Showing posts with label Nelmari verjaarsdag. Show all posts
Showing posts with label Nelmari verjaarsdag. Show all posts

Wednesday, April 11

Vinnige drie maande

Was net nou die dag toe ek Nelmari op Stellenbosch gaan aflaai het en ek's seker sy geniet die ervaring en ondervinding baie.  Nie so maklik vir die ma ver nie, veral toe haar verjaarsdag nader kom en ek weet sy het ‘n kort vakansiebreuk.  Soveel mense het aangebied sy kon by hulle kom bly, maar die eerste uitnodiging was van die Ferreiras daar in die Langkloof :-).  Die van julle wat my blog volg, weet ek was verlede jaar vir die eerste keer in amper 40 jaar weer in kontak met hierdie “ou” bure van ons.
398848_10150927764519392_664534391_12994449_260647978_n



Riana was wonderlik en het al die pad gery om haar op Stellenbosch te gaan haal en agterna weer vervoer terug te reel.  Daarna is hulle met tentjie in die motor, Klein Karoo Kunstefees toe en ek is/was ernstig jaloers.Hoop nie ek is te oud voordat my beurt eendag kom nie. 
529733_10150927753224392_664534391_12994340_2080625628_n

Volgens Riana het Nelmari redelik 'n kultuurskok opgedoen met alles wat daar op die fees plaasvind :-)

  Page1 
Vir haar verjaarsdag was sy behoorlik bederf deur die gesin en was dit vir die mamma hart makliker om met die ver verjaarsdag te deel omdat ek weet sy kuier lekker.
 Page3
Dis appelwereld daar en het hulle ook by die Du Toit pakstoor in Joubertina gaan kuier.  Net deur die foto's is ek beindruk deur al die tegnologie en die hoeveelheid appels - en dit lyk asof alles uitgevoer word.
 Page4
Die twee meisies met hulle wit jasse en “kepsies”.

Page2_0

Vir die paasnaweek het hulle op hul plaas gaan kuier.   Net op die foto’s kan ek sien dis ‘n ongelooflike plek en Nelmari het haar gate uit geniet. Ek sal julle nog graag Riana se huis wil wys - maar miskien doen sy dit sommer self :-).
 Page2
Riana het ook hierdie besonderse foto’s van Nelmari en “bunny” geneem. 

Riana, Pieter en Karline dankie vir ‘n wonderlike kuier vir Nelmari en al julle bederf.  Riana dankie dat jy my met al die foto’s en stories deelgemaak het.  Ons waardeer dit baie.  Sien uit om vanaf volgende maand meer van die Langkloof en omgewing te hoor en leer ;-).

Liefde

 

Tuesday, April 12

‘n Belangrike verjaarsdag

Almal sien verseker altyd uit na hulle 18de verjaarsdag, want dis wanneer mens "amptelik" as groot beskou word en Nelmari was geen uitsondering nie. Vir 'n hele paar weke moes ons 'n spesiale soort tee drink want sy het die bottels benodig vir haar "message in a bottle" uitnodiging. So eintlik was ek baie dankbaar toe die "partytjie" uiteindelik aanbreek. Op die eiland met 'n Hawaii tema ma was die opdrag en so was dit ..... 'n Paar van ons het met die eerste boot uitgegaan om alles te gaan op- en regsit.


Page3


Daar is baniere opgesit, lanterns gehang en goed opgeblaas dat die sand so staan terwyl die vleise en vrugtes gesny en gepak is. En die weer was al goed warm ...


DSC_0021


Die boot is teruggestuur om die verjaarsdagmeisie en paar pelle te gaan oplaai.


Page4


Intussen het Leane en Elriza die "hula-dans" geoefen en reggemaak om die gaste te ontvang.


DSC_0045


Die klomp is oppad. Het ek al genoem dat dit verskriklik warm is :-)


Page1


Hulle word welkom geheet deur Leane en Elriza.


DSC_0057


Heel eerste word daar vir die verjaarsdagmeisie gesing want die koek is al ernstig besig om te smelt.


Page6


Dan is daar 'n paar ritte met die boot waar meeste 'n rit of twee op die tube kry. Vir party was dit 'n eerste keer en ons moes belowe om stadig te ry. Die honde kry ook kans en hoe langer hulle op die boot is, hoe meer geniet hulle alles wat aangaan.




Nelmari moet ook hier tussen die branders klou vir lewe en dood op tydens haar rit.


DSC_0108


Die klomp is heeltemal bereid om vir die kamera te glimlag.


Page9


Eettyd en rustyd vir party ....


Page7


Tussen in het die hondjies bietjie geswem, van die meisies het le en bak in die son, party het gaan stap en ander het net rustig na alles gekyk ..... ek se weer, dit was warm!


Page8


Wat sal 'n warm seedag sonder waatlemoen smeer wees.


DSC_0214


Moeg, rooi gebrande groep op die boot terug land toe.


Dankie aan almal wat gehelp het om die dag vir Nelmari spesiaal te maak.