Sunday, September 13

Al die 9’s

Altyd reg vir iets nuuts en iets anders hierdie mense in die UAE. En op die 09-09-09 om 9.09 die aand is die eerste trein in die land amptelik geopen.


1

Nie so lank as 4 jaar terug nie, het die sheikh Zayed pad so gelyk. Die een woonstel kompleks bo-op 'n ander woonstel kompleks is gebou en almal het gewonder waar en hoe gaan mens maak met al die motors van die mense wat by die werk moet kom.

Page1

Die bou van die treinstelsel wat klomp geld gekos het, het begin en gou-gou was die besige strate nog meer chaos en ek bedoel chaos. Ek wonder nog oor die "stil paaie" waar almal die land verlaat het foto wat in van ons SA tydskrifte/koerante verskyn het. (AI as ek maar die paaie partykeer stil kon kry) Die bouery aan die groot projek het begin en ons gedink dit sal maar net nooit weer normaal wees nie. As troos moes ons onthou, dit sou die paaie stiller maak eendag in 2009

Page2

Soos die lyne en brue klaargekom het, het mens orals treine gesien wat toetsritte maak. Dit het indrukwekkend gelyk, maar mens kon nie te lank kyk nie, want in die besige "stil" strate moet mens mooi konsentreer. Ek kan net dink hoe treinliefhebbers begin uitsien het na die treine se amptelike opening.

Page3

Die stasies het stadigaan klaargekom alhoewel daar nog klomp is wat werk aan het. Ons het juis die naweek gewonder by van hulle waar mens nou eintlik gaan parkeer in die sandvlaktes. Besighede het groot bedrae geld uitgehaal om te betaal dat 'n stasie na hulle vernoem word. En klaar is daar 'n "Shopping Guide for the new Dubai Metro" beskikbaar. Dit lees oa so:

Stop 1- City Centre Station : Mall Deira City Cenre, Stop 2 - Khalid Bin Waleed Station : BurJuman Mall, Stop 3 - Emirates Towers Boulevard mall, Stop 4 - DIFC mall, Stop 5 - Dubai Mall, Stop 6 - Mall of the Emirates, Stop 7 - Marina Mall en Stop 8 - Ibn Battuta Mall. Dit kan 'n shopping experience word verseker.

Page4

En toe met nog 52 km spoorlyn wat moet klaar kom, is die eerste deel amptelik op 09-09-09 om 9.09 deur die sheikh van Dubai geopen met vuurwerke en alles.Julle kan weer sien dat dit maar lekker warm buite was en die paaie nou nie eintlik stil nie.

16

Die res van die spoorlyn, met nog 'n ekstra een wat later bygekom het sal in 2010 klaarwees en nou lyk sheikh Zayed weg so (die spoorlyn en stasies op die linkerkant) - miskien sal die 200 miljoen wat volgens die slim mense op die trein gaan ry help dat ons makliker in die strate gaan kan bestuur.

En die shoproete sal ons op 'n stadium moet probeer al is dit net om koffieshop hopping te doen sodat ons julle kan wys.

He 'n lekker week!

18 comments:

Desia said...

"Impressive." Ek sien uit na die vertellings van jul eerste treinrit...

Muriel said...

Wow! Nee kyk hierdie mense weet hoe om dinge te doen. Sal maar wag om te sien hoe die Gautrein storie hier in SA gaan lyk. Die verkeer rondom die trein storie is op die oomblik 'n nagmerrie.

Sandra said...

Wees verseker julle sal daarvan hoor Desia :-).

Het die Gautrein nie al begin ry nie Muriel of verbeel ek my net ek het daarvan gehoor?

Mariette. said...

Ons ou kleinman kon nie wag om op hierdie trein te ry nie,
maar ons sal maar wag dat Ramadan verby is voordat ons dit aanpak want soos jy se mens wil stasie vir stasie ry, en darm koffie drink en met die meeste van die eetplekke want nou nog deur die dag toe is, help dit nie mens gaan nou nie....

