Friday, November 27

Dis heerlike winter

Die weer begin nou mooi saamspeel en terwyl ek skryf op hierdie Vrydag Sondagoggend is dit 'n koue 22 grade wintersoggend. En winter beteken mens kan half bietjie buite begin leef. So het ons dan ook verlede week die SA kerkjeug vir 'n uitstappie na die waterpark geneem en dit was vet pret.

Page2

Op die bus was dit omtrent 'nvrolikheid en Charmaine en Corinne was meer as gewillig om vir my 'n "pose" te gee. Terwyl ons vir die kinders van die ander emirate by die hek gewag het, het ons Abu Dhabi se kinders solank ingestuur om plek te kry. Ek was nie verras om 'n paar minute later net 'n hoop handdoeke en sakke te sien sonder kinders nie. Hulle was daarop uit om my en veral die kamera vir die dag te vermy. Gelukkig het ek hulle gevang waar almal op die lazy river hop vir 'n rit deur die park.

Page4

Dankie tog vir die "Sandlanders" van Al Ain wat nie meer so klein is nie en heeltemal gewillig vir foto's was. Celandre en Celine word groter elke keer as ek hulle sien en hulle het omtrent die waterritte geniet.

Page1

Natuurlik moes Corinne ook deurloop onder die kamera en veral hierdie rit waar sy en Hermien met 'n stinkspoed afgekom het was 'n uitstekende geleentheid. Kyk bietjie hier na nog foto's van die kinders en park.

Page5

Nelmari wat glad nie afgeneem wou word nie, het lekker saam met die ander snr tieners gekuier en die mamaratzi soveel moontlik probeer vermy - nie dat dit enigsins moontlik is nie :-)! En soos gewoonlik het die park se katjies vinnig gesien waar hulle bietjie aandag en liefde kan kry.

Die dorp het groot planne vir die week .... hou hierdie spasie dop!

Lekker naweek!!

8 comments:

Anonymous said...

Lekkerrr! Ek's nou ook sommer lus om weer 'n supertube aan te durf. Laat hulle ou tannies daarop toe? ;-)

Sandra said...

Ou tannies soos in oor 70? Miskien nie, maar ons jonges word nog beslis toegelaat. Hulle het hope familie-rides :-)

Sonja said...

Dit lyk na groot groot pret! En is dit nie wonderlike winter daardie wat lyk vir my soos ons lente is nie!

Charmaine said...

Dis heerlik by die waterpark. Defnitief 'n plek waarheen die kinders geneem sal moet word as hulle kom kuier. Sal moet plan maak.

Sandra said...

Winter is meestal lekker in die koel 20tigs Sonja net jammer dit hou net 'n paar wekies.

Ons sal 'n plan moet maak maat. Dink jy ons sal ook swem?

Nimsi se Blog said...

Hallo Sandra net gou kom opvang hier by jou. Geniet julle winter en groete daar.

Thea said...

Gee my enige tyd so 'n winter! Dit lyk na vet pret!!

Sandra said...

Hi Nims lekker om van jou te hoor en dankie vir die inloer. Dink aan julle! Liefde

Dis gewoonlik die beste weer van die jaar Thea en 'n goeie tyd om hier vakansie te hou :-). O ja en die waterpark is groot pret.