Friday, February 1

Weer is lekker onstuimig

Vandat ek terug is vra Suid-Afrika het ek behoorlik winterweer in die gewoonlik warm woestyn, maar gister was die kersie op die koek. Ons het 'n Shamal wind (van die woestyn) gehad wat erg verwoesting in die dorp gesaai het.
Die paaltjies lĂȘ omgewaai en kyk net hoe staan daardie bome windskeef op die linkerkant.Ons moes tienuur in Dubai wees vir 'n vergadering oor die jeugkamp later die maand en dit was verskriklik moeilik om op die pad te wees. Die sig was swak, die wind was sterk en die sand was iets ysliks. Dis so al asof die woestynsand alles weer wil toewaai. Die advertensieborde langs die pad is ook in flarder geruk en dis koud! Julle ouens wat binnekort hierheen kom, Siegried, Mariette en klein Christiaan glo dit as julle wil, maar julle moet bietjie warmgoed ook saambring.

1 comment:

Anonymous said...

Hi daar Sandra&Familie!!
Dit lyk omtrent koud, en ons het juis die week omtrent al ons warm goed weggepak, maar baie dankie vir die waarskuwing! Ons vat nie grond nie, besig om al die laaste reelings te tref en dinge te finaliseer. Sien nou uit om daar te kom.Groete tot later! Sieg en Familie