Thursday, April 26

Dinge verander by die dag


Dis die laaste maand van lente hier in die woestyndorp en ek het nou-net geloer na die temperatuur wat 'n mak 42C is.  Lente by die huis is die tyd wat mense woel en woeker in hulle tuine en hier begin mens half liewers binne bly.  Het verlede naweek gou-gou weer by die ou souk naby die hawe gaan draai en 'n paar goedjies opgemerk.  
DSC_0424

Daar is baie mense wat dink dat dit nou tuinmaak weer is ... ai tog die frustrasies as alles binne 'n maand doodgebrand word.  Maar die plante by die souk laat mens regtig lusvoel vir tuinmaak.  

DSC_0425

Ek weet nie hoe om te verduidelik wat "groen", "tuingroen" hier vir mens beteken nie.   Daar is selfs nog tyd vir kitsgras le.  
DSC_0428
Ek weet nie hoeveel dit nou in SA kos nie, maar net om julle 'groen' te maak :-), Hier kos 'n vk meter kitsgras dhs10 (R20). 
DSC_0429

Plante lyk mooi en sterk, maar daai sonneblomme het 1 dag in die hitte uitgehou.  
I7

Hierdie foto van die souk het ek so 'n tydjie terug geneem.   Agter die geboue is daar see en die mense kom met hulle dhows om produkte hier te verkoop.  Mens kon werklik enige iets van twak tot toonnaels hier koop.   

DSC_0432

Maar behalwe 'n klein bietjie plastiek goed en die plante, lyk die afdakke nou so ...   En hoekom?  
DSC_0427

Nuwe hoe geboue het hier ook begin opskiet.  Daar is eintlik baie min van die dorp wat ons baie jare terug leer ken het oor.

Maar die hitte het nog nie minder geword nie ....




1 comment:

retha said...

Somtyds is dit nie vooruitgang om ou goed weg te maak nie.
So 'n week gelede was ons in Vryburg. Dit was goed om te sien daar is 'n ou dorp wat nog 'n bietjie persoonlikheid het, nie oorgeneem deur sogenaamde vlugtelinge en buitelanders nie.