Daar is 'n liedjie wat Scott Wesley-Brown jare terug gesing het oor "Please don't send me to Africa" en dis nogal 'n gevoel wat baie buitelanders hier ook het, veral as daar gepraat word oor sendingwerk ens., maar ek sou die Africa met Indie vervang het ... sonder om twee keer te dink.
Eddie was die afgelope week daar vir werk, en die foto's het daardie gevoel van my net weereens bevestig.
Ek kan nie besluit wat hierdie foto eintlik vir my se nie...was ek en ander verkeerd oor die land?
Maar ne die verkeer was dat dit is soos ek my voorgestel het. Die meeste van ons taxi bestuurders hier is nie verniet van Indie nie.
As dit enige troos is, is daar darem baie publieke vervoer sou mens nie self wil bestuur nie :-)
Daar is baie ou en geskiedkundige geboue
Allerhande blyplekke - seker arm- middel en rykmansklas met nie te skoon strate nie.
Hier lyk my is ook watertaxi's
Hier is ook tuine en dit lyk eintlik stil daar
Kyk net hoe word hierdie geboue stewig gehou
Oud of nuut, besig of stil, skoon of vuil .... daar is altyd tyd vir Indiese krieket :-)
6 comments:
Ek wil ook nie Indie toe gaan nie!! of moet ek liewer se: ek wil baie graag Indie toe gaan. Daar is net reeds te veel mense.
Water taxi's, ek sien net al daai goed wat op mens sal klim as water op jou spat!
Daar is baie mooi plekke natuurskoon en nuutgevonde geboue met 'engravings'
Indië en Nepal. Dit het my ma, wie baie getoer het, genoem as die twee slegste plekke waar sy was.
Maar as 'n mens uit 'n "uitreik" oogpunt kyk... dan weet ek nie wat om te sê nie.
Ek hoop nie ek hoef OOIT in daardie gebou te bly met die "stutte" nie!
Maat ek dink daar moet seker mooi plekke ook wees, maar ons "ervaring" hier in die UAE het India 'n negatiewe plek gemaak
Retha ek hoor die mense se dat in die platteland van Indie is dit baie mooi en nie so oorbevolk nie.
Toortsie ek dink ook die uitreik is meer in die "rural" areas en dis dalkies minder sleg as in die besige groot dorpe. Ek weet mens kan nie se nooit nie, maar ek hoop my uitreike sal nooit hoef Indie toe te gaan nie :-)
Post a Comment