Maar dit lyk na 'n lekker dag uitstappie.

Lekker week!
groetetjies

William said...

Thats allot of people.. And i really dont see anyone taking on all those malls in one day. Not even the regulars.

Desire Fourie said...

Wow, ek sou nooit kon dink dat julle nou eers jul eerste trein het daar nie. Natuurlik wag ons almal hier in Gauteng op ons langverwagte Gautrein launch.
Mooi bly.
Desire

Anonymous said...

Ja-nee, ek kan ook nie glo dat julle nou eers julle eerste trein gekry het nie?! Maar dit lyk darem indrukwekkend genoeg. ;-)

Hoe/vanwaar is die foto's geneem?

Sandra said...

Ek's seker hy gaan dit baie geniet Mariette - ons sien eintlik net so daarna uit.

Is dit 'n dare seun? :-) Ek wag vir jou dan doen ons dit saam ok?!

Die ouens is partykeer stadig, maar wanneer hulle begin dan maak hulle vinnig klaar Desire. Julle toetsritte is mos al reeds met die Gautrein gemaak dan nie?

Dit is nogal 'n indrukkende stelsel Vlam, die treine is selfs sonder 'n drywer so niemand kan staak nie :-).

Sonja said...

Dit was nou sooo interessant! Dit is darem indrukwekkend! En dit is darem regtig n baie mooi plek waar julle bly!

Thea said...

Nee kyk, daai ouens daar by julle kán darem hoor! Ek hou duimvas dat julle paaie nou gaan stiller wees. Ek dink die Gautrein is nou in sy finale fase. Ons sien baie uit na hom want die paaie hier is deesdae 'n nagmerrie.

Paula said...

Woww!!!

nikita said...

Omtrent indrukwekkend! Alles lyk so mooi en "skoon". Ek wonder wat sou vader Abraham vandag se as hy moet opstaan en al daardie dinge sien...haha..hy sal net omdraai en terugklim in sy graf. Dis darem voortuitgang in die eerste graad.

Sandra said...

Dit is 'n mooi plek Sonja, maar soos orals is daar maar goeters wat mens nie gelukkig maak nie.

Sien Thea die trein is reg vir julle ouens wat wil kom shop.

Dit is nogal Paula.

Ek sou ook as ek Abraham was Nikita alhoewel ek dink hy sou van die aircons gehou het :-).

Thea said...

Sandra, eendag is eendag! Dis lankal nie meer 'n vraag van of nie, net wanneer.

Ek het vir jou ook 'n klein bietjie huiswerk as jy nie omgee nie.

Charmaine said...

Dis 'n goeie vooruitsig vir 'n shopping ervaring of dan koffiedrink ervaring. Mens sal ernstig in kafeiin skok ingaan as mens by al daardie plekke stop so ek stem saam met William, split die dae... drie tenminste :-)

Nimsi se Blog said...

Kan regtig net saam met Paula stem... WOWWW!
(((Sandra)))

Jan and Miekie said...

Wil graag sien hoe lyk die stasies! Sal spoedig Moskou s'n blog - dis nogals iets om te sien - een iets wat Stalin reggekry het. Maar Metro en al is die verkeer is Moskou nag - erger nog as hier by ons en met die bou van die Gautrein en die "verbetering" van die snelwee oral, is dit nou ORAL goor om te ry. Dit lyk darem asof julle nog ry - ons lyk of ons parkeerplek soek op die N1 - en nee die Gautrein gaan nie betyds reg wees vir die sokker nie, en dit lyk vir my asof die N1 ook nie gaan klaar wees nie - dit vorder maar stadig en die werkers sal seker ook soos die stadionbouers op 'n kritieke tyd staak. Geniet die beskawing daar! (Ek dink ek kom saam met Thea!)

retha said...

Impressive is ook die woord wat ek gedink het.