Thursday, September 24

Wat sal dit wees, trein of motor ….

Die afgelope paar vakansiedae is Dubai verseker oorval met mense uit ander emirate om die nuwe "in ding" uit te probeer .... die Dubai trein. Dis nie net ons wat daar was nie, want ek sien op die Sandvlooie se blog hulle het net so lekker gery en ook Lynette hulle. En ja, dis die derde keer dat ek al hieroor blog, so verduur maar. As julle na die begin projek wil loer en natuurlik die opening kliek net op die woorde. Vir ons ondervinding, hier is die foto's.

1

Al die stasies is nog nie oop nie, en daar word besluit om die trein vanaf die Mall of the Emiraes stasie te haal.


2


Dis net na 10:00 en dis doodstil. Mens kry amper die gevoel van 'n lughawe met die loopbande en afkondigings.


3

Terwyl die kaartjies gekoop word, loer Nelmari en Leane na die roete wat ons gaan ry.


4

Die deurgaan verloop sleepglad en ek weet nie hoekom James so vir my loer nie.


8

Natuurlik is die mammaratzi daar om foto's of vyf te neem. (Hierdie is spesiaal vir jou Ronelle en Vicky).


5

Die tweetjies kies 'n ongemaklike sitplek in die hoekie - seker om weg te kom van die kameras.


6

Nelmari is nog steeds met die kaart besig, so asof sy nie die roete vertrou nie. Sussie is dit water wat daar uitsteek? Jy weet jy mag nie kos en drinkgoed op die trein neem nie!

10

Dis heerlik rustig om so verby al die besige verkeer te ry en nie daaroor hoef te kommer nie. Mens sien sommer al die nuwe uitbreidings en Leane maak seker sy neem ook foto's.

11

Ek het baie geboue afgeneem, maar hierdie is net twee van die bekendste bakens in Dubai.


12

Wie gaan eerste deur die middestad wees, ons of die motors?


13

Die grootste groep mense op die trein staan almal regvoor by die neus om eerste by die volgende stasie te wees. Die spoor le lekker ver vooruit. Op hierdie stadium sal ek nie twee keer dink om liewers met die trein die stad in te ry as met die motor nie.

7

Ons gaan tot by die Deira Sentrum wat destyds ons inkopie mall was. Ons gaan nie meer nie, juis oor die verkeer. Met die trein gaan dit egter sleepglad .... of miskien nie .....


15

Die terugkom laat my dink aan die treine in London - mens moet stil sit of hou want by elke stasie wat iemand inklim wil hulle jou by die anderkant se deur uitstoot. Dit was 'n lekker ondervinding maar miskien hou ek meer van my eie spasie in my motor as om my spasie met bondels ander te deel. (Nota - ons wou die goudklas kaartjies koop maar dit was uitverkoop, en dit sal seker 'n voorwaarde wees as ek weer wil gaan treinry oor 'n naweek - 'n goue kaartjie)

Dis naweek hier, geniet dit!

13 comments:

Sonja said...

Om in verkeer te ry is definitief n kopseer,so dit lyk vir my baie gerieflik,maar ek sal ook glad nie in bondels gedruk wil staan soos vuil wasgoed nie! Dit is darem hipermodern!

Anonymous said...

Ek kan maar net weer se: dis vir my ongelooflik hoe modern en luuks alles daar is. Darem lekker as mens olie het, ne?!

Ek was bietjie stillerig, maar dit was agv internet-probleme. Hopelik is dit nou uitsorteer - fingers crossed!

Sandra said...

Dit is modern Sonja en sal beslis skoongehou word. Ek sal weer met die trein ry as ek my roete en tye fyn beplan en natuurlik met 'n goue kaart.

Jy sal nie glo hoe staan die mense vir petrol in 'n land wat "olie" het nie Boendoe. Hoop daai internet is nou uitgesorteer - is Angola se diens darem vinniger? :-)

Jan and Miekie said...

Teen 10 km per uur op die snelweg of ingedruk tussen vreemdes op 'n trein? As die treinrit VINNIG is, sal ek seker die trein verkies... of dalk ook nie! Dankie vir hierdie interessante blogs oor die metro. Julle is darem bevoorreg om 'n KEUSE te he tussen metro of trein.

