Showing posts with label Begeera. Show all posts
Showing posts with label Begeera. Show all posts

Thursday, July 9

Totsiens is nooit lekker nie

Klompie jare terug nadat die besluit geneem is om 'n bietjie hier in Abu Dhabi te kom bly, het ons slegs met 17 bokse gekom. Elke kind kon twee bokse "eie" goed bring, en die res was foto's, boeke en klere. My twee goed was my CD's en twee van my katkinders. Vir klompie jare het ek met Siamese katte geteel en ek het besluit om twee van die wyfies saam te bring. Die derde een is na Charmaine toe.

a

Om die twee by my en rondom my te he in daardie eerste klomp moeilike maande in 'n vreemde land met 'n vreemde kultuur, waar Eddie werk toe en die kinders skool toe gegaan het in die dag was 'n groot blessing. Baloe my cuddle kat wat soos die regte Baloe beer in Jungle boek was, lekker mollig met 'n wonderlike geaardheid. So 'n jaar terug is kanker in haar longe ontdek en moes ek haar aan die slaap laat sit omdat sy baie gesukkel het om asem te haal.

Page1

Begeera wat die tipiese Begeera in Jungle boek was het haar maatjie gemis en vir baie lank nog gereeld Baloe se halfde van die kos gelos - het skielik Baloe se plekkie as 'n cuddle kat en ounooi orals volg kat ingeneem. Daar om vir Nelmari drukkies te gee, saam met ounooi bybelstudie te doen en selfs te help blog. So 'n paar maande terug is sy gediagnoseer met 'n ooraktiewe skildkliere - nie sommer net ooraktief nie, maar so hoog dat dit nie eers op die masjien registreer nie.

Page2

Alhoewel ek heeltemal bereid was om 'n bietjie van daardie ooraktiewe kliere vir my te neem, was dit nie moontlik nie en met 4 skildkliere pille 'n dag, 'n kat wat permanent honger is en uitteer by die minuut was dit ook hierdie week tyd om daardie groot besluit te neem ..

Natuurlik kan ek nog lang stories oor haar skryf, maar skielik het dit baie moeilik geword om die blog te voltooi.

Ons gaan jou mis Begeera.

Sunday, April 29

Ontmoet vir Begeera

So 'n tydjie terug het ek julle van ons brak Luie vertel en nou is dit tyd om julle van die ander troeteldiere te vertel. Ek laat haar self vertel.
So 'n klompie jare terug het ek en my sussie Baloe saam met ons mensfamilie Abu Dhabi toe gekom. Alhoewel dit warm is, is ons nie verskriklik uitgesit met die warm weer in die dorp nie, ons bly in die huis en wil glad nie saam met die straatkatte gesien word nie. Hier is ek en my sussie in ons mens mamma se studeerkamer besig om te rus
So 5 maande terug is Baloe oorlede weens longkanker en was daar groot hartseer in die huis. Dis toe wat ounooi agterkom sy het nie baie foto's van ons nie. Dit beteken dat ek nou orals rondgejaag word met 'n kamera en het ek partydae geen rus vir my siel nie. Ek is GLAD NIE beindruk met die fotonemery nie. (Terloops die van julle wat my nie kan identifiseer aan my strepe nie en net die donker sealpoint Siamese ken, ek's 'n Chocolate Tabby Point.
Ek moet noem dat ek 'n rype ouderdom van 11 is en baie van my tyd aan beauty sleep spandeer. Ek is GLAD NIE 'n oggendmens nie maar ek het my dae en oomblikke wat ek aktief is. Maar ek is 'n denker en daarop spandeer ek baie van my tyd in die posisie soos gewys op die onderste foto dat ek kan diep dink.

Maar van tyd tot tyd maak ek 'n tydjie om met ounooi te gesels, al wil my oe net toeval.
Vir oggend oefening sal ek partykeer met 'n toutjie speel.
Nuwe tegnologie fasineer my en ek probeer leer hoe om die rekenaar te gebruik, net vir ingeval ek 'n epos kry.

Wie is daai kat op die skerm ounooi? Watter knoppie moet ek druk om hom daar uit te kry?
Van al die speel en werk moet ek eers gou 'n breuk vat om myself skoon te kry - die woestynsand sit orals, selfs agter my ore.

Ag nee man kan ek nie in privaatheid bad nie?

Ek gaan soek liewer 'n plek waar ek in vrede kan rus. Kom jy saam?

Dis my slaapmaat en baba, Apie. Ek dra haar orals rond en kan nie sonder hom slaap nie.

Ounooi los haar uit, jy vat haar nie weg vir 'n foto nie.
Ek sal graag nog een keer met julle wil praat as ek 'n meer aktiewe dag gehad het. Julle moet weet ek speel sport ook. My huismense vermoed ek het Altzheimers omdat ek dingetjies vergeet, maar ek vertel julle daarvan op 'n ander dag.

Voor ek gaan .... my eintlike basie sit in Bloemfontein so ek moet gou die geleentheid gebruik om vir hom miaau te sĂȘ. Ek en Apie mis ons slaapmaat. Miaau miaau miaau!!!