Sunday, September 20

‘n Week van gemengde welslae

Twee "ernstige" vriendskaplike wedstryde is die week deur ons Varsity spanne gespeel en aan die einde is beide spanne bietjie aarde toe gebring wat net kan goed wees vir die twee toernooie wat nou voorle. Een van die "groot" spanne teen wie hulle eerste gespeel het was DAA, 'n skool in Dubai en meeste van die tyd 'n groot kopseer vir hulle.

Page1

Vir die arme seuns was dit 'n kopseer en die manne kon net nie kliek nie. Die arme afrigter was moedeloos. Die ouens verloor 1 - 2 stelle. En nee hy eet nie sy fluitjie nie, hy het net later geblaas vir die dogters se wedstryd.

Page2

Ons dogters aan die ander kant was kookwarm en sit DAA behoorlik ore aan. Skoonskip en ver wen hulle 3 - 0 stelle.

Page4

Later die week was dit die aartsvyande in Abu Dhabi ACS wat aangepak word en wanneer hierdie twee skole speel is daar groot belangstelling. Daar is klomp toeskouers om die baan en die Leeu is ook daar vir sy ondersteuning. Plakkate orals teen die muur wat help om die stemming te skep.

Page3

Maar alhoewel ons meisies goed speel, en dit elke keer uitspeel punte is, is dit hulle eerste nederlaag die seisoen. Miskien was dit net die regte voorbereiding vir die toernooi volgende maand - en ons weet die wedstryd kon net so maklik in hulle guns gewees het. Die seuns se afrigter maak 'n eensame prentjie want hulle kom te staan teen 'n span wat op die dag moeilik deur enigeen geklop sal word. Ons staan nog steeds agter julle seun, en ek weet dis net 'n tydjie voor die seuns kliek en saam begin speel om die ander ore aan te sit.

Go Lions.

6 comments:

Thea said...

Party keer is dit 'n goeie ding dat mens terugslae beleef. Dit leer mens om weer perspektief te kry en ook om harder te werk vir dit wat jy wil bereik.

Jan and Miekie said...

Vasbyt! Dit kan net beter gaan! Onthou die tyd dat die Bulls heel onder op die Super 14 se punteleer was? Nou het hulle dit al 2 keer gewen! 'n Agsiestogspan kan ook daar kom! Dankie vir die fotos. Ek wonder steeds hoe doen julle sport daar in die hitte?

Sandra said...

Ek stem saam Thea, die meisies het gedink hulle is "goed" en nou weet hulle daar is nog baie werk :-)

Miekie jong ek hou daarvan as die Bulls onder aan die leer is veral in die Curriebeker :-). Verlede jaar was die dogters die kampioenspan en hulle kan dit weer doen, ek's seker daai verloor gaan hulle net harder laat werk.

Die sporte hier is meestal binneshuis Miekie. Wanneer dit die Track & Field seisoen is, moet die ouers maar die flou kinders met water lawe aan die einde van 'n wedloop.

James said...

Ek sien ook maar die verloor as 'n groot positiewe want dit leer die manne om te veg vir elke punt. So hopelik na hierdie week se oefen is ons reg vir die volgende wedstryd teen ACS waar ons hopelik baie beter sal doen.

Nelmari said...

Well it was an interesting game and I can say both our teams learned some new things...hopefully our game this week will go better :)

Sandra said...

Ek stem saam met julle twee, as altwee spanne baie geleer het tydens die wedstryd sal ons "ander" spanne hierdie week sien.