Tuesday, September 22

Verpligte vakansie

Dis die einde van Ramadan, wat ‘n groot genade, nou kan mens weer water buite jou huis drink en selfs iewers gaan vir ‘n koffietjie. Soos die maand van vas oor “baie eet” gaan, so gaan die vieringe aan die einde van die maand ook oor “baie eet” en “baie kuier”. Aan die einde van Ramadan, hou die wyse manne die maan dop en by die hilal (dis nou wanneer die maan gesien word) breek die groot feesvieringe aan en almal kry 2/3 dae vakansie.


DSC_0057

In die lekker breuk het Leane ook ‘n bietjie vir James kom kuier en het hy ‘n lys van plekke wat weer besoek en sekere meubels wat gekoop moet word. Die vakansie breuk word Eid genoem en almal is opgedress in nuwe klere. Die winkels voor Eid is iets ysliks soos daar oa nuwe wit rokke en ander klere gekoop word. Vir die arabiere is dit ‘n dag wat families saamkuier en saam eet. Vir die kinders word daar geskenkies deur familielede en vriende aangedra.


DSC_0061


In die tradisie en naturlik omdat ons dit nou kan doen, word daar roomys geeet. In ‘n land waar bedel nie toegelaat word nie, is dit baie algemeen vir kindertjies om die oggend van Eid aan jou deur te klop en geld te vra. Die arabiere het natuurlik rolle sulke dhs5 en dhs10 note beskikbaar om vir die kinders uit te deel – selfs by die vulstasie was een ou in sy Merc so vrygewig dat dit later soos ‘n oopgekrapte miernes gelyk het. Weet nie of die kinders die geld geruik het nie.


DSC_0063


Net ingeval julle gedink het Leane eet daai hele roomys alleen, kan julle sien sy het hulp gehad. Terug in die Holloway huishouding was daar nou nie in nuwe klere opgedress nie, alhoewel James hard probeer shop het vir nuwe goed. Oor die geld vra (bedel) deel sal ek liewers stilbly want Nelmari sal beslis nie met ‘n 5 of 10 tevrede wees nie.


DSC_0067


Wat sal ‘n besoek aan Festival City wees sonder ‘n foto op die waterfontein trap?


DSC_0071


Met Ikea as die eintlike doel van die spesifieke winkelsentrum het die twee maar min pakkies. Daar is darem nog ‘n paar dae van shop word daar gereken


.DSC_0073


Ons drafstap deur 3 van die groot Dubai winkelsentrums, waaronder een van die wereld se grootstes en dit in ‘n halwe dag – middagete ingesluit en vir party mense was die dag net te veel. Wel, eintlik vir meer as een ….

Geniet julle week, my dag vat my weer Dubai toe.

12 comments:

Leane said...

Soos almal kan sien het ek die roomys veral geniet en soos hulle se maagie vol, ogies toe...

Nimsi se Blog said...

Hoe lank is jy James? Jy moet mooi kyk na daardie klein mensie jong!

Desire Fourie said...

Bly Leane kon kom kuier ... James lyk by gelukkig.
Mooi bly.

Mariette. said...

Jipeee vir Ramadan wat verby is!!
Geniet jou kuiertjie en lekker shop Leane.

Lekker week vir julle en lekker rond ry!
Groetetjies

Sandra said...

En daar kon ek vandag nie 'n foto neem nie Leane :-)

Hy's lewenslank Nims :-). Lekker om van jou te hoor.

Uit sy nate uit Desire :-)

Is dit nie lekker om nou weer water te kan drink wanneer mens wil nie ne Mariette.

Desia said...

En natuurlik sal daar 'n IKEA wees...Winnipeg kry ene in 2011/2; dis 'n GROOT ding hier as jou stad 'n Ikea kry - dan het die stad "ge-arriveer."
Wanneer is die twee se groot dag?

Sandra said...

Wat vertel jy my nou Desia, dan het ons regtig "ge-arriveer" met 2 Ikeas!! Met al die woonstelle hier en die feit dat mense weer oppak na 'n kontrak, maak dat die meubels in bokse hier 'n groot hit is.

Muriel said...

Hoe lus kry ek nou vir daai roomys.

Lekker kuier Leane en ek hoop jy het jou dag in Dubai geniet Sandra!! ;)

Thea said...

Bly vir julle dat Ramadan nou weer verby is en vir James en Leana dat hulle darem weer 'n kuiertjie kan inkry. O en die lekkerte van shop vir daai eerste goedjies saam!! Ek het nou al so baie op oorsese blogs van Ikea gehoor - dit moet 'n baie besonderse winkel wees!

Sandra said...

Dis nie lekker roomys nie Muriel, dis nie lekker nie, dis nie lekker nie .... :-)

Ja dis nogals 'n lekker winkel om in te koop, sal jou wys Thea

James said...

Ek is gelukkig net so 192cm op 'n goeie dag maar die ou kleintjie is net so 150. Darem het ons al 'n paar goedjies al gekoop so as sy oor trek volgende jaar is ons al half gesettle. Maar ek verwag nog n besige week in die winkel en beslis by Ikea wat wag.

Sonja said...

Ai daai roomys lyk lekker,hulle kan daai twee vir n roomys-advertensie gebruik!