Was net nou die dag toe ek Nelmari op Stellenbosch gaan aflaai het en ek's seker sy geniet die ervaring en ondervinding baie. Nie so maklik vir die ma ver nie, veral toe haar verjaarsdag nader kom en ek weet sy het ‘n kort vakansiebreuk. Soveel mense het aangebied sy kon by hulle kom bly, maar die eerste uitnodiging was van die Ferreiras daar in die Langkloof :-). Die van julle wat my blog volg, weet ek was verlede jaar vir die eerste keer in amper 40 jaar weer in kontak met hierdie “ou” bure van ons.
Riana was wonderlik en het al die pad gery om haar op Stellenbosch te gaan haal en agterna weer vervoer terug te reel. Daarna is hulle met tentjie in die motor, Klein Karoo Kunstefees toe en ek is/was ernstig jaloers.Hoop nie ek is te oud voordat my beurt eendag kom nie.
Volgens Riana het Nelmari redelik 'n kultuurskok opgedoen met alles wat daar op die fees plaasvind :-)
Vir haar verjaarsdag was sy behoorlik bederf deur die gesin en was dit vir die mamma hart makliker om met die ver verjaarsdag te deel omdat ek weet sy kuier lekker.
Dis appelwereld daar en het hulle ook by die Du Toit pakstoor in Joubertina gaan kuier. Net deur die foto's is ek beindruk deur al die tegnologie en die hoeveelheid appels - en dit lyk asof alles uitgevoer word.
Die twee meisies met hulle wit jasse en “kepsies”.
Vir die paasnaweek het hulle op hul plaas gaan kuier. Net op die foto’s kan ek sien dis ‘n ongelooflike plek en Nelmari het haar gate uit geniet. Ek sal julle nog graag Riana se huis wil wys - maar miskien doen sy dit sommer self :-).
Riana het ook hierdie besonderse foto’s van Nelmari en “bunny” geneem.
Riana, Pieter en Karline dankie vir ‘n wonderlike kuier vir Nelmari en al julle bederf. Riana dankie dat jy my met al die foto’s en stories deelgemaak het. Ons waardeer dit baie. Sien uit om vanaf volgende maand meer van die Langkloof en omgewing te hoor en leer ;-).
Liefde