Friday, September 4

Ons breek die vas

Julle weet mos nou dat die grootste gross van die land waar ons tydelik bly gedurende Ramadan vas en min slaap. Behalwe dat dit 'n groot effek het op hulle denk- en bestuursvermoe is dit ook 'n groot rede om na die son gesak het hulle self te ooreet.

Page1

Meeste van die restaurante, nadat hulle heeldag moes toewees, het dan ook spesiale Iftar etes. Iftar is wanneer die mense bymekaar kom om hulle vas te breek. Tradisioneel is water en dadels gebruik, maar soos alles het dit ook handuitgeruk en is daar nou allerhande tradisionele iftar kosse. Baie restaurante buit dit uit met 'n hengse prys vir "die" ete.

1

Na 'n lang tydjie van vakansie hou, het ons vroue van die omgeegroep eintlik bymekaar gekom om ons "groep-vas" te breek en saam Iftar te hou. Tussen al die praat en opvang kon ons ampertjies nie besluit wat om te eet nie.

2

Dis moeilik vir Amelia om te kies watter prentjie sy nou eintlik wil eet.

3

Dan kry ek darem die klomp opgestel vir 'n foto met 'n regte "Annie-pose". Is hulle nie oulik nie? :-)

4

Die tafel is propvol gepak en nog steeds word daar vakansie stories uitgeruil en nuwe vakansies bespreek. Oberammergau toer vir die groep in 2010 word sterk bespreek!

5

Was baie lekker om almal weer te sien en ons het nog baie praat om in te haal!

Lekker naweek almal!

15 comments:

retha said...

Oh, yes you have that very long holidays.
Know it will be a wonderful time you girls will be having and looking forward to be able to take part in it like 'mostert na die maal.'
Maak ander besighede gewone tye oop of ook eers later in die dag?

Thea said...

Ons vrouens kan mos nooit genoeg gekekkel kry nie, veral as ons mekaar lanklaas gesien het! Wat is daai op die boonste foto, regs onder? Lyk soos dadels met een of ander vulsel??

Sandra said...

Retha meeste besighede maak later oop en vroeer toe. 99% van die restaurante maak eers in die aand oop tot die oggendure. Basis word dag en nag omgeruil en dan is almal doodmoeg in die oggend.

Jip jy's reg Thea. Dis dadels met allerhande neute vulsels. Die mense wat hou van dadels se dis baie lekker.

Muriel said...

Hoe lus kry ek nou vir daai Dadel lekkergoed waarmee teddie bederf word en wat ek altyd so stilletjies een van gaps as hy nie loer nie *grin* Ek het nooit van dadels gehou tot hierdie lekkerny van Abu Dhabi in my mond beland het nie!! whahahaha ps: maar dis nogsteeds al dadels wat ek sal eet.

Wow girls julle het lekker gekuier en Iftar gehou!!

Lekker naweek

Sandra said...

Volgende keer sal jy jou eie pakkie kry ok Muriel?!

Ronelle said...

dadels dadels dadels!! hmmmmmm
ek sou doen met 'n lftar!!

en ek hou van daardie laaste foto ;-) slim....

Sandra said...

Ek sal weer kan doen met al jou vakansies Ronelle!! Toe maar ons sal seker maak jy kry dadels hoor!

Jy weet mos ek's slim :-)

Anonymous said...

Ek moet se, die kos lyk HEERLIK!!! Bestel mens net jou bordjie, of is daar verskillende bakke goeters wat by die tafel opdaag?

Sandra said...

Ons het bestel boendoe uhm Henriette. Meeste van die plekke het 'n buffet tipe Iftar.

nikita said...

Dit lyk te heerlik om so met almal saam te kuier. Dit is soos jy sê, 'n rede vir ooreet en ook dan vir die restaurante om hul pryse te laai agv Iftar. Ek het die ooreet-storie gesien met vrouens wat ek hier mee te doen gehad het wat ook so vas.

nikita said...

O ja, ek wou sê ek't sommer als hier gelees en lekker gelees en foto's gekyk by al die inskrywings!

Sandra said...

Dankie vir die saamkuier Nikita. Ja die ouens is lam geeet in die oggende en dan kan hulle glad nie werk nie. Of laat ek liewers se die meeste van hulle.

Charmaine said...

Dit was regtig 'n lekker kuier en vas breek.. en die weersiens was GOED!! Sien uit na nog baie sulke kuiers en "poses".

Sandmensie said...

Sandra wat soek jy daar agter? Het jy kos gemaak agter die skerm?
Kan dink dat Iftar nooit weer dieselfde sal wees nadat julle daar ingesak het nie..dit was seker die joligste een ooit!..ek's net jaloers..

Sandra said...

Ek's seker daar is nog baie praat om gedoen te word maat en natuurlike fotos om geneem te word :-).

Dis al manier wat ek op die foto kon pas Vicky hoe dan anders. Wag nog steeds vir julle om te kom eet - ons kan dit sommer Iftar maak.