Friday, February 8

Verjaarsdagete

Dis ook nou al 'n lang tydjie terug ...  
2631759-Hyatt-Capital-Gate-Abu-Dhabi-Hotel-Exterior-1
Nelmari het met haar kuiertjie hier so graag by die "skewe-gebou" gaan eet het en daar was net nooit 'n geleentheid nie.  Dus was dit die regte plek om te eet met my verjaarsdag, al was ons nie voltallig nie.
DSC_0306

Die restaurant is in die middel van die gebou, maar tog het ons 'n goeie uitsig op die besige strate van Abu Dhabi gehad. 

DSC_0309
Met al die lekker reen wat daar heeldag was, was dit gelukkig nie bewolk nie.

DSC_0312

Hier kan  mens sien hoe nat die paaie is.  Dit is 30ste straat wat lekker besig kan raak en as jy met hom afry kom jy tot aan die onderpunt van die eiland by die Cornish uit.
DSC_0320

Dankie julle vir die saamkom en al die lekker bederf op die dag, en die Sondagaand!  Ons sal weer gaan as William en Nelmari weer hier is :-).

3 comments:

retha said...

Altyd goed om 'n bederf to ontvang, om die ontvanger te wees en dit te herken en erken, is net so wonderlik vir hul wat dit gegee het.

Darem mooi om baie liggies so uitgetrek te sien.

Ps. Hoewel soos mostert na die maal, geluk met die verjarsdag.

retha said...

PPS. Die mostert was nie met opset genoem met jul maal nie. Dit het dalk my brein laat werk.

Carlien said...

Hi daar!
dankie vir jou comment op my blog, sal jou graag wil 'invite' as jy nog wil lees daar.. maar ek het nie jou epos adres nie!
Kan jy my laat weet wat dit is as jy belangstel. Skryf vir my by: carlienmg[at]yahoo.com
... en dan hoef jy nie hierdie comment te publiseer nie :)
blessings!
Carlien van A Thousand More Words