Soos in baie jare vantevore, word James en Elriza se verjaarsdag saam gevier.
Baie jare terug toe hulle 21 geword het, het ons dit op 'n boot langs die Cornish gevier en vanjaar het ons gedink, dit sal dalkies weer 'n goeie idee wees.
Was baie lekker om William ook vir die aand saam met ons te he. Hier wag die ou vir die ander om te kom.
Vanaand was 'n vaste spyskaart, en die kos was baie smaaklik. Baie tradisioneel van hierdie land en Lebanees.
Intussen is die dhow ook besig om langs die Cornish af te vaar en die groot vlag lyk mooi so in die lig.
Na ete gaan sit die klompie buite en geniet die vaart.
Die verjaarsdag twee het dieselfde pose as 8 jaar terug, net sonder die koek :-).
Die verjaarsdagman James en Leane na die tyd.
Die verjaarsdagmeisie en haar ma Charmaine en William.
Die jong klomp ... heerlike aand saam met hulle gewees!
No comments:
Post a Comment