Monday, June 23

High tee op vloer 74

Om na klomp jare in die land nog nuwe plekke te sien en ervaar bly 'n groot lekker en met Elriza se verjaarsdag wou die vroue iets nuuts probeer.  
Page1

Onder groot geheimhouding is die high tea op 'n baie hoe plek gereel en sy het nie eers 'n klein bietjie snuf in die neus gekry nie.  Toegegee ek moes oppad soontoe 'n paar wit leuentjies vertel, maar alles deel van die fun. 
Page2
Die tee en kuier saam met die jong klomp was lekker, maar ek het dit ook geniet om te sien hoe die dorp die laaste paar jaar verander en gegroei het.  Mens kan terugkyk en se "ooo daar was die Ladies Club" of "oooo daar het die kinders vlieer gevlieg jare terug" en nou is dit net 'n gewoel soos hulle nuwe plekke bou. 
Page4

Met al die water/see kan mens eintlik nou regtig sien dat Abu Dhabi die dorp op die eiland regtig omring is met water.  
Page5
En om te dink daai eiland waarop die groot mall gebou is, was destyds net see en dis mensgemaak.  
Page3
En intussen het die verjaarsdagmeisie dit baie geniet!   
DSC_0212
Die 74ste vloer en hoogste uitkykplek in Abu Dhabi, is beslis die beste plek om 'n high tea te hou.   Was baie lekker!

No comments: