Saturday, April 21

Ander se vuil wasgoed


Ons weet almal wat wasgoed is, want hoe kan mens sonder skoon klere klaarkom.  Januarie met my besoek aan Stellenbosch loop ek "wasgoed" in een van die gangetjies raak.

photo4

Eers dink ek die arme mense wat hul goed net so kan droogkry en toe hoe op aarde kry hulle dit daar gehang - en dan sien ek dis eintlik 'n "uitstalling" deur Jacques Coetzer wat hy gekleurde gebede noem. Wat hy oa se "strings of brightly hued clothing connect people and landscape, and so the very ordinary and intimate becomes public".   

DSC_0208

Met Eddie se werkbesoek aan Indie bring hy ook hope foto's en baie daarvan ook oor wasgoed.  Hierdie mense het geen ander opsie nie, dis waar hulle hul wasgoed moet hang.  
Page1

Dan lees ek 'n Afrikaanse tydskrif en sien dat mense nie net met klere nie, maar ook met woorde hul vuil wasgoed uithang sodat dit wat privaat is aan almal uitgeblaker word. En hieroor het ons 'n keuse ....

Ek vra twee vriendinnen wat is die eerste woorde waaraan hul dink as ek se wasgoed en een vinnige antwoord kom "skoon", "lekker ruik".  In die maand van April is ons weereens herinner dat Jesus vir ons sonde gesterf het en ons skoongemaak het.  Nie meer vuil nie en nie meer nodig om die vuil uit te hang sodat almal kan sien nie, maar om vir almal te wys ons is skoongemaak sodat ons 'n lekker geur kan versprei.

Liefde

5 comments:

Desire Fourie said...

Ek het nou te lekker gelag vir jou 'bewondering' oor die wasgoed van die studente.
Mooi bly
Desire

retha said...

Jy sê dit so mooi Sandra!

Anonymous said...

Sowaar. Vuil wasgoed is nooit mooi nie.... nie die klere nie, ook nie die woorde nie.
Maar dankie vir jou laaste paragraaf!! Is dit nie net genade nie?

Sandra said...

Desire, studente is mos ander goeters :-)

Retha dis wonderlik ne?

Sandra said...

Alles net genade Toortsie :-)