Monday, September 28

Eerste indrukke

Ek het julle al honderd kere vertel van hoe die dorpie waar ons bly ontwikkel. Die naweek op die trein in Dubai het ek baie foto's geneem van al Dubai se aanbouings en die geboue is verseker indrukkend, maar Abu Dhabi staan geen tree agteruit nie. Daar is ongelooflike gebou ontwerpe aan die gang en ek sal julle nog graag wil wys, maar 4 wat die laaste tyd my aandag getrek het met die baie rond ryery en die feit dat hulle nou amper klaar is, is hierdie klompe.
DSC_0115
Soos julle weet is Abu Dhabi 'n eiland wat op twee plekke "ingegaan" kan word dmv brue. Nog op die "vasteland" naby die lughawe het ek die laaste tyd reeds van ver af hierdie snaakse skewe ding gesien.
Abu_dhabi_tower
By nadere ondersoek sien ek dat as hy klaar is, dit so gaan lyk en die nuwe lugbeheertoring van die AD lughawe gaan wees.
img1006p
Wel dis ampertjies klaar en omdat dit in die woestyn staan wil mens amper vra waar is die vliegtuie, maar binnekort sal die nuwe lughawe ook klaar wees. Kan julle dink hoe lank dit vir die werkers gaan vat om by die werk te kom?
P1050285
Op 'n ander deel van die "vasteland" by die naaste brug, het ons tydens 'n besoek aan die Al Raha strand in 2007/2008 hierdie gebou op die agtergrond gesien. Ek het natuurlik toe op die blog verkondig dit gaan 'n gebou in die vorm van 'n seilskip wees ..... dit het tog so gelyk.
aldar_hq_web
Die ontwerpers en kunstenaars het nie 'n seilskip in gedagte gehad nie en dus hoe hulle die eindresultate gesien het.
img5246
In die werklike prentjie, is hierdie hoofkantore van 'n groot ontwikkelaarsmaatskappy nou ampertjies klaar en kan ook van veraf gesien word - hoe dan anders met so 'n sirkel gebou. asymptote_yas_hotel_02
Net voor die gebou is die nuwe formule 1 baan gebou. Julle weet seker dat daai karretjies in November vanjaar hier gaan kom jaag. Dit dat daar ook nader blyplek moet wees, want die ander hotelle is meestal op die eiland en 'n entjie se ry. Die ontwerp is toe vir die hotel gekies. asymptote_yas_hotel_06
Hierdie foto is so 'n maand of wat terug geneem, maar die hotel is klaar en reg vir die groot klomp mense wat die wedren gaan kom kyk.
asymptote_yas_hotel_07
Aan watter dier laat hierdie prentjie julle dink?
capital-gate
Dan op die eiland, die gebou wat elke elke oggend sien as ek die kinders by die skool gaan aflaai. Met sy beplanning was dit die eindprentjie wat hulle ingedagte gehad het.
custom_1243605933096_2095542795_capital-gate-at-halfway-mark
Die gebou het nog 'n entjie om te gaan voordat dit klaar is, maar mens wil dit net regop tel voordat dit omval as mens dit sien.
DSC_0120
Dis ongelukkig al wat ek uit die motorvenster kon inkry, maar dit laat my half aan die toring van Babel dink en met al die nasionaliteite in hierdie land baie toepaslik. Soos die kinders van die kindergroepie gese het, toe elkeen sy eie taal begin praat het, het mens gesoek na iemand wat dieselfde as jy babbel .....
Gelukkig vir ons, is hier baie mense wat in Afrikaans babbel!

16 comments:

Desire Fourie said...

Sjoe Sandra, hierdie geboue is definitief argitektoniese wonderwerke.
Mooi bly.

Jan and Miekie said...

Die geboue verstom my! Hoekom sal 'n mens dan nou sulke ingewikkelde goed wil bou? Ek hoop die goed bly wel vir altyd staan en stort nie, soos ons Strydom plein koepel na 30 jaar, eensklaps ineen nie!

Sandra said...

Dit is baie besonders Desire - jy moet die ander sien wat ook nog gebou word.

Ek dink dis die argitekte wat hulle inkry wat so oorboord gaan Miekie.

Anonymous said...

Sjoe, sjoe, sjoe! Dis mooi! Ek dink dit kikker dalk die dorre woestyn bietjie op? Ek hou van al hierdie vreemde shapes!

Desia said...

Ek wou ook vra van waar die argitekte is; die wat ons hier plaaslik het, kan defnitief daar gaan kers opsteek!
Toring van Babel - baie toepaslike opmerking.

retha said...

Verstommend is al wat ek kan se.

Sonja said...

Dit is ongelooflik interessant! Dit is die mees uniekste geboue wat ek in n lang tyd gesien het! n Argitek sal sy storie moet ken as hy daar by julle bly!

Sandra said...

Dit maak dit glad nie soos 'n woestyn lyk nie Boendoe. Daar is nog baie sulke ontwerpe en vorms aan die bou op die oomblik, sal julle nog wys.

Ek stem Retha!

Hulle "voer" die beste argitekte in vir die ontwerpe Sonja. Dit voel vir ons ook party dae of ons nou heeltemal in 'n ander dorp bly.

Sandra said...

Desia daai ronde gebou wat die HQ van 'n ontwikkelingsmaatskappy is, is ontwerp deur 'n argitekgroep wat in Doha is. Hierdie ontwerp het reeds die prys "Best Futuristic Design" by 'n konferensie in Spanja gewen.

Wat die toring van Babel/hotel/kantoorkompleks betref is die unieke boumetode nog net in NY, Switzerland en Beijing gebruik. Daar is blykbaar reeds 'n aansoek in na die Guinness World Record vir die wereld se "most inclined building". Die argitek firma is van New York.

Die lughawe toring word deur 'n maatskappy in die UK gedoen. Ek kan noem dat die lughawe self deur 'n maatskappy in Suid-Afrika gebou word.

Die 5-ster, 500 kamers hotel het ook internasionale argitekte van klomp lande wat saamwerk aan die projek.

Thea said...

Dis asof hulle net glad nie 'n ding op die gewone manier doen nie. Lyk ook of geld glad nie 'n probleem daar is nie!

Ronelle said...

Sjoe, hierdie geboue is beslis indrukwekkend en argitektoniese kunswerke - maar mooi is dit beslis nie vir my.

Sandra said...

Anders as wat daar oor die land geskryf word, is geld oor die algemeen nie 'n probleem vir die locals nie Thea.

Hulle beindruk my ook ja Ronelle, maar bv in daai skewe hotel sal ek nie sommer bly nie :-)

Nimsi se Blog said...

WOW! En ons lees "hier" net die teenoorgestelde van "daar"...
Is daar nog woestyn oor Sandra?

Heleen said...

Ek wil nog n plakboek van al die geboue en fonteine maak voordat ek eendag huis toe gaan, ek dink dit is een woord stunning !!
Heleen

nikita said...

Sjoe! Daardie ontwerpe is te wonderlik!

Sandra said...

Nims die woestyn is bietjie verder weg nou, maar daar is nog baie sand om te ontwikkel :-).

Jy beter begin Heleen .... kry die foto's dan kan jy tydens jou lang verlof daaraan werk :-).

Dis baie modern en blink Nikita. Weet nie altyd of dit is wat ek sou verkies nie.