Tuesday, September 1

'n Volleyball sirkel

Alles het mos 'n begin en 'n einde en loop 'n vol sirkel....

Met James se werk as PE onderwyser by sy ou skool, is hy ook aangestel as afrigter (coach) van die seuns Varsity span vir die jaar en vandag het die manne ernstig begin oefen. Dit voel soos nou die dag die hy self eers lid van die Jnr Varsity en later die Varsity span was. Na skool het hy so 6 maande "los" gehad want hier maak die skole mos Mei/Junie klaar en was hy "hulp-afrigter" van die volleyball span, met lekker geleentheid om ondervinding op te doen. Die man het dit gemis om self op die baan te wees, dis verseker. Op universiteit het dit die eerste 2 jaar maar moeilik gegaan want volleyball is nie verskriklik "groot" in SA nie en nog minder by Kovsies. Koshuis liga moes maar doen. Hy kon darem ook die damesspan afrig en dit was seker pret?! Al die gekarring het vrugte afgewerp en in sy finale jaar kon hy darem vir Kovsies se volleyball span speel. En eindelik is die man terug by die skool. Met 'n tas vol nuwe toerusting en bladsye vol beplanning het hy sy span vandag begin afrig. Terug waar jy begin het seun, wie sou dit 'n klomp jare kon dink. Verseker is die sirkel nog nie toe nie .... Ons sal vanjaar met groot belangstelling die Varsity seuns dophou en ondersteun.
Go Lions!

12 comments:

Die-taxi-diens-en-Paparazi-pa said...

Eers agter hom aangery om hom as speler te ondersteun, nou ry ek steeds agter hom aan om die oudste as afrigter te ondersteun. Wonder net of ek sal mag saamgaan Oman toe, as "Waterboy" waarskynlik.

Leane said...

Nou sien ek darem vir myself hoekom James kla dat hy so vreeslik moeg is na skool! Hy het al in Bloem begin met die volleyball se beplanning.

Sandra said...

Jy's 'n gelukkige man om so baie verlof te he.

Is dit wat hy jou vertel Leane?! :-)

Charmaine said...

James, dis wonderlik om 'n droom te sien waar word. Ek weet dis wat jy graag wou he. Geniet dit en mag jy hierdie jaar baie vrug op jou harde werk en entoeisme oes. Ek sal kom wedstryde kyk.

Muriel said...

Kan jy glo en hier is hy terug by die skool!

Geniet dit James!

Ek sal jou maar hier van die blog af aanspoor *wink*

Unknown said...

Dit is vir my baie lekker om weer terug te wees by die skool en bietjie kennis oor te dra aan kinders wat in dieselfde posisie was as ek. Dit lyk my ons gaan 'n baie suksesvolle jaar he, en dalk wen ons nog die ISAC kompetisie wat ek nooit kon nie. :)

Sandra said...

Jy's reg maat hy wou altyd terugkom na sy ou skool toe. Ek's seker hy het nie gedink dit sou so gou wees nie.

Ja wie wil nou teruggaan skool toe Muriel, gewoonlik wil mens klaarmaak en se nooit weer nie. :-)

Is dit nie bietjie 'n tall order so met jou eerste seisoen nie seun :-)?!? Dit sal great wees as daai ontwykende ISAC eintlik kan wen!

Nimsi se Blog said...

James...
if you can dream it... you can do it!
Ons wag in spanning hier om daardie wenbeker hier te sien!

Thea said...

Alle voorspoed vir die seisoen James! Ons sal hierdie spasie dophou vir die aankondiging as julle die dag die ISAC kompetisie wen!

Sandra said...

Dis waar Nims. Mooi dag vir jou!

Die blog sal beslis daaroor verslag lewer Thea :-).

William said...

Im happy for u brother but not for the players, they are going to train like never before. And u better win the ISAC!! Go lions!!!

Unknown said...

Dankie almal. Speel more ons eerste wedstryd en sal maar duim vas hou dat dit goed gaan. Fotos sal ook kom.