Wednesday, May 1

Nuwe pret in Abu Dhabi

Ook seker nie heeltemal so nuut nie, dit het in Januarie oopgemaak, maar beslis iets wat die dorp nodig gehad het ... sy eie waterpark.  Ek self het nog nie daar gaan kuier nie, maar die kinders het met baie terugvoer en foto's.   

Page1
Ek hoor die souk is nie so groot soos by ander waterparke in die land nie, maar vir hulle was die park belangriker.  Self sal ek nie sommer daar koop nie, want dis lekker duur, maar met die paar winkels en 'n eetplek of drie is jy gehelp deur die dag.  
Page2

Die waterpret is egter 'n perd van 'n ander kleur want hulle was mal daaroor.  43 verskillende ritte, op 4 verskillende moeilikheids vlakke het beteken dat hulle nie halfpad deur alles gekom het nie, en moet daar weer gegaan word. 

DSCF1858

Van bo een van die ritte kan mens ver sien.  Die rooi dag gebou is die Ferrari World waar die vinnigste rollercoaster ter wereld is en die wit dakkies regs is die Grand Prix baan.  Behalwe vir daai stukkie sand wat julle sien, lyk dit soos 'n woestyn?   

Page3
Nog van die ritte.  Al probleem wat mens ondervind is die lang toue want almal wil in die hitte gaan afkoel en wat kan lekkerder as 'n waterpark wees.  Maar as jy jou dag goed beplan en daar nie skoolbusse kinders of toeriste is nie, kan dit 'n heerlike dag van pret en plesier wees.  Mens kan natuurlik VIP kaartjies ook koop dat jy nie in die rye hoef te staan nie. 

Ek sal maar self ook moet gaan kyk hoe dit daar lyk.


4 comments:

Charmaine said...

Nie die rides nie... souk klink reg vir my.. :-)

retha said...

Mens kan seker die water geniet sonder om van Kilimanjaro at te moet gly ;o)

Mens kan seker erg verbrand in die son daar.

theresa said...

oe hoe lekker lyk dit

as ek sulke goed sien dink ek atyd aan my heel eerste ontmoeting met die see.............

salig en ongelooflik lekker, jy kan net van al jou sorge vergeet en God se wonder aanskou en geniet

die eerste waterplek waar ek so ietsie van die see geproe het was in Pretoria by Wild Waters, dit was absoluut fab, maar nou bly ek in Franschhoek net so klipgooi van die see en dit is 'n GROOT voorreg en geskenk, om te kan gaan wanneer ek ookal wil

Sandra said...

En die lazy river maat :-).

Retha die son is partykeer te warm dat mens nie in hom le om te brand nie.

Hi Theresa, Franschoek is darem 'n mooi plek en dan het mens die see nog naby, jy is beslis in 'n lekker omgewing :-)