Dis die laaste maand van lente hier in die woestyndorp en ek het nou-net geloer na die temperatuur wat 'n mak 42C is. Lente by die huis is die tyd wat mense woel en woeker in hulle tuine en hier begin mens half liewers binne bly. Het verlede naweek gou-gou weer by die ou souk naby die hawe gaan draai en 'n paar goedjies opgemerk.
Daar is baie mense wat dink dat dit nou tuinmaak weer is ... ai tog die frustrasies as alles binne 'n maand doodgebrand word. Maar die plante by die souk laat mens regtig lusvoel vir tuinmaak.
Ek weet nie hoe om te verduidelik wat "groen", "tuingroen" hier vir mens beteken nie. Daar is selfs nog tyd vir kitsgras le.
Ek weet nie hoeveel dit nou in SA kos nie, maar net om julle 'groen' te maak :-), Hier kos 'n vk meter kitsgras dhs10 (R20).
Plante lyk mooi en sterk, maar daai sonneblomme het 1 dag in die hitte uitgehou.
Hierdie foto van die souk het ek so 'n tydjie terug geneem. Agter die geboue is daar see en die mense kom met hulle dhows om produkte hier te verkoop. Mens kon werklik enige iets van twak tot toonnaels hier koop.
Maar behalwe 'n klein bietjie plastiek goed en die plante, lyk die afdakke nou so ... En hoekom?
Nuwe hoe geboue het hier ook begin opskiet. Daar is eintlik baie min van die dorp wat ons baie jare terug leer ken het oor.
Maar die hitte het nog nie minder geword nie ....