Monday, September 7

Wie is skelm ???

Saterdae is gewoonlik ons fliekdae, as daar natuurlik 'n goeie fliek speel en hierdie week was geen uitsondering nie. Vroeg oggend fliek is eintlik lekker gedurende Ramadan want dan slaap almal wat vas nog na die vorige aand se deurnag eet, maar die verversings is 'n probleem. Die restaurante en selfs die fliek se winkeltjie is toe en hoe gaan mens nou fliek kyk sonder nachos, kaas en ietsie om te drink?!?! Met die jare het ons daai probleem half oorkom, deur vroegtydig die nachos ens. te koop en dit dan saam te vat en dan moet mens dit selfs voor die tyd uit die sakkies haal om te keer dat almal weet jy eet as die sakkie so raas. Skelm ek se jou, dis wat mens leer.


DSC_0002

Hierdie week het ons die nachos en kaassous klaargemaak gekoop en omdat sakkies ook nie toegelaat word nie, moes elkeen dit in haar eie handsak dra saam met die bottel water. Hier help Nelmari vir Charmaine haar eetgoed in haar handsak sit. Stem julle saam dat hulle sommer skuldig lyk.


DSC_0004

Kyk net hoe lyk die handsakke wat ons stilletjies moes indra, oopmaak en uiteet .... trommeldik!! :-) Ons het My Sisters Keeper gaan kyk en dis hoogs aan te bevele, neem net baie tissues saam.

Mooi week vir julle!

15 comments:

Man-en-pa-van-die-skelm-kouers said...

En daar was nog plek in daai vol handsakke vir tissues ook?

Thea said...

Hulle sĂȘ nie verniet 'n "boer maak 'n plan nie"!! :-) Sal bietjie plan maak om die fliek te gaan sien, en sal onthou om genoeg tissues saam te vat!

Muriel said...

Ai en wat sal 'n vrou sonder 'n handsak wees. *giggel*

Sandra said...

Eddie die tissues is altyd in die handsak vir verskeie redes!

Laat weet wat jy daarvan gedink het Thea. Ek hou van die gedagte dat ons 'n plan gemaak het en nie skelm was nie :-)

Niks se ek jou Muriel. Mens het mos allerhande goetertjies daarin. Ek sal net nie kan doen met 'n klein handsak nie.

Anonymous said...

Haai nee!! Ek kan nie sommige mense se skelmgeit glo nie! :-)

Sandra said...

Dit verg beplanning brandnetel. Eers voor die fliek en dan stilletjies tydens die fliek. Mens kou ook net die "harde" nachos as daar musiek gespeel word :-). Kou-kou al saam met die geraas.

Oom Petrus said...

Hi,
Maak julle nie die ander klomp wat nie mag nie, lus met julle etery nie?
Groete

Sonja said...

Dit is mos wat dit nog lekkerder maak! Die skelmgeit!

Sandra said...

Dis 'n storie oom Petrus. Die vas is mos om versoekings te weerstaan en daarom mag ons nie eet waar hulle die kos kan sien en ruik nie - maar hulle stap in die winkels in en koop gaar kos ens. soos dit hulle pas. Baie dubbel standaarde. In die fliek is dit stil en ons is baie versigtig.

Dis waar Sonja, dis groot pret en ons lag baie terwyl ons dit doen.

Mariette. said...

Ai dit is so groot klug,- ek weet nie wat die doel vir die hele ding is nie want as 'hulle''n kaans kry en dink niemand hulle sien nie dan breek 'hul' hul eie reels.
Ek sien op die vliegtuig ook... hulle eet lekker aan al die kos wat voorgesit word, maar 'n halfuur voor landing gaan trek hul hul wit en swart rokke aan en sit daardie maskers op van dit is 'vas' maand.... Dit maak my sommer vies, want nou moet jy as expat hul respekteer en by hulle inval maar hulle is die wat dit breek sodra hul dink daar nie oe op hulle is nie.....

Elkgeval- sal ook bietjie die na vliek gaan kyk.

lekker week

Nelmari said...

Ai tog mamma, jy en my "ander" ma leer my om skelm te wees.

Sandra said...

Dis so Mariette. Nelmari se by die skool mag hulle nie eers water in die hitte drink nie, maar van die moslem meisies wat om 'n "geldige" rede nie vas nie, drink eenvoudig voor almal en dis reg. Dubbel standaarde.

Laat weet wat jy van die fliek gedink het.

Sussie dis nie waar nie :-)

Desire Fourie said...

Dis absoluut net twee boerinne wat so 'n goeie plan kan beraam.
Mooi bly

Charmaine said...

Ek wil se dis boerinne wat goeie planne maak, maar dat hulle mens dwing om skelm te wees is ook waar en dat jou ma my geleer het om skelm te wees is ook waar my ander dogter :-) Maar so kom ons deur Ramadan en hoop volgende keer gaan die ligte nie weer aan nes mens die nachos in jou mond steek nie. Dit was nie mooi nie.

Muriel said...

Whahahaha stoute boerinne hierdie!!
Sandra daar is 'n nuwe tag speletjie uit en ek het jou getag. Sorry :-(