Wednesday, September 9

Die seisoen skop af!

Die skool en oefening het net begin en dis al klaar weer tyd vir die eerste wedstryd van die seisoen. Daar word Dubai toe gery vir die kragmeting teen UAS (Universal American School).

1

Die gees tussen die meisies is goed en hulle is reg en sien uit na hul eerste toets.

Page1

Daar word ernstig opgewarm. Op die foto in die regterkantse hoek sien julle die "afrigter" in wit met Nelmari praat. Kyk net die lengte verskil!

Page2

Nr 25, Nelmari speel 'n goeie wedstryd en dien, blok en duik orals op.

10

Die meisies wen die eerste stel 25-4, die tweede 25-10 en die derde 25-17. Varsity dogters maak skoonskip!!! Go Lions!!!

Page3

Dan is dit coach James se vuurdoop en dit gaan nie heeltemal so maklik soos met die dogters nie. Wen die eerste stel 25-21, verloor tweede stel 22-25 en wen die derde stel 26-25. Wow naelbyt einde!!!

Go Lions!!

11 comments:

James said...

Die dogters het beslis 'n goeie game gehaden verdien die goeie uitkoms van die wedstryd. Darem het die manne bietjie geleer om onder druk te speel en het baie mooi terug gekom om die laaste stel te wen na hul 16-20 agter was.

Muriel said...

Baie geluk Nelmari en James!!!

Go Lions!!! :-)

Sandra said...

Dis partykeer goed om nie te selfverseker te wees nie so miskien het die tawwe game die seuns goed gedoen seun.

Ja julle sal moet skree Muriel, altwee spanne wil vanjaar die trofee wen :-)

William said...

Great job Nelmari it just makes u feel good winning like that. And James its nice too start with a close match. Then u Know where ur team stands.. Great job Lions..
:-( I MISS VOLLEYBALL!!

o Btw im in the hostel badminton finals

Thea said...

Baie geluk julle twee!

Sandra said...

Ek kan dink jy mis dit seun, maar toemaar volgende jaar ne! Geluk met die pluimbal en laat ons weet wat daar gebeur het. Foto's foto's foto's!! (laat Tessa neem)

Dankie Thea!

Desire Fourie said...

Sjoe ek het nie besef hoe lank Nelmari werklik is nie, totdat jy dit hier uitgewys het. Ek sien sy beskerm daardie knie maar nog steeds.
Mooi bly

Sandra said...

Vir veiligheid word die ou knie maar nog in watte toegedraai Desire. Sy egter nie heeltemal meer so bewus van hom tydens die wedstryde nie.

Charmaine said...

Baie baie geluk met 'n uitstekende begin van die seisoen Ek voel sommer dit gaan 'n wonderlike jaar wees. So Bly jy skop jou afrigtersjaar met 'n wen af James. Trots op julle twee

nikita said...

Mooi, mooi! Sterkte...Lions! :)

Sandra said...

Dankie julle vir die ondersteuning. Dis ook al wanneer ek vir die "Lions" sal skree - want in SA sal dit beslis nie wees nie :-)