Daar is 'n liedjie wat Scott Wesley-Brown jare terug gesing het oor "Please don't send me to Africa" en dis nogal 'n gevoel wat baie buitelanders hier ook het, veral as daar gepraat word oor sendingwerk ens., maar ek sou die Africa met Indie vervang het ... sonder om twee keer te dink.
Eddie was die afgelope week daar vir werk, en die foto's het daardie gevoel van my net weereens bevestig.
Ek kan nie besluit wat hierdie foto eintlik vir my se nie...was ek en ander verkeerd oor die land?
Maar ne die verkeer was dat dit is soos ek my voorgestel het. Die meeste van ons taxi bestuurders hier is nie verniet van Indie nie.
As dit enige troos is, is daar darem baie publieke vervoer sou mens nie self wil bestuur nie :-)
Daar is baie ou en geskiedkundige geboue
Allerhande blyplekke - seker arm- middel en rykmansklas met nie te skoon strate nie.
Hier lyk my is ook watertaxi's
Hier is ook tuine en dit lyk eintlik stil daar
Kyk net hoe word hierdie geboue stewig gehou
Oud of nuut, besig of stil, skoon of vuil .... daar is altyd tyd vir Indiese krieket :-)