere dink ek maak hulle planne hoe om van my kamera ontslae te raak.Maar al probeer hulle groot wees, raak hulle nog steeds opgewonde oor geskenke, veral as dit 'n nuwe foon is waarmee hulle met die meisie kan praat. Ons het lang tye van die een kuierplek na die ander op die pad spandeer en alhoewel liedjies soos "In the jungle" van Lion King nie meer op die motor-toptreffers is nie, het hulle my wat lank uit die land is, bekendgestel aan nuwe Afrikaanse musiek. Daar is saamgesing en moeg geraak vir die liedjies. Nuwe danse is bespreek en selfs in 'n klein motorspasie gedemonstreer. Af en toe is daar na mekaar gehap op die agterste sitplek en dan James se kommentaar "ek dink die suikerinhoud is nou verbrand" wat dit kon beteken asseblief stop vir iets om te eet. Ons het saam met familie gekuier wat van hulle weet maar hulle nie ken nie - en dit was lekker vir my dat die kinders ook "stories" en "staaltjies" direk uit die storiemakers se mond kon hoor. Ons het politiek gesels .... oor die nuwe partye en wat nou eindelik die ideale party sal wees vir ons land en sal help om van die krisesse te verbeter. Lekker vir die ma hart dat alhoewel hulle 'n klomp jare in die buiteland skool gegaan het en miskien daar sal moet werk ook, ons mooie land Suid-Afrika steeds hulle plek ook is. My kamer, badkamer en spieels was nie my eie nie want daar was raad gevra en klere bespreek. Die kinders word groot want "ou" klere (wat al gedra is), kan gedra word en ons hoef nie in die winkels rondtehardloop op soek na nuwes vir 'n troue nie. (Dis nou Nelmari uitgesluit) Alhoewel ek gekla het oor die vol kamer en besprekings vir my badkamer, was dit lekker om hulle so rond te he. En dan is hulle weer op hulle pos vir 'n foto vir mamaratzi sonder om te kla met 'n verspotte pose sonder dat ek vra. Dankie julle drie vir 'n heerlike kuier en dankie dat julle net soos ek opgewonde raak oor al die mooi plekke in ons landWilliam het natuurlik saam teruggevlieg en bietjie hier gekuier wat heerlik was. Met ons klein besoekertjies was hy 'n ster en het baie geduldig vir my rondgery en vir hulle daar gewees en ALLES saamgedoen. Swem, bowling, speletjies, bou, waterpark, ski en selfs golf. En al die pastas wat hy vir die twee gemaak het wat nie vleis eet nie.
Hulle was baie bekommerd oor William se "swaai" en het gedurig probeer raadgee maar hy het besluit dat hy maar soos Gilmour sal golfspeel. Die laaste aand voordat hy terugvlieg wou hy ook by die vleis-restaurant (wat hy op 'n vorige bloginskrywing gesien het) gaan eet en het hy die verskillende vleise maklik kafgedraf. Dit was lekker om jou by die huis te he seun en sterkte vir die nuwe studiejaar! Sien jou een van die dae James!
16 comments:
Vandag ken ek daai gevoel so goed. Ouboet vat vandag vir sus koshuis toe, en more begin die skool weer. Die huis, wat gister nog so bedrywig was, staan nou stil en leeg. Boohoo...!!! Ek mis my bloedjies!
Mmm ... 'n mens kan die Mamaratzi se verlange so tussen die lyne raaklees. Eks mal oor die 007 pose. Moenie te veel verlang. Mooi bly.
Ai Sandra kry ek nou so n knop in die keel.Sterkte vir jou sonder die twee seuns. Mooi leer William!
Nimsi
Sterkte vir jou ook boendoes!
Sjoe Sandra, hoe vang jou eerste sin my onkant en sit ek met oe vol trane oor my kind daar in Dubai :-(
Gelukkig is Hennik nog hierdie week met vakansie en hou hy my goed besig met sy hit-'n-run toere om die hartseer-ma-hart bietjie te laat vergeet van die verlange...
En dit op dag een Boenoe. Siestog sterkte vir jou en vir hulle wat seker vir mamma net so mis!
Gelukkig is daar nou tegnologie soos rekenaars en fone vir gereelde kontak. En dis nie 'n 007 pose nie Desire dis Charlies Angels :-) (so se hulle elk geval vir my)
Dankie Nimsi. Ek's net bly ek kry hulle so in paaiemente om te kom kuier!
Verstaan PRESIES wat jy deurmaak.
Lekker aan die foto-opstel gelees. Hoe bevoorreg tog was julle met die vakansietjie.
Sterkte, hoor.
;n Mens se kinders bly darem jou kinders - maar ek wens hulle nie weer klein nie! Elke fase van babatyd tot self ouers word is spesiaal. Se vir die kinders, dis vir "vreemdes" lekker om die lewe deur hulle oe te sien.
Ronelle ek wil AL julle foto's van die hit-and-run toere sien!
Dit was 'n lekker kuiertjie dankie Mariki.
Ek sal hulle nie ook weer klein wens nie Miekie, daarom is daar mos kleinkinders eendag :-)
boooohooooo van nog 'n ma wat ver is wat haar kroos mis...:-(0
BOOOOHOOOOO En nog een...-al bly hy net in Wellington wat 45min met n vliegtuig is sien ons hom ook maar net een keer n jaar. Dis die gevolg van grootword. Dink ek praat meer met die een in London, UK as die een in Wellington,NZ.
Annie
Nee ma wees is nie vir sissies nie!!!
Jongste maak ook die jaar klaar met studies en dan gaan nog een vlerke sprei!!!! My booo hooo beurt gaan kom. *grin*
Ek hou nog steeds van die Charlie Angels pose!!
Hallo Sandra - ek het net gou terug kom "hallo" se. Wat 'n lekker gesels-blog - ek sal beslis weer kom inloer.
Ek het so baie om in te haal! Ek dink ek moet ook so probeer golf speel...Ek sal dit liewer nie weer probeer nie, ek beseer myself net!
Ek weet ek moet ook die tydjie wat myne nog in die huis is geniet, want dis nie meer honderd jaar nie, dan's hulle ook weer uit. Die 2 wat nog in die huis is, praat klaar van op hulle eie gaan.
Ja Sandra, mens moet maar die beste maak van die tydjies wat mens saam met hulle spandeer né! En dié kan ek sien, doen jy beslis!!
Maat maar jy gaan 'n dosyn kleinkinders he :-).
Sterkte Annie!
Annie en Charmaine waar is die dae toe al kindertjies daar in Garsfontein rondgehardloop het?
En hoekom lag jy vir ons Muriel? ;-) Ek stem ma wees is defnitief nie vir sissies nie.
Ninette dankie vir die inloer!
Welkom terug Kaalvoet ek hoop jy het jou vakansie in SA geniet.
Hou van die nuwe foto Thea! Met 'n tweeling verloor mens sommer twee op een slag, sterkte!
Post a Comment