Thea said...

Dit sal nou interessant wees om te sien of mense daar na dese die trein meer gaan gebruik en of hulle steeds hulle voertuie gaan gebruik. As mens ernstig shopping doen kan jy ook net soveel pakkies saam met jou op die trein hanteer. Maar dit moet nietemin lekker wees om 'n keuse te hê.

Ek het so vinnig gaan loer na die Gautrein se website maar ek kon nie regtig 'n datum opspoor wanneer die trein nou eintlik in gebruik gaan geneem word nie en dit lyk vir my as ek na die foto's kyk of daar nog baie werk by party stasies is. Ek sien nou maar net gereeld die vordering wat hier by die lughawe gemaak word en het maar aangeneem dit gaan nie meer lank wees nie, maar dit lyk my toe nou nie! Ek dink nogal ek sal net so vir die snaaksigheid ook bietjie die malls in Rosebank en Sandton besoek as die trein eendag klaar is (en ons nog in die land is bygesê) want ek sien net nie meer kans vir hierdie besige verkeer soontoe nie.

Sandra said...

Die ritte is nie solank nie Miekie so tussen 10 - 20 min, maar in die kort tydjie het 'n klomp amper op my skoot beland en my tone is ook vodde getrap. Almal wou blykbaar na die "kaart" by die deur kyk of hulle is net gewoond daaraan om in 'n bondel vorentoe te druk :-).

Thea die trein gaan defnitief goedkoper wees as die taxi's en baie sal die trein om daardie rede gebruik, maar ja ek weet hoe dit nog met pakkies sal wees nie. Miskien moet ek vlg keer goueklas ry met baie inkopiesakke en dit net toets ne :-).

Sal die Gautrein daar van julle kant af ook loop? Maw sal ek by die lughawe op die trein kan klim en kop koffie drink?

Mariette said...

Ons was darm gelukkig dat die kere wat ons gegaan het nie so besig was nie. Maar ekt op die tv gesien dat dit maar baie vol kan raak.

Ons kon darm gister die goueklas kon ry en dit is baie aangenaam want daar is nie so baie mans daarin gewees nie.

Jy lyk goed Sandra!

Ronelle said...

Dankie vir die foto Sandra!
Goed om jou 'n slag op die foto's te sien. Hoop dit is 1 van vele...

Sandra said...

Mariette ek gaan beslis nie weer sonder 'n gouekaart ry nie. Julle raak nou Dubaiers ne.

Plesier Ronelle. Moet nou nie die hele hand gryp as ek 'n pinkie gee nie.

Thea said...

Die Gautrein gaan nie in ons rigting ry nie Sandra, hy gaan eintlik presies in die teenoorgestelde rigting en dan natuurlik noord na Pta se kant toe. As jy wil kom koffie drink sal ek jou kom oplaai, dis darem net 15 minute op die meeste hier van ons af tot by die lughawe.

Hier weet mens net nie of jou kar nog by die stasie gaan wees as jy terugkom van waar ook al nie! :-(

Nimsi se Blog said...

Genadetjie tog Sandra - ek sal maar by n OOP VENSTER moet sitplek kry, anders gaan my asmapompie nie sy werk kan doen tussen al daardie mense nie!

Sandra said...

Dit is sleg dat 'n mens heeltyd sal moet wonder of jou motor og daar is Thea. Ons het ook twee bussies daar in 'n besigheid gesteek waar ons nie ons ander vennoot ken nie.

:-) Nims. Daai ou met die rooi kopdoek op die laaste foto was by tye net so benoud en het op 'n stadium sy doel se punte oor sy mond gedraai - seker vir al die kieme in die rondte. As jy kom kuier :-) dan vat ons 'n stil oggend op die trein.

Desire Fourie said...

Ek moet stem, dis baie geriefliker en veiliger om per spoor te kom waar jy wil as deur 4 wiele. SA het nog 'n ver pad om te gaan te oordele na wat ek hier sien.
Mooi bly.