Ek het al baie kon vertel van ons vroue studiegroep se lekker kuier en pret rondom die scraptafel en hierdie keer was dit 'n stil kuier en pret. Ons scrap onderwerp "Freedom in Christ" en terwyl elkeen van ons dit probeer uitbeeld met ons papier en in ons kop, kan mens aanvoel hoe die onderwerp elkeen van ons raak. So is ons prente dan ook heeltemal uiteenlopend want elkeen van ons ervaar of het ons vryheid in Hom anders ervaar.



Die wonderlikste van alles is, ons is VRY! Dankie Vader dat U ons vrygemaak het van ons sonde!
Vanaand scrap ons die tema God's World.
Die Dubai Mall se vloeroppervlakte is iets ysliks. Dis gelykstaande aan 50 sokkervelde met 'n totaal van 1200 winkels as almal nou eendag oopgemaak is. Dis eintlik 'n mall in 'n mall omdat daar verskeie "fokus-punte" is.
Ek vermoed dit sal ook net hier duskant 'n plaas se prys kos. 

Die dekor is iets wat mens net na kan kyk en kyk en kyk.
Die ysskaatsbaan is op Olimpiese standaard en daar kan 2000 mense met gemak terselfdertyd op hom skaats.
Nog 'n bietjie van die visse en seelewe .... 
Dan kry ons ook 'n Shayla wat 'n lang reghoekige serp is wat deur Muslim vroue gedra word. Hulle draai dit om hulle kop om die hare te bedek maar nie die gesig nie. Die shayla verskil van die hijab in beide die manier wat hulle dit dra en die vorm van die materiaal. 'n Tipiese shayla is 3vt in lengte en kan verskeie kere rondom die kop gedra word om die kop en nek te bedek. Die shayla is baie populier in die Midde Ooste en kan ontwerp word om by 'n spesifieke ontwerp te pas.
Terug na die modevertoning. Hulle skryf verder dat die ontwerper ...
Verbeel jou jy stap by 'n modehuis in met rye en rye swart rokke .... watter een sou jy kies .... of liewers hoe sou jy een kan kies?