Met James se werk as PE onderwyser by sy ou skool, is hy ook aangestel as afrigter (coach) van die seuns Varsity span vir die jaar en vandag het die manne ernstig begin oefen.
Dit voel soos nou die dag die hy self eers lid van die Jnr Varsity en later die Varsity span was.
Na skool het hy so 6 maande "los" gehad want hier maak die skole mos Mei/Junie klaar en was hy "hulp-afrigter" van die volleyball span, met lekker geleentheid om ondervinding op te doen. Die man het dit gemis om self op die baan te wees, dis verseker.
Op universiteit het dit die eerste 2 jaar maar moeilik gegaan want volleyball is nie verskriklik "groot" in SA nie en nog minder by Kovsies. Koshuis liga moes maar doen. Hy kon darem ook die damesspan afrig en dit was seker pret?!
Al die gekarring het vrugte afgewerp en in sy finale jaar kon hy darem vir Kovsies se volleyball span speel.
En eindelik is die man terug by die skool. Met 'n tas vol nuwe toerusting en bladsye vol beplanning het hy sy span vandag begin afrig. Terug waar jy begin het seun, wie sou dit 'n klomp jare kon dink.
Verseker is die sirkel nog nie toe nie .... Ons sal vanjaar met groot belangstelling die Varsity seuns dophou en ondersteun.
Dit voel soos nou die dag die hy self eers lid van die Jnr Varsity en later die Varsity span was.
Na skool het hy so 6 maande "los" gehad want hier maak die skole mos Mei/Junie klaar en was hy "hulp-afrigter" van die volleyball span, met lekker geleentheid om ondervinding op te doen. Die man het dit gemis om self op die baan te wees, dis verseker.
Op universiteit het dit die eerste 2 jaar maar moeilik gegaan want volleyball is nie verskriklik "groot" in SA nie en nog minder by Kovsies. Koshuis liga moes maar doen. Hy kon darem ook die damesspan afrig en dit was seker pret?!
Al die gekarring het vrugte afgewerp en in sy finale jaar kon hy darem vir Kovsies se volleyball span speel. Go Lions!