Sunday, May 29

‘n Lekker nuwe ontwikkeling


Die naweek weer in Dubai gewees. Het die laaste tyd soveel gehoor in die nuus, tydskrifte en by mense hoe stil Dubai nou is .... wens ek het geweet watter paaie hulle ry, want ons het maar redelik die normale malhuis verkeer op hulle paaie gekry. Dis wanneer mens deur Dubai ry dat jy weer van vooraf waardering het vir Abu Dhabi se beplanning.


Page6


So 'n week of twee terug gehoor van die nuwe sport resort wat hulle behoorlik onder my neus gebou het en natuurlik moes ons gou gaan kyk want die tieners en jongmense soek 'n plek vir 'n uitstappie. En watter aangename verrassing was dit nie. Dis nog nie 100% klaar nie, en het slegs 'n "soft" opening maar ek kan al klaar sien dat hier nog baie gekuier gaan word.


Page1


Ons eerste besoekpunt was een van die skietbane. Die nuutste tegnologie word gebruik op die professionele skietbaan waar hulle selfs skietlesse aanbied en vuurwapens verkoop. Dit gaan natuurlik deur die proses van polisiegoedkeuring, maar die baan bied selfs persoonlike kluise waar die wapens gehou kan word. Elriza het hier 'n bietjie die laserbaan gaan uitprobeer en dit was nogal groot pret. Pyl-en-boogskiet bane word ook nog op die oomblik gebou.


Page2


Die tweede stopplek was die go-karts wat 'n volledige 18 sirkel baan het waar mens kan rondjaag in motors van verskillende kragsterkte. Streng maatreels word hier toegepas en mens moet eers 'n aantal veilige rondtes met die kleiner motor doen voordat jy kan aanbeweeg na die groot perde. Die baan het selfs 'n pawiloen vir die wat wil kyk en aanmoedig. Mens kry die regte klere en valhelm om erg professioneel te lyk wanneer jy jaag. Hierdie lyk na iets wat ons tienerseuns sal wil doen.


DSC_0022


Ons het heeltyd gedink dat paintball heelwaarskynlik die aktiwiteit sal wees wat ons kinders voor sal gaan, en kon heerlik rondkyk by drie van die vier bane wat reeds oop is. Hierdie buitebaan met spreiligte as mens in die aand wil speel, is ook die een wat kompetisies aanbied en waar spanne mekaar uitdaag.


Page3


Die Pacific World War 2 baan is ook verskriklik oulik. Ons toer het op dieselfde dag as die plaaslike koerante geval, en omdat ek met die kamera rondloop is ons orals toegelaat wat nogal lekker wees. Hulle wou net heeltyd weet in watter koerant hulle foto's gaan verskyn :-).


Page4


Ek het gedink die Wilde Weste se baan is die oulikste. Die kinders gaan verseker 'n fees hier he en met baie bloukolle wegstap.


Page5


Dan kon ek nie glo dat hulle sommer hier onder my neus twee varswater "lakes" gebou het vir die watersport nie. Hier kan daar allerhande watersport beoefen word en daar word lesse gegee as mens nou nie heeltemal dit self kan doen nie.


Bo en behalwe al hierdie goed is daar 'n equestrian baan waar perdry lesse aangebied word en selfs show jumping. Kleinduif skiet bane word ook ontwikkel saam met 'n offroad circuit vir motors. Daar is 'n swembad, gim, tennis-, volleyball en basketball bane en sokkervelde. Ek klink miskien soos 'n advertensie, maar julle moet weet hierdie plek wat baie baie groot is, is sommer so op my voorstoep gebou sonder dat ek dit geweet het. Ek weet net dat die kinders beslis hier gaan uithang.


Geniet julle laaste rusdag!


7 comments:

retha said...

Dit val my altyd op hoe skoon en netjies die geboue daar is. Ek kan sien dit klink snaaks, miskien moet ek se die lyne van die geboue gee daardie gevoel.

Weet jy 'wie' is die perd en/of ruiter?

Sandra said...

Jong ek het nou na die foto probeer kyk en het nie die gesig herken nie, sal heelwaarskynlik een of ander sheikh wees wat op die perd sit. Hulle is baie goeie ruiters. Sal bietjie uitvind

Thea said...

Sjoe daar is lyk my net nie 'n einde aan hierdie ouens nie. Voel dit nie al partykeer vir julle dat die keuse net te groot is nie? En die spoed waarmee hierdie plekke verrys is vir my net ongelooflik!! Die "landscapes" verander die heeltyd! Hoe dit ook al sy ek glo die jongmense gaan BAIE beindruk wees met hierdie plek!!

Sandra said...

Thea na al die geboue wat so opgaan is bietjie "Sport en Ontspannings" geriewe nogal lekker. Ek is doodseker die jongklomp gaan dit plek opgebruik ... maar daarvan sal julle hoor :-)

William said...

It looks so much fun, I can't wait to go try it all out.

Sonja said...

Dit lyk omtrent na n plek wat die kinders sal geniet!

Sandra said...

Ek is seker jy gaan dit uitprobeer en probeer opgebruik seun!

En die ouers Sonja :